Die courant 14 okt 2015 342

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

14 Oktober 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 342

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Wesbank Sekondêr Piketberg Hoërskool

Matrikulante van die Swartland sluit Vrydag hul skoolloopbaan af en die meerderheid is baie opgewonde oor die nuwe toekoms wat wink, maar eers moet hulle die finale eksamen aanpak en afhandel. Wilton September en Chantelle Pieters (Wesbank Sekondêr op Malmesbury se hoofmeisie en -seun) en E’Lmarco Visagie en Nina Cillié (Piketberg Hoërskool se hoofmeisie en -seun) is uitbundig van opgewondenheid.

KLAAR met skool! •R7 MILJoen VIR NUWE jo dolphin

‘Droom word waar’ Vandag is óns dag, het ‘n verheugde Jacques Swarts, een van Jo Dolphin Sorgsentrum se bestuurslede, aan dié courant gesê by die aanstelling van ‘n bouer vir hul nuwe gebou op Malmesbury. Die kontrak is aan Wim Smit Projekte toegeken en die bourekenaar is Neil Steyn. Die nuwe sentrum vir persone met gestremdhede beloop R7 miljoen en sal volgens beplanning binne agt maande voltooi wees. “Ons is dankbaar om te kan sê ons het borge wat die bedrag onderskryf, het pastoor Cecil Errens verduidelik Hulle planne is verlede jaar effens op die langebaan geskuif nadat beweerde bedrog by die sentrum aan die lig gekom het. Bewerings dat honderde duisende rand verduister is, het aanvanklik vrese laat ontstaan dat borge voortaan sku sal wees om die vereniging finansieel te ondersteun. Die bestuur het egter die bul by die horings gepak: ‘n Persverklaring het die omstandighede kaalvuis verduidelik en elke borg en ondersteuner is besoek om die saak eerstehands uit te klaar. “Baie mense het gedink dit is die einde van

Jo Dolphin,” het raadslid Maude Goliath, ‘n bestuurslid en onderburgemeester van Swartland, Maandag aan dié courant gesê. “Maar dit was nie God se plan nie en hier staan ons nou vandag. Alles waarvoor ons gewerk het, word nou waar." Die planne vir die nuwe sentrum maak voorsiening vir vyf klaskamers, 'n terapiekamer, 'n ruim kombuis en eetsaal, groot moderne badkamers en toiletgeriewe spesiaal vir gestremdes, asook 'n administrasiekantoor. Die perseel is langs die Gerfie-bewaarskool en grens aan St James, Koch- en Albaniestrate en sal vir 70 tot 75 kinders en volwassenes voorsiening maak. Die huidige sentrum maak net vir 20 kinders voorsiening en daar is reeds ‘n lang waglys. Die nuwe sentrum sal uit drie fases bestaan: daar sal eerstens vir die dagsorgsentrum voorsien word, dan volg werkwinkels vir mense bo 18 jaar en in die derde fase sal gekyk word na ‘n groephuisskema vir 24-uur versorging. Jo Dolphin is op 15 September 2010 as die 28ste tak van die Wes-Kaapse Assosiasie vir Persone met Gestremdhede ingelyf. Hulle was aanvanklik by die

Nagskuiling gehuisves. Daarna het die sentrum na ‘n woonhuis in Wesbank verskuif wat steeds vandag gebruik word, maar vir ‘n geruime tyd al te klein en beknop is om aan die behoeftes te voldoen. Daar is geen speelplek vir die kinders nie en ontwikkelingsprogramme kan nie na wense aangebied word nie. Die munisipaliteit het die perseel langs Gerfie teen ‘n drasties-verlaagde bedrag beskikbaar gestel, maar eers moes genoeg geld bekom word. Aan die einde van 2012 het hulle ‘n welkome meevallertjie van die Malmesbury Lions-tak ontvang. Die klub, wat reeds ‘n sterk verbintenis met Jo Dolphin gehad het, het ‘n tjek van R53 500 aan hulle oorhandig vir die aankoop van die perseel. Errens, het ook sy visie herbevestig: “Ek wil graag help om ‘n gemeenskap te skep waar die mense van die omgewing omgee vir mekaar en ons droom waar maak om ‘n volledige databasis te skep van alle Swartlanders wat saamleef met gestremdhede.” Hy het ook die gemeenskap geloof vir hul ondersteuning en hulp met donasies en fondsinsamelings.

NUUS • NEWS

14 Oktober 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.