courant
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
’n Mediese wonderwerk
swartland en weskus Uitgawe 248
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
13 November 2013
The Swartland Revolution
tel: 022 487 3221
Wen groot met Riebeek Kelder
Toekennings vir onderwys
Twee leerkragte van die streek het Vrydagaand toekennings vir uitnemende onderwys van die Wes-Kaapse onderwysdepartement ontvang tydens ‘n glansgeleentheid in Bantrybaai. Penny Vinjefold van die WKOD (links) is hier by Marius Scholtz, hoof van Hoërskool Piketberg, Hywel Appolis van Riebeek-Wes Primêr, Helen Zille, Wes-Kaapse premier, en Donald Grant, Wes-Kaapse minister van onderwys. Beide leerkragte is reeds ingeskryf vir die volgende ronde van dié kompetisie, wat op nasionale vlak plaasvind. Lees ook ons berig op bl. 10.
•4 800 reeds gevestig
Varkkudde voltallig
Die eerste varke is pas gespeen op Afrika se grootste varkplaas, wat sedert verlede jaar opgerig word in die Swartland, tussen Malmesbury en Darling. Jeff van Zyl, bestuurder van die onderneming Chalala, wat teen honderde miljoene rande opgerig word, het by navraag aan die courant bevestig dat die eerste fase van die projek feitlik afgehandel is. “Dit is ‘n 4 800 sog kudde. Plasing van die sôe is reeds ‘n geruime tyd gelede afgehandel,” volgens Van Zyl. “Dit gaan baie goed met die produksie en ons het reeds op 21 Oktober die eerste varke gespeen. Die bouwerk vorder goed, en alle bouwerk en installasie van toerusting sal afgehandel wees teen einde November 2013. Dit is drie weke voor die beplande afhandelingsdatum van
23 Desember.” Bouwerk aan die varkplaas het in Augustus 2012 begin, nadat dit deur ‘n eindelose aansoekproses van byna agt jaar voorafgegaan is. Dit moet volgens internasionale standaarde opgerig word ten einde te voldoen aan die uitvoermark se internasionale gesondheids- en veiligheidsvoorskrifte van buitelandse bestemmings. ‘’Ek het nou ‘n baie goeie verhouding met al die partye wat die aansoek teengestaan het. Die gemeenskap het ons baie goed ontvang, en ons doen goeie besigheid met verskeie instansies in Malmesbury. Ons bied ook al werk aan bykans 50 mense uit die omgewing.” Die onderneming Chalala word tans op die plase Kleine Rondeboschje en Ronde Vley tussen Malmesbury en Darling gevestig. Van Zyl het bevestig dat die totale projek in
twee fases opgedeel is. “Fase een is nou bykans afgehandel, en fase twee sal op ‘n latere stadium ‘n aanvang neem. Die twee fases is identies.” Op die vraag wat tans die grootste uitdagings is, het Van Zyl geantwoord: “Korttermyn is die opleiding van personeel ons grootste uitdaging. Mense met varkondervinding is skaars, en ons lei die korps van voor af op. Ons het egter ‘n baie goeie en toegewyde bestuurspan op die plaas, en dit is die rede vir ons sukses. “Bemarking van ongeveer 2 200 slagvarke per week sal in Maart 2014 ‘n aanvang neem, en by Winelands Pork in Stikland geslag word. “Die oorgrote meerderheid van die varke sal in die buiteland verkoop word. Verskeie markte is reeds ontgin, en die soeke na meer geleenthede gaan voort. Bemarking en hoë graanpryse bly ons grootste uitdagings.”