12 desember 2012 die courant 203

Page 1

courant

tel 022 487 3221

Uitgawe 203

die

swartland en weskus

12 Desember 2012

hugenotestraat 24, malmesbury

Yzerfontein reg as snoek loop

Die jaarlikse Snoek Classic word Saterdag en Sondag deur die Yzerfontein Boothengelklub aangebied. Pryse ter waarde van R320 000 kan gewen word. Die swaarste snoek in verlede jaar se Snoek Classic was ’n knewel van 5,68 kg wat deur Nollie Neethling op die boot Why Knot gevang is. Berig en nog ’n foto op bl. 3.

leier loof uitreik oor kultuurgrense

Jeug met warm harte “Dit maak my hart warm om te sien hoe leerders hier by Ganzekraal bereid is om hul kulture vir ‘n rukkie te laat terugstaan om meer van an­­­der te leer. As ons bereid is om by ander se kulture te leer, bereik ons ons kulturele tuiste.” Só het Ivan Meyer, die WesKaapse minister van kuns en kultuur, tydens die negende Sondeza Afrijeugkamp teen die Weskus gesê. “Die gestruktureerde buigbaarheid wat ek hier beleef, laat my aan die gesegde dink wat sê ‘gedeelde pyn is halwe pyn, maar gedeelde vreugde bied dubbele vreugde’!” Meyer het verwys na die waar­ de van die R18 miljoenverbroederingsooreenkoms

tussen die Weskus Kollege en Sachsen-Anhalt in Duitsland, wat verlede maand in Duisland ge­ sluit en hiér geformaliseer is. “Dit is gebaseer op ‘n vriends­kap- én werksooreenkoms. “Hier is vier dinge wat baie belangrik gaan raak oor die volgende tien jaar: Beskikbaarheid van water, olie, voedselsekuriteit en die benutting van die jeug se potensiaal!” Meyer het die rolspelers wat die Sondeza-inisiatief moontlik maak, geloof: “Die kamp ver­ ander die kinders se lewens permanent. Dit bring mense van verskillende kulture byeen en maak daarvan ‘n kulturele tuiste! “Die SM het homself uitgesorDie oorspronklike samewerkingsooreenkoms tussen die Swartland Munisipaliteit en die Duitse provinsie Sachen-Anhalt is Donderdagaand uitgebrei op die teer en dáárom kan hy sy hand terreine van opvoeding, sport en ekonomie, toe Tijmen van Essen (burgemeester) uitsteek na die ontwikkeling van die jeug.” en Falk Schilling dit onderteken het.

Lees binne... Droogtes jaag koringprys op bl. 2 Droogtes jaag koringprys op bl. 2 Rodeofees op Malmesbury bl. 16


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.