Die courant 12 feb 2014

Page 1

courant swartland en weskus

die

Uitgawe 258

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Gratis • Free

hugenotestraat 24, malmesbury

tel: 022 487 3221

12 Februarie 2014

Musiekfees skop af in styl

Klawers: Laura Pauna and James Redfern, ook bekend as die Pauna-Redfern Duo, het Saterdag in in ‘n volgepakte Darling Creative Centre werke van Felix Mendelssohn, Ludwig van Beethoven en Igor Stravinsky op die klavier gespeel.

Die eerste naweek van die Dar­ ling Music Experience 2014 was ‘n dawerende sukses, met die meeste konserte wat heeltemal uitverkoop was. Musiekliefhebbers en roman­ tici kan nou uitsien na die tweede helfte van die fees. Die res van die program sluit in die immer gewilde ‘’Jazz on the Beach’’ eerskomende Sondag, 16 Februarie om 11:30 in die Strand­ kombuis op Yzerfontein en op Vrydag, 14 Februarie is daar ligte klassieke musiek in die Hofstraat Kelder op Malmesbury, gevolg deur ‘n romantiese Valentynsdagaand­ ete in die Cherry Lane restaurant. Peter Narun en Kerryn Torrance kombineer die magiese stem van die kitaar met die ryk, warm klank van die viool. Dis ‘n aand om te beleef dat klank sterk ooreenkom­ ste met kos en wyn het. Die ma­ giese ontknoop in jou mond, jou tong, jou smaakkliere, jou neus, jou ore en jou brein. Innes is by 082 310 3404 vir in­ ligting en besprekings.

• kan 2 500 huise van krag voorsien

Sonplaas in aanbou

Daar sal waarskynlik nooit weer so ‘n groot son­ kragaanleg só naby aan Kaapstad gebou word nie, want die hoeveelheid sonlig hier is ongeveer 8% minder as dieper in die land en daar is geen manier om daardie 8% terug te eis nie. Aan die woord is Anthony Corin, ingenieur op wie se grond die sonplaas tussen Malmesbury en Darling gebou word. Die aanleg is reeds in 2011 goedgekeur en word sedert November ontwikkel op ‘n terrein wat ongeveer 17 rugbyvelde beslaan (8,5 hektaar). “Die bodproses is uiters kompeterend en in­ gewikkeld. Omdat ek die eerste geleentheid ge­ bruik het om my bod voor te lê, kon ek my droom van ‘n sonplaas op my eie grond bewaarheid.” Corin het self die ontwerp en voorlegging vir dié

sonplaas gedoen. “Die 300 tegniese tekeninge en bepalings, steekproewe en honderde ingewikkel­ de vorms wat voltooi moes word... Hy is passievol oor dié aanleg. ”Om ‘n sonkragaanleg te bou, is duurder as ‘n windkrag-aanleg, maar uit ‘n este­ tiese oogpunt verkies ek die sonkrag.” “My stokperdjie en droom het nou ‘n ‘mon­ ster’ geraak. Ek slaap net twee ure per nag. Nie net oor die vorms en berekeninge en bouwerk nie, maar ek bedryf ook ‘n aktiewe plaas! Die projek is in sy eerste fase, waar mega­ niese stellasies as die ondersteunende struktuur aangebring word. “Ons grawe nie fondasies nie. Hidroliese masjiene kap die pale wat die basis van die aanleg vorm, in die grond in, waarna die res van die struktuur en die 500 tafels aangebring

Die ‘proeftafel’ (bo) is die manier is om gehalteversekering moontlik te maak.

sal word. Elke tafel bevat 48 modules. Elk van die 500 tafels kan vier tot vyf huise van krag voorsien – sodra die hele aanleg ten volle funksioneer, sal ons dus 2 500 huise van krag kan voorsien.” Dié aanleg met hoë sekuriteitsheinings en in­ frarooi kameras het nie stoorka­ pasiteit nie. “Alle elektrisiteit word dadelik na Eskom gelei en van Eskom af word dit nasio­ naal versprei. “Ons verskaf wel werk aan 150 tot 200 mense in die konstruksiefase.” Anthony Corin Die gesofisti­ keerde rekenaarstelsel wat alles gaan beheer, sal verseker dat elke foutjie in die stelsel dadelik in die hoofkantoor opgetel sal word. Die meganiese fase behoort einde April voltooi te wees, waarna elke tafel getoets sal word. “Ons is tans voor op die skedule en behoort in September in volle bedryf te wees. Dié projek van R200 miljoen word gedeeltelik besit deur die plaaslike gemeenskap en die Darling Trust sal uiteindelik ook bevoor­ deel word wanneer dié projek in bedryf kom. “


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.