courant
gratis
Uitgawe 154
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
14 Desember 2011
hugenotestraat 11, malmesbur y
Weg met die trein en terug as dokter Vir die plaasmense van Rosenburg buite Malmesbury het verlede week ‘n groot, splinternuwe ondervinding ingehou: Die gradeplegtigheid van een van hulle plaasseuns, Nicholas Fortuin. Nicho, soos hy van kinderdae af bekend staan, het verlede week sy MB Chb-graad as mediese dokter aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang. “Ek was so dankbaar, dat ek sommer in trane was,” vertel sy ma, Katriena Fortuin, oor hierdie derde kind van haar. Nicho was ‘n St Thomas Primêr-leerder en het sy matriek by Schoonspruit Sekondêr, ook op Malmesbury, voltooi. “By Schoonspruit het mense soos Juffrou Empie Lategan my vreeslik baie ondersteun. Nadat ek by loopbaan-uitstallings nuuskierig geraak het oor medies as ‘n loopbaan, het Juffrou Empie my in graad 10 aangemoedig om skaduwerk by die Swartland-hospitaal te doen, sodat ek meer kan leer oor dokter-wees. Sy het my ook baie gehelp met die aansoek om keuring.” Nicho kyk terug oor die pad wat sy lewe geloop het sedert hy as 18-jarige gekeur is om hom as dokter te bekwaam: “My ma en my broer Jan het die eerste dag
saam met my Tygerberg-kampus toe gegaan, met die trein. Ons is van die stasie af met die taxi kampus toe. Dít en die oriëntering was baie ‘scary’, want ek was nog nooit iewers nie, ek het só alleen gevoel daar! Daarna was die groot volumes werk vir my ‘n groot skok! Ek het nog nooit so baie geleer soos in daardie ses jaar nie! “In die helfte van my vyfde jaar, toe ons as studente-interne begin werk het, moes ons baie hard werk en nog harder leer. “Maar langs die pad het ek geleer om vir myself grense en balans vir alles te stel, want ek wou my studentelewe geniet én ek moes elke keer slaag.” Nicho se ouers werk op die plaas Rosenburg, sodat ‘n mens wonder hoé is sy mediese studies betaal? “Met beurse en beurslenings: By die Universiteit, by REAP (Rural Education Access Programme) en by die Departement van Gesondheid,” sê hy. “Ek het só baie mense om te bedank, mense wat my deurgedra het: My ouers en familie, al die plaasmense wat my ondersteun het, my broer en suster wat so gereeld as wat hulle kon, vir my ‘n bietjie sakgeld gestuur het, Uys en Paulina van der Westhuijzen, juffrou Em-
“Ek het geleer om vir myself grense te stel...”
pie wat my eerste betaling gedoen het toe ek my keuringsaansoeke ingestuur het.” Sy ma lag: “Nicho het so een of twee keer gebel en gesê ‘Nou eet ek net water”, dan maak ons weer ietsie bymekaar om vir hom te stuur.” Nicho vertrek op 30 Desember na Pietermaritzburg, waar hy sy twee jaar internskap gaan
doen, by die North Dale-hospitaal. Sy plan is om later terug te kom Malmesbury toe om hier te kom werk. As hy dalk wel spesialiseer, sal dit in pediatrie of huisartskunde wees. Dié 24-jarige dokter kyk terug op sy pad tot hier en sê: “Dit voel nou lekker om hierdie graad te hê, dat al my harde werk vrugte afgewerp het! “Maar ek wil vir almal rondom my sê: Moenie omjou om standighede voorhou as jy ‘n doel het nie! “Met harde werk, deursetdeurset tingsvermoë doelen doel gerigtheid kan jy baie ver kom as jy regtig wil!” * Twee ander SwartSwart landers wat ook verlede week hul doktersgrade verwerf het, is Nomsa Africa en Mia Steyn. Mia het ses jaar gelede opslae gemaak toe sy as sesde beste matriekleerder in die Wes-Kaap aangewys is ná haar matriekeksamen.
Yzerfontein reg Snoek loop voor naweek Swartland Classic opYzerfontein Boudienste word 60 vir besoekers