Die courant 14 augustus 2013 235

Page 1

courant swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Uitgawe 235

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

14 Augustus 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Skolesportfees met Moorreesburg Wesbank nog Interskolestryde skud Skouvere reg in wedloop

Swartland Kampioenwyne

Nasionale wenners môre by Org de Rac bekend

WENNERS: Allesverloren, Riebeek Kelder, Babylons Peak, Pulpit Rock, Tulbagh Wynkelder (Porterville) en Swartland Wynkelder het almal gister geskitter met toekennings op die Swartland-streek se Jongwynskoutoekennings by Delsma. Dié toekennings was op die vooraand van die Nasionale Jongwynskou wat Donderdag by Org de Rac buite Piketberg plaasvind. Allesverloren het die groot kampioen Swartland-wyn opgelewer. Links is die wenners. Voor staan Inalize Basson (Babylons Peak), Eric Mnyango (Riebeek Kelder), Arman Lacomme (Allesverloren), Hennie Rossouw (Swartland) en Phumlani Madolo en Thembile Ntloko (Riebeek Kelder). Agter is Stephan en Kobus Basson (Babylons Peak), Eric Saayman, Zakkie Bester en Alicia Boshoff (Riebeek Kelder) en Riaan van der Spuy (Pulpit Rock). Sien nog berigte/fotos op bl 11-13.

•reggae tot opera op porterville-fees

Dorp vier 150 jaar Die Porterville 150 Fees berus op vier bene, naamlik kuns en kultuur, vermaak, sport en landbou, het Jean Kotze, voorsitter van die fees, aan die courant gesê. Porterville vier sy 150ste bestaansjaar met ‘n tien dae lange fees van eerskomende Vrydag tot Sondag 25 Augustus. “Ons het ‘n geweldige vol program. Die landbou word hanteer deur die skou. Dan het ons probeer om die kultuur in te skakel by die vermaak. Ons het van die rieldansers, boeremusiek tot rap, pop, gospel en Allan the Car guard.” “Die uniekheid van ons skou is dat ons een van die enigste skou is wat so ‘n wye verskeidenheid komponente kan aanbied. Daar is beeste, perde, skape, pluimvee, blomme en ‘n plaaswerf. “‘n Besliste hoogtepunt is die Big Walk for Madiba en dan kom Ivan Meyer (Wes-Kaapse minister van sport en kultuur) aan die bergfietswedren deelneem,” het Kotze gesê. Die Gala-opening is die Vrydagaand, 16 Augustus, om 19:00 in die Feestent langs Porterville-kelder. Die Brigade-orkes en Korrektiewe Diensteorkes sal vir die musiek sorg, tesame met ‘n wyntuin, met die Pop Idols-wenner Jody Wil-

liams wat om 16:00 feesgangers sal trakteer, gevolg deur Arista om 18:00 en Christo en Cobus om 19:00. Saterdag is dit die jaarlikse interskole tussen Porterville en Piketberg. Buiten die sport sal daar kuns- en boekuitstallings in die biblioteke en Rendezvous aangebied word. In die Feestent sal kunstenaars feesgangers vermaak. Teen 11:00 begin Bernie’s Band, vanaf 12:00 DNL Projects, van 16:00 DJ Fano, vanaf 17:00 Viljoen Retief, 18:00 DNL Projects, 19:00 Anton le Roux, 20:00 Jody Williams en vanaf 20:00 tot 2:00 is dit tyd vir die Battle of the DJ’s Biga/Conroy/Super Cat. Op Sondag 18 Augustus word die kuns- en boekuitstallings voortgesit en van 10:00 tot 15:00 gaan Rastafariërs van 10:00 tot 15:00 reggae-musiek, kuns en handwerk op die markplein uitstal. Vanaf 16:00 tot 20:00 is Men Blessed, Dumisane Broers, Bella en die Voorberg Gospelkoor, asook skoolkore van Porterville, Voorberg, Willemsvallei en Riebeekvallei in aksie met ‘n gospelkonsert in die Feestent. James Temper sal die aankondigings doen.

Gedurende die week lyk die program só: Maan­­dag om 9:00 begin ‘n historiese besigti­ gingstoer en weer die Rastafiërs op die markplein, maar hierdie keer kompleet met ‘n kruiedokter en kruie. Dinsdag kom die Clanwilliam Rieldansers en Burger le Roux in die wyntuin aan die beurt, gevolg deur ‘n kultuuraand by die Hoërskool. Donderdag word die geskiedenis met blomme uitgestal, gevolg deur plaasaktiwiteite en die Witzenbergrieldansers. In die NG Kerksaal is daar ‘n Damesoggend met Sarah Theron. Vrydag is daar ‘n bergfietsren vir skoliere en om 18:00 doen Wynand Windpomp sy ding, gevolg deur die Betjiesfontein Rieldansers, voordat Mej. Porterville-finaliste begin meeding om die kroon. Saterdag kry die Kaapse Klopse en Gumbootdansers ‘n kans en Mej. Porterville en haar prinsesse word op ‘n statige optog deur die dorp geneem. Sondagoggend is daar ‘n NG-kerkdiens om 10 :00, gevolg deur ‘n opera. Kontak Porterville se Toerismekantoor by 022 931 3732 ten einde ‘n navraag te rig. Die volledige program kan by www.portervilletourism.co.za besigtig word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.