die courant 14 maart 2012

Page 1

courant

gratis

tel 022 487 3221

Uitgawe 164

die

swartland en weskus

14 Maar t 2012

hugenotestraat 11, malmesbur y

Oom Mossie bêre bladmusiek eers Ná meer as 56 jaar agter die note van die NG Kerk op Riebeek-Wes se orrel, het Nic Mostert (Oom Mossie) Sondag die tuig neergelê. Saam met Mostert (links) is sy twee kinders Rouxdie (links agter) en Nicola (voor) asook Henri Warnich (regs agter) en ds. Andre Duvenhage.

SA Toutrek lok baie na MBury

Alle paaie lei hierdie naweek na Malmesbury, waar ongeveer 40 skole van regoor die land saamtrek vir die Suid-Afrikaanse Junior Toutrek-kampioenskappe wat vir die eerste keer op Malmesbury gehou sal word. Ongeveer 221 spanne sal Vrydag en Saterdag meeding op die Swartland skougronde, nadat al die spanne Donderdagaand in die verkoopslokaal van Malmesbury Toyota ingeweeg word. Terwyl al die slaapplekke op Malmesbury en die omgewing vol bespreek is vir die naweek, is die voorbereiding op elke ander vlak in rat om die geraamde 2 500 ekstra besoekers op Malmesbury te kan huisves. Bennie Geldenhuys is vir die afgelope twee jaar die afrigter van Hoërskool Swartland se spanne en is vol vertroue dat dié byeenkoms op eie bodem die saak van toutrek in die Swartland sal bevorder. “Dié byeenkoms behoort baie belangstelling in toutrek uit te lok. Ek voorsien dat ons voortaan meer kinders sal kry wat ook by dié

sport wil aansluit.” Geldenhuys is self ‘n bekende in toutrekkringe, nadat hy 25 jaar gelede begin toutrek het. Hy het die Suid-Afrikaanse toutrekspan drie keer verteenwoordig en voorsien dat die sterkste spanne vanjaar uit die Boland sal kom (Drostdy), asook die Suid-Kaap (Oakdale en Van Kerwel op George). “Verder is Jan Kriel vanjaar lekker sterk. Ek verwag darem self goeie resultate uit minstens drie van my eie spanne,” het Geldenhuys voorspel. Waarna moet die leek kyk wanneer hy die eerste keer gaan kyk na die toutrek op Malmesbury? “Die groot geheim in toutrek lê in die spanwerk. Verder is die aanvoerder van elke span baie belangrik, want hy moet die opponerende span kan lees, en die ritme en spanwerk van sy eie mense bestuur,” het Geldenhuys aanbeveel. * By die skougronde sal die ouerkorps gerat wees met die verkoop van 600 kg warm aartappelskyfies, 800 warmbrakke, 1 000 hamburgers, 2 000 warm broodjies, 400 ontbyt ‘buns’ met

spek en eiers, pasteie, samoesas en kerrie-vetkoeke, terwyl die Voortrekkers sal regstaan met ongeveer 2 000 pannekoeke. Terwyl die skoolspanne weerskante van die toue kompeteer, kan die ouers ontspan in die teetuin, of dalk reeds Vrydagaand by die ondersteunersbraai bywoon, waar heerlike etes teen R40 per persoon geniet kan word (skakel die skool om te bespreek). Toegang by die hekke is R10 per persoon en kinders met skoolklere aan, kry gratis toegang. Donderdag is die inweeg en registrasie

Onthou: Kansa se Relay for Life Saterdag op Malmesbury

164a.indd 1

van 10:00 tot 17:00. Vrydag tree die spanne reeds om 07:30 aan terwyl hulle Saterdag van 07:45 gereed moet wees.

SM Burgemeester gesels

2012/03/14 07:42:52 AM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 14 maart 2012 by DieCourant - Issuu