Die courant 12 aug 2015 333

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Swartland

12 Augustus 2015

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 333

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Nuwe roete vir bergfietsryers

Roete open: Die Malmesbury Fietsryklub se nuwe berg-

fietsroete word Saterdag op die plaas Rheeboksfontein geopen. Fietsryers is genooi om hul fietse te bring en die eerste fase van 35km te beproef. Die roete is ontwikkel om iets te bied vir elke fietsryer op enige fiksheidsvlak, met verskillende tegniese vermoëns en voorkeure. Volgens die klub bied die roete en enkelbane (single tracks) baie opsies en is ook uitdagend. Daar is ook ‘n korter roete van ongeveer 18km vir diegene wat nie die laaste klimme wil aandurf nie. Registrasie en die verkoop van permitte geskied tussen 07:30 en 08:15. Die pretrit begin om 08:30 en 12:00 is dit tyd vir ‘n bring en braai (braai-geriewe en hout sal voorsien word). Die koste is R40 per persoon, wat ‘n boereworsrol en koeldrink insluit (klublede gratis). Vir meer inligting kontak die klub by info@malmesburyfietsryklub.co.za. Links toets Thomas Orchard die nuwe roete uit.

• NETCARE vra lisensie vir malmesbury

Hoop vir pasiënte? Die besturende direkteur van Netcare se hospitaal-afdeling, Jacques du Plessis, het gister aan dié courant bevestig dat dié groep in die proses is om aansoek te doen vir ‘n hospitaal-lisensie in die Malmesbury-omgewing. Dit volg nadat die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid verlede week in ‘n dagblad verskeie aansoeke vir nuwe privaat-gesondheidsorgfasiliteite geadverteer het. Die Malmesbury-aansoek is deur Netcare ingedien en daarvolgens sal dit voorsiening maak vir 30 volwasse mediese beddens en ook 30 volwasse chirurgiese beddens. Verder sal daar 12 verloskunde-beddens, vyf wiegies en 15 pediatrie-beddens wees.

Die intensiewesorg-eenheid sal voorsiening maak vir agt volwassene-beddens en vier neonatale-beddens. Daar sal ook vier volwasse isolasiebeddens en een vir die neonatale-afdeling wees. Die hospitaal sal oor vyf groot teaters, drie bevallingskamers, ‘n noodeenheid en vier prosedurekamers beskik. Skriftelike kommentaar oor die aansoek kan binne 30 dae van publikasie (4 September) gerig word aan Die Hoof, Departement van Gesondheid, Posbus 2060, Kaapstad 8000. • Vroeër vanjaar het Al-Ameen Kafaar, hoof van kommunikasie van die Departement Vervoer en Openbare Werke, aan dié courant gesê

dat volgens die departement se beplanning moet die Swartland-hospitaal in die toekoms vervang of opgeknap word. dié courant het navraag gedoen oor die ou gebou op die hospitaal-perseel wat al jare in onbruik is. “Voordat daar besluit kan word oor die gebou se toekoms, moet daar goed gekyk word na die Departement van Gesondheid se langtermyn-beplanning.” “Op die oomblik is daar nie ‘n alternatiewe perseel vir ‘n nuwe hospitaal op Malmesbury nie. Tot daar ‘n finale besluit geneem is oor ‘n perseel, sal dit voortydig wees om van die huis ontslae te raak.”

NUUS • NEWS

12 Augustus 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.