courant swartland en weskus
die
Uitgawe 271
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
tel: 022 487 3221
14 Mei 2014
Rye vir verkiesing Kiesers van Chatsworth buite Malmesbury wag hul beurt af voor die AME-kerk om hul stemme uit te bring tydens verlede week se nasionale en provin siale verkie sing.
•3 swartlanders na parlemente
DA groei skerpste Drie Swartlandse DA-lede is danksy die party se vertoning in die verkiesing op pad na onderskeidelik die nasionale en provinsiale parlement. Anton Bredell, Wes-Kaapse minister wat vier de op die DA se provinsiale lys was, sal weer sy sitplek in die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer inneem. Chris Hunsinger, raadslid in die Swartland Munisipaliteit, sal sy plek eersdaags in die Algemene Vergadering van die Nasionale Parlement inneem, terwyl Lorraine Botha van Piketberg nou ook ‘n Wes-Kaapse provinsiale parlements lid word. Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het gesê: “Ons by die Swartland Munisipaliteit kan met reg trots wees, want benewens die enorme klomp stemme meer wat na die DA gekom het (4 000 stemme meer), het die Swartland sedert 2009 ook die volgende poste gevul: In 2009 is die destydse burgemeester Anton Bredell na die provinsiale wetgewer as minister van plaaslike regering, die burgemeester van die Weskusdistriksmunisipaliteit is Swartland se raadslid Harold Cleophas en nou gaan raadslid Chris Hunsinger na die nasionale parlement.” Hunsinger het aan die courant gesê hy het reeds Saterdag bevestiging van sy aanstelling gekry. Hy sal hom nou as parlementslid by die DA
se span in die nasionale parlement se algemene vergadering aansluit. Botha het bevestig dat sy provinsiale parlement toe gaan om ‘n kiesafdeling te verteenwoordig. ‘’Ek het reeds bevestiging gekry, maar weet nog nie watter my kiesafdeling sal wees nie. Ek is opgewonde oor die nuwe platform van waar ek die gemeenskap nou kan dien.’’ Sy was 16de op die party se lys vir die provinsiale wetgewer. Die DA sal 26 lede in die wetgewer kry, teenoor die ANC se 14 setels, en die Ekonomiese Vryheidsvegters en die African Christian Democratic Party, wat elk een setel behaal het. Botha het vroeër gesê vir haar bly die grootste diensleweringsvraagstuk in die Swartland en Bergrivier behuising. • Van die kiesers wat hul stemme in die nasionale verkiesing in die Swartland uitgebring het, het 20 606 of 65,92% vir die DA gestem, 8 468 of 27,09% vir die ANC, 674 of 2,16% vir die VF Plus, 390 of 1,25% vir die EFF, 352 of 1,13% vir die ACDP, 156 of 0,50% vir Cope en 145 of 0,46% vir die AIC. Op Abbotsdale het die DA 72,54% van die stemme in die nasionale verkiesing gekry, op Chatsworth 68,89%, by Bloemendal Primêr 71,84%, by die Coronoation Rugbyklub 60,36% by die Darling Methodiste Kerk 73,60%, by die
NG Kerk Swartland Noord 90,57%, by Esterhof Bewaarskool 55,48%, by die Goedehoop NGK Sen dingskool 55,76%, by die Grootberg Plaasskoolgebou 78,43%, by Grootvlei Primêr 76,92%, by Klein Karnmelksvlei Primêr 72,78%, by Korhaansrug Primêr 82,64%, by die Koringbedryf Museum 82,63%, by Langgewens Proef plaas 72,79%, by die Malmesbury Stadsaal 87,49%, by Ruststasie 82,22%, by Moorreesburg Stadsaal 74,84%, by die Morawiese Kerk Darling 54,12%, by Môreson Plaas 54,12%, by Môrewag Plaas 76,56%, by Pampoenkraal 60,71%, by PPC Ongegund 76,54%, by die Riebeek-Wes Stadsaal 66,67%, by Riverlands Edenhof 59,0%, by Riverlands Primêr 75,73%, by Schoonspruit Sekondêr 75,46, by Alphastraat 81,29%, by die VGK Jakkalsfontein 64,55%,, by die VGK Koringberg 72,36%, by Welgemeend-plaas 72,24%, by Weltevrede Primêr 52%, by Wesbank gemeenskapsaal 78,03%, by Wesbank Sekondêr 83,98%, by Withoogte-plaas 66,91%, by Yzerfontein 91,75%. Die DA het by al hierdie stempunte die meerderheid stemme op hom verenig. Die ANC het by die volgende kieslokale meerderhede behaal: By Ilingelethu Sekondêr 73,65% van die nasionale stemme, by die Menasiegebou 46,88%, by die Moorreesburg Gemeenskapsaal 59,05% en by die Thusong Sentrum in Ilingelethu 87,60%.