13 junie 2012 die courant

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 177

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

13 Junie 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Drenkeling salueer stoomreus op laaste reis deur die Swartland

REGS: Die Alwyn Vintcent, die laaste stoomsleepboot wat in SA waters gevaar het, sal eersdaags deur Swartlandse dorpe vervoer word. Deon Joubert van RiebeekWes is sowat 46 jaar gelede deur dié boot uit die see gered.

Inwoner 46 jaar gelede deur sleepboot gered ‘n Swartlander, wat sowat 46 jaar gelede deur die laaste stoomsleepboot wat in Suid-Afrikaanse waters gevaar het uit die see gered is, sal eersdaags met nostalgie toekyk hoe die vaartuig padlangs deur Swartlandse dorpe na sy laaste rusplek vervoer word. Die Alwyn Vintcent word eersdaags lewensgroot op ‘n abnormale swaarvragmotor deur Swartlandse dorpe vervoer. Die stoomboot is deur Villiersdorp se Veteraantrekker- en enjinklub aangekoop om vir die nageslag te bewaar. Dit is met die einste boot waarmee ‘n Swartlander se lewe jare gelede in die see by Mosselbaai gered is. Deon Joubert (57), boer van RiebeekWes, het aan die courant gesê hy was 10

Miljoene nodig vir Riebeek-skool bl. 2

of 11 jaar oud toe hy en ‘n maat in die middel-sestigs oudergewoonte op ‘n Saterdag ‘n roeibootjie in die Mosselbaaise hawe gegaps het om ‘n paar draaie in die hawe te gooi. Hulle is egter deur die wind meegesleur en “sou nooit weer die land gehaal het” as die stoomboot hulle nie ‘n paar kilometer die see-in opgepik het nie. “Iemand op land moes gesien het ons is in groot moeilikheid en hulp ontbied het. Ons het nie ‘n kat se kans gehad om self land toe te swem nie en het maar net met ‘n paar makriel op die bootjie al dieper die see in voortgedryf. Daardie stoomboot het destyds baie mense se lewens gered,” vertel Joubert. Om die yslike stoomboot op Villiersdorp te kry, is egter geen geringe uitda-

Verbreding van N7 begin bl. 3

Deon Joubert ging nie, want die hele pakkasie is te hoog om onder brûe deur te kom. Die gevolg is dat in plaas van die normale 110 km vanaf Kaapstad na Villiersdorp, ‘n ompad van 408 km gevolg moet word om al die brûe mis te ry. Die roete is soos volg: Kaapstad, Langebaan, Hopefield, Malmesbury, Moorreesburg, Riebeek-Wes, Riebeek-Kasteel, Hermon, Gouda, Wolseley, Worcester, Robertson-pad, Villiersdorp.

Musiek steel harte bl. 4

Daar is reeds aftakelingswerk gedoen om die boot darem onder krag- en telefoonlyne deur te kry met die beoogde vertrekdatum uit Tafelbaai op 25 Junie. “Ons wil dit vir die nageslag bewaar. Dis die laaste een in Suid-Afrika en dit is baie geskiedkundig,” het mnr. Eniel Viljoen, voorsitter van die klub, aan die courant verduidelik. “Die boot se redding is danksy die Veteraantrekker- en enjinmanne van die Wes-Kaap.” Die boot, wat in Venesië, Italië gebou is, is in 1959 in Mosselbaai in diens gestel en vernoem na die eerste voorsitter van die Mosselbaai Bootmaatskappy, Alwyn Vintcent. In 1983 is die boot aan ‘n Australiër verkoop, waarna dit ‘n tyd lank in Knysna gelê het. In 1986 is dit finaal Kaapstad toe, waar dit nog ‘n paar keer van eienaar verwissel het. Die boot sal nou eers by Dennis Viljoen Ingenieurswerke op Villiersdorp afgelewer word, waar die finale restourasiewerk afgehandel sal word. Na dit sal sy na ‘n finale uitstalplek op die dorp verskuif word, waarop nog finaal besluit moet word.

Ry Navara werk is bl. 6


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.