courant
Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
dié
1
16 Desember 2015
Uitgawe 351
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
•KYK NA SKAARS VAARDIGHEDE - WESBANK-HOOF
Kortjé groet ná 41jr
Onderwys was vir my wonderlik. Ek was nooit een dag spyt dat ek dit my loopbaan gemaak het nie. Dit is Reginald Kortjé van Malmesbury se getuigskrif ná 41 jaar voor die skoolbanke. Wat dit nog meer merkwaardig maak, is dat hy sy hele loopbaan by Wesbank Sekondêr deurgebring het. Hy het in 1974 daar begin skoolhou, toe dit nog ‘n middelbare skool was. Sy vakkegebied was wiskunde en biologie. Later het hy departementshoof en adjunkhoof geword en sedert 1999 dien hy as die skoolhoof. Onderwys is sy lewensbloed en daarom het hy ook ‘n insig in die onderwys wat nie baie beskore is nie: “Ons het ‘n behoefte aan sekere vaardighede in die land en die onderwyssisteem kan nie programme bied om hierdie gaping te vul nie. “Ons onderwysprogramme moet by die eise aanpas. Die vraag na sekere skaars vaardighede gaan net toeneem en dit is fataal vir Suid-Afrika as ons nie daaraan aandag gee nie.” Kortjé het grootgeword op Malmesbury waar sy pa, Henry, eers polisieman en later ‘n letterskilder was saam met Abie Miggel. Sy ma, Elizabeth, was 'n tuisteskepper. “Hulle was kosbare mense. Met my 50ste verjaardag het my pa vir my ‘n gedig geskryf,” en hy beduie na ‘n geraamde foto met die gedig daarby wat teen sy kantoormuur pryk. Kortjé het sy laerskoolloopbaan aan St Thomas voltooi. “Dit was vir my heerlik om vanjaar by hulle prestige-aand op te tree.” Daarna is hy Schoonspruit Sekondêr toe, voordat hy sy onderwysstudies by Hewitt Kollege in die Kaap voortgesit het. Later jare het hy ook sy BA en B.Ed aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi. Sy vrou, Gail, was vir 18 jaar ‘n radiografis in Atlantis en later by Swartland Hospitaal. “Dissipline was altyd baie belangrik in ons huis en Gail was die een na wie die seuns geluister het – die manne het geweet, as ma sê 18:00 is jy by die huis, dan is dit so. “As ek nou terugkyk besef ek sy het hiermee gehelp om my lewe rustiger te maak.” Intussen het Gail buitemuurs onderwys studeer en haar BA en B.Ed behaal. Sy gee die afgelope paar jaar Afrikaans by Wesbank Sekondêr. Hulle het twee seuns, Renaldo en Gershwin – albei mediese praktisyns. Kortjé kyk terug op ‘n lang en vrugtevolle loopbaan: “Die hoogtepunt vir my as skoolhoof is dat ek ‘n sinvolle bydrae tot op die einde kon maak – dit vul my met genoegdoening.” Dan is daar natuurlik die drie meriete-toekennings vir uitnemendheid in onderwys en die sportstrukture wat hy kon help skep. “Dit is goed om terug te dink aan uitstekende
Vakansie: Dis vakansietyd en die jongklomp vier reeds die uitspantyd op Yzerfon-
tein se strand. Hier spring 'n groep uitbundig van opgewondenheid, terwyl die son sak oor 'n bedrywige jaar.
Reginald Kortjé agter sy lessenaar akademiese prestasies deur studente aan sportprestasies tot op provinsiale vlak.” Hy het ook ses jaar lank die Wesbank rugbyklub afgerig. Sy seuns was so tien, elf jaar oud en heeltyd saam met pa. “Hulle het wedstrydontledings gedoen en die spanpraatjies bygewoon.” Kortjé het op sy dag provinsiale rugby vir die destydse WP-liga gespeel. Hy het as heelagter aan
die Sport Pienaar-kompetisie deelgeneem. Nou wag daar ‘n huisie by die see – by St Helenabaai. Gholf, visvang en skryf is op sy program. Maar met Gail wat nog skoolhou en ‘n klompie ander planne, is dit maar wag en sien. Hy is op die direksie van JB’s Nissan en is ook betrokke by Elkana en Jo Dolphin. Hy wil ook graag as mentor vir jong sakelui optree. Heel laaste aan die skool: “Bly getrou aan jul kernwaardes. Betoon mekaar die nodige respek en erkenning. Bly ontvanklik vir alle kinders, ongeag hul sosiale agtergrond.” Aan die kinders: “Die enigste weg om uit die armoedeketting te breek, is geleerdheid. Ongeag waar ons ons bevind - benut jou geleerdheid ten volle, maak ‘n sinvolle bydrae en maak ‘n verskil.” Kortjé glimlag effens en kry ‘n veraf uitdrukking in sy oë: “Ná 41 jaar bly ek positief. Geen probleem is onoorkomelik nie – Suid-Afrika het die kapasiteit en vaardigheid. Elkeen moet net nie dink hy is die enigste wat reg is nie.” • Intussen is bekend gemaak dat mnr. Hennie Klaase as prinsipaal sal waarneem. Hy is die afgelope 15 jaar reeds adjunkhoof. Die pos vir skoolhoof sal vroeg 2016 weer geadverteer word en die suksesvolle kandidaat sal in die tweede kwartaal begin.
NUUS • NEWS
16 Desember 2015