c urant swartland en weskus
Gratis • Free
Swartland
13 Januarie 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Bergrivier
Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 352
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Hok toe... Vandag begin 'n groot groep Graad 1-leerders hul skoolloopbaan in die Swartland. Sommige is opgewonde en sien uit na die nuwe uitdaging, terwyl ander eerder nog 'n bietjie tuis wou bly. Regs verwelkom Johanna Liedeman haar klas by Liebenberg Primêr op Malmesbury.
Links: By die Laerskool Swartland op Malmesbury het Fransie Paterson se klas vir 2016 hul nuwe juffrou ontmoet. Dié jongspan het gister 'n voorsmakie gekry van die "grootskool".
•helfte van 29% in Voëlvlei ver van uitloop
Spaar: WATER is min Die beste tyd om water te bespaar, is wanneer daar nog is. Só het burgemeester Tijmen van Essen inwoners van die Swartland gemaan oor die huidige droogte en moontlike ernstige watertekorte in die nabye toekoms. Veral die Swartland Munisipaliteit se aandag is toegespits op waterverbruik en die dalende watervlakke van die Voëlvleidam, terwyl die Bergrivier Munisipaliteit ietwat rooskleuriger vooruitsigte het. Die vlak van die Voëlvleidam, die grootste waterbron van die Swartland, was Maandag op 29,3% teenoor verlede jaar se 81,9%. Die vlak het die laaste twee maande met tussen 1 en 1.5% per week gedaal. Wat dié syfer in 'n ernstiger lig plaas, is die feit dat die laaste 15% van die dam se water baie moeilik uitgepomp kan word. Die Swartland munisipaliteit maan inwoners voortdurend op sosiale media die water is min. Die Voëlvleidam, van waar Malmesbury, RiebeekWes, Riebeek-Kasteel, Abbotsdale, Chatsworth, Riverlands, Darling en Yzerfontein hulle drinkwater ontvang, vorm deel van die Wes-Kaap Watervoorsieningstelsel. Dit bestaan uit ses damme: Bergrivier, BoSteenbras, Onder-Steenbras, Theewaterskloof, Voëlvlei, en Wemmershoek. “Die Stad Kaapstad kan dus sy onttrekking van water tussen die ses damme skuif as die vlak van enige dam onaanvaarbaar laag raak.
“Hoewel ons met reg bekommerd moet wees oor die lae damvlakke, is dit ook belangrik om te verstaan dat die damme as ‘n geïntegreerde stelsel en op ‘n verantwoordelike wyse deur die Nasionale Departement van Water en Sanitasie en die Kaapstad Munisipaliteit bestuur word. “Al die waterbronne is met mekaar gekoppel. Die enigste uitsondering is die Voëlvleidam wat nie in die loop van enige groot rivier gebou is nie. Dit kry sy water uit twee kanale van die Klein Berg-, Leeu- en Vier-en-twintig Riviere, wat hulle opvangsgebiede in die Porterville- en Tulbaghberge het. Daar is geen manier om vanuit die Bergrivier water in die Voëlvleidam te pomp nie. Dus staan dié dam op sy eie wat ons water-uitdaging in die Swartland vergroot. "Voëlvlei is een van die vlakker damme wat die tempo van verdamping verhoog. Die laaste 15% tot 19% van die dam se water kan ook nie maklik by die uitloop uitkom nie.” Van Essen verduidelik dat Swartland ‘n bietjie hulp uit die Perdebergdam kry. “Maar dit voorsien minder as 5% van Malmesbury se drinkwater. By Riverlands is ook nog drie boorgate wat ‘n baie klein hoeveelheid water toevoeg tot Riverlands en Chatsworth. Moorreesburg en Koringberg kry water vanuit die Misverstanddam, waar die water by Withoogte gesuiwer word.” Vlak 2-waterbeperkings is reeds in Kaapstad ingestel. In die Swartland is Vlak 1-beperkings in Desember ingestel om ‘n 10%-besparing te probeer
bewerkstellig. Intussen het Jaco Breunissen, bestuurder ingenieursdienste van die Bergrivier Munisipaliteit, bevestig dat hulle watervoorsiening onder beheer is. “Die Portervilledam voed Porterville en die damvlakke is nog aanvaarbaar op meer as 50%. Die dam het ook nog 'n inloop vanuit die Winterhoekberge. Die Bergrivier, wat Piketberg van 90% van sy water voorsien, loop nog sterk genoeg. Die water is egter redelik vuil en ons moet meer doseer om die water te suiwer, maar dit is nie ‘n probleem nie.” Adv Hanlie Linde, munisipale bestuurder van die Bergrivier Munisipaliteit, het aan dié courant gesê daar is reeds aan die begin van November waterbesparingsmeganismes ingestel. “Almal werk baie mooi saam en ons bedank graag die publiek daarvoor. “Ons monitor die watersituasie weekliks en indien dit versleg, sal daar sterker besparingsmeganismes genoodsaak word. Maar tans is alles onder beheer.” • AgriSA het ‘n taakspan saamgestel om droogte-navorsing te doen en die impak van die droogte op boere, hulle werkers, die ekonomie en voedselstabiliteit te bepaal. Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van AgriSA, sê hulle is besig met ‘n ondersoek om die omvang van die droogte in die streek en die behoeftes te bepaal. • Sien bl. 9 vir wenke oor besparings.
NUUS • NEWS
13 Januarie 2016