courant
gratis
swartland en weskus Uitgawe 199
die
Finalis: Malmesbury Diensverskaffer van die Jaar
tel 022 487 3221
14 November 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
Tweekuns op Malmesbury Anje en Suné Botha is twee susters van Malmesbury wat oë laat rek het toe beide as hoofdogter vir hul onderskeie skole vir 2013 aangewys is. Anje is Donderdagaand saam met Rikus Schreuder as die nuwe leiers van Laerskool Swartland aangewys, terwyl Suné volgende jaar Hoërskool Swartland saam met Lunga Swelindawo sal lei. “Dit is ‘cool’ dat my sussie hoofdogter is,” sê Suné, wat ook in haar graad 7-jaar dié posisie by die Laerskool beklee het.
Standaardisering is pionierswerk deur SM In ‘n proses wat as pionierswerk beskryf word, het Kenny Cooper, direkteur van finansies van die Swartland Munisipaliteit (SM), die laaste maande daaraan spandeer om die gebrek aan gestandaardiseerde terme en modelle in munisipale terme uit te wis. Die provinsiale tesourie van die Wes-Kaap het aanvanklik R300 000 vir dié doel aan die SM bewillig en later nóg R300 000. Omdat die SM homself en sy diensleweringstandaarde teen nasionale standaarde wou meet, was hulle op soek na só ‘n gestandaardiseerde finansiële volhoubaarheidsmodel, maar daar het nie so iets in SuidAfrika bestaan nie. Daarom het die SM die inisiatief geneem vir navorsing en die daarstel van standaarde vir munisipale terme en prestasie-meting vir die verskillende afdelings in die munisipaliteit. Dié standaarde gaan binnekort landwyd by munisipaliteite geïmplementeer word. Met dié nuwe kodesering van standaarde kan munisipaliteite regoor die land nou met
sekerheid dieselfde terme gebruik en ook hul eie prestasiemeting doen in terme van munisipaliteite wat dieselfde grootte as hulle het. ‘n ‘Benchmark’ (‘n beginpunt, vir metings) is ook hier ingebou sodat elke munisipaliteit homself kan meet aan nasionale standaarde. “As ons na die woord ‘revenue’ kyk, is daar só baie interpretasies daarvan dat dit gereeld tot verwarring ly,” verduidelik Cooper. Met die nuwe stelsel word verwarring en duplisering dus uitgeskakel. Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder, het die ontwikkeling van dié model as ‘pionierswerk’ beskryf. “Elke liewe ratio waarmee die Swartland werk, kan nou binne ‘n oogwink gemeet word teen nasionale terme,” het Cooper verduidelik. “Dit beteken dat elkeen van die 280 munisipaliteite in die land op een nasionale skaal gemeet kan word. “Ons het ‘n ‘benchmark’ ingewerk, wat meebring dat daar ‘n meetbare ideaal gestel word waarteen elke munisipaliteit in die land
gemeet word,” het Cooper verduidelik. Vir dié doel is munisipaliteite in ‘groot, medium en klein’ ingedeel , wat meebring dat SM homself kan vergelyk teen ander munisipaliteite wat ook in die medium-kapasiteit lê. Cooper en Scholtz het voorts verduidelik dat munisipaliteite hul eie prestasie kan meet in verskillende kategorieë soos byvoorbeeld salarisse, lenings, die afskryf van skuld, verliese, water en elektrisiteit. “Volgens die SM se diensleweringstandaarde is die reaksietyd drie ure vandat ‘n waterlekkasie aangemeld word, maar op nasionale vlak is die tyd 48 uur! “Ons werk nou ook daaraan om dieselfde standaarde, mét ‘n “benchmark”, te ontwikkel vir elke afdeling in die munisipaliteit, soos siviele ingenieurswerke en elektriese dienste.” Cooper en Scholtz sien binnekort die Direkteur-Generaal en die Ouditeur-Generaal oor die implementering van hierdie stelsel landwyd. “Só stap die Swartland regdeur SuidAfrika,” het Scholtz afsluitend gesê.
Groot rugby beoog vir Malmesbury Bl. 2 Swartland Voëlroete geloods Bl. 3 Dirkie Uys stel nuwe hoof aan bl. 10 Wilde varke verniel omgewing, ekonomie bl. 13