courant swartland en weskus
die
Uitgawe 262
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
Damme nou 74% vol
tel: 022 487 3221
12 Maart 2014
Spairs kry sportdrag
Kavaliers pak Vrystaat
• posbus-Vliegtuig ‘n bekende baken
Kreatief ná aftrede
Om mooi dinge te maak, is sy lewe. Maar soos dit dikwels gaan, het ook Pietie Botma van Malmesbury eers sy kreatiwiteit begin uitleef nadat hy afgetree het. Hy teken, skilder, maak beelde en skep nou, na sy aftrede, voluit. “Hierdie skilderye van my wissel vanaf Angus Buchan, Desmond Tutu, Nelson Mandela en ander bekendes, tot die hondjies wat ons al vroeër
gehad het. Die vreugde wat ek hieruit put, is baie groot.” Pietie se vliegtuig-posbus is sekerlik vir bui testaanders sy bekendste werk. Dié vliegtuig wat perfek volgens skaal uit hout gebou is, moes hy reeds agt maal restoureer. “Toe ons in 1971 Malmesbury toe getrek het, het my vrou Annie gesê sy wil nie ‘n gewone posbus hê nie, toe maak ek vir ons die eerste posbus Pietie Botma van Malmesbury was nog altyd kunstig, maar eers ná aftrede kon hy sy kreatiwiteit begin uitleef.
van ‘n vliegtuig van ‘n prentjie af. “Maar die reën, hitte en nattigheid maak dat die nate uitmekaar trek, daarom het ek later ‘n posbusvliegtuig van glasvesel gemaak.” Dié glasveselvliegtuig is toe met groot sorg geverf, sodat dit die SAL-logo en verf kon dra, maar dié staan deesdae in die garage. Die huidige vliegtuig voor hul deur is “só swaar dat twee mense dit moes dra,” vertel Pietie. Volgens hom kon die buurt se kinders hulle altyd verkyk aan die manier waarop dié vreemde
“Deesdae wonder ek gereeld wáár het al daardie energie vandaan gekom?” posbus oopmaak: “Mens skuif ‘n pennetjie, dan maak ‘n deel van die sykant van die posbus oop en daar val die pos dan uit. Die posbus in die garage het weer aan die agterkant oopgemaak, tot groot vreugde van die jongelinge van die buurt!” “As ‘n mens jonger is, kom die dryfkrag en energie mos vanself. Deesdae wonder ek gereeld wáár het al daardie energie vandaan gekom?” Pietie was op 26 Januarie reeds 51 jaar getroud met sy vrou, Annie. Vanweë sy destydse werk as finansiële direkteur vir die destydse Weskusdistriksraad, moes hy baie reis. “Ek was gereeld saam met hom op die pad,” vertel Annie oor daardie bedrywige dae. Ná sy aftrede was Pietie ook ‘n lid van die Rotariërs, maar deesdae woel en werk dié twee in en om die huis. die courant het ook onlangs berig oor die liefdevolle huis wat hulle tans bied vir Gracé, ‘n jong Alsation-kruising, wat as baba ‘n gewisse dood vrygespring het nadat hulle hom aangeneem het. “Ons het nou mooi foto’s van Gracé geneem en my volgende skilderye sal van haar wees,” verklaar Pietie.