Die courant 13 apr 2016 365

Page 1

c urant

Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free

swartland en weskus Swartland

dié

1

19.1%

13 April 2016

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 365

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Pret op wiele met Funduro

Die sand en klip op Koringberg het die naweek behoorlik geskiet soos die bande van die motorfietse oor hulle jaag in die jaarlikse Funduro. Deelnemers het vanuit die hele Wes-Kaap hierheen gereis om aan dié ren deel te neem. Foto: Ghida Visser

•Perdebedryf monitor diere vir Afrika-siekte

Swartland nog skoon

Die Swartland is gelukkig. Die uitbreek van Afrika Perdesiekte is vasgevat voordat dit ons noemenswaardig kon raak. Só het 'n perdeteler aan dié courant verduidelik. Die Swartland Uithouritklub moes die naweek wel hul beoogde uithourit afstel, nadat ‘n perd verlede week op ‘n plaas naby Wellington aan die gevreesde siekte dood is. Radie Heyns het aan dié courant vertel dat hulle aanvanklik gedink het hul reëlings kon voortgaan. “Ons het ‘n paar dae vroeër ‘n e-pos ontvang dat ons wel kan voortgaan.” Vrydag het sake begin skeef loop. “Aanvanklik is die rit met ‘n halfuur vertraag, maar teen halfdrie het die perde weggespring. Kort daarna is ons ingelig dat ons moes terugkeer en onmiddellik ons perde verwyder, anders sou hulle onder kwarantyn geplaas word.” Die eerste verdagte geval van Afrika Perdesiekte is deur ‘n privaat veearts in die Paarl opgespoor. Bewegingsbeheer is in plek en geen

perde mag in die gebied beweeg word sonder ‘n permit van ‘n staatsveearts nie. “Ons doen ‘n beroep op eienaars om hul perde twee ure voor sononder en twee uur voor sonop op stal te hou om die risiko dat die draer van die siekte met die perde in aanraking kom, te verminder. Bykomend, doen ons ‘n beroep op eienaars om ‘n geregistreerde insekweerder te gebruik gedurende die draers se voedingperiode,” het dr Gininda Msiza, hoofdirekteur van Veeartsenydienste van die provinsie gevra. Die inperking-sone is soos volg: Die oostelike grens volg die grens van die Afrika Perdesiekte (APD) waarnemingsone van Gordonsbaai langs die Limietberge tot by die bergreeks by Gouda. Hiervandaan strek die grens weswaarts langs die R46 deur Hermon, Riebeek-Kasteel na Malmesbury. Die westelike grens van die sone volg die N7 tot waar dit by die N2 aansluit en die N2 dien as die suidelike grens tot by die oostelike grens by Gordonsbaai.

Rioolwerke op Riebeek 'n 'juweel'

Bome van skade gered

Paaie wat die grense van die sone opmaak, is nie by die bewegingsbeheer ingesluit nie en vervoer van perde op hierdie paaie word toegelaat. Perde wat die provinsie se beskermde sone binnekom, moet 14 dae in ‘n stop-kwarantyn fasiliteit deurbring. Perde van ‘n APS besmette son, moet binne die afgelope twee jaar en nie minder as 40 dae voor inkoms ingeënt wees. Enige eienaar binne die waarnemingsone wat simptome by perde opmerk, soos onverklaarbare koors, swelling van die kop en nek en moeilike asemhaling, moet die geval by ‘n staatsveearts aanmeld. Besoek www.elsenburg.com vir besonderhede van die betrokke staatsveearts. Permitaansoeke kan aan dr. Camilla Weyer by equineresearchcentre@gmail.com gerig word. • Minister Winde het gister die plaas waar die siekte voorgekom het, besoek. Een perd op die plaas is dood, maar geen ander perd op die plaas het positief getoets vir die siekte nie.

Doen dit self met DIY Depot

NUUS • NEWS

13 April 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.