die courant 16 januarie 2013 205

Page 1

courant

tel 022 487 3221

Uitgawe 205

die

swartland en weskus

hugenotestraat 24, malmesbury

16 Januarie 2013

Hok toe!!!

Kyk Ma, Geen Trane!

Vandag is dit hok toe vir die Wes-Kaap se skoliere. Hierdie graad een-leerders van Liebenberg Primêr op Malmesbury het gister reeds hul eerste skooldag bygewoon. Hier geniet Christine Damonse, Lauren Joseph en Faygnen-Leigh Julies hul eerste skoolpouse. Regs: Arthur en Tiaan Bester-Van Lill is een van die tweelinge by Laerskool Swartland op Malmesbury, wat gister reeds hul eerste voorsmakie van skool gekry het.

Hoër slaagsyfer en meer kan verder studeer

Matrieks maak streek trots

Swartlandse vreugdevure brand hoog ná die algemene styging in die 2012 matriekslaagsyfer, asook in die gehalte van dié syfer, wat beteken dat beduidend meer skoolverlaters matrikulasievrystelling gekry het. Wesbank Sekondêr en Schoonspruit Sekondêr, beide van Malmesbury, het verlede Woensdag tydens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se toekenningsgeleentheid by Leeuwenhof toekennings ontvang vir die groot toename in matrieks wat toegang gekry het tot tersiêre studies oor die afgelope drie jaar (2010 tot 2012). Oor die streek se uitslae sê Johannes Mouton, WKOD-kringspanbestuurder van kring 1: “Hoërskool Swartland (HSS) en Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury het besonder goeie uitslae gelewer. By HSS het, benewens sy 10 A-gemiddeldes, ook 98 uit die 136 suksesvolle kandidate met universiteitstoelating vir graadstudie (Bachelor) geslaag. Schoonspruit het 4 A-gemiddeldes en 84 uit 194 kandidate het 'n Bachelor-gradering. Ek wil ook melding maak van die uitslae van Wesbank Sekondêr wat 33 uit 152 Bachelor-geslaagdes het.” By Hoërskool Porterville (HSP) sê skoolhoof Willem Engelbrecht: “Ons is ongelooflik trots op ons matrieks met vier A-kandidate. HSP is een uit slegs 103 skole in die land (1,6%) wat reeds

vir vyf jaar ‘n 100%-slaag­syfer het en slegs een van drie Weskus-skole met geen vakdruipelinge nie! Alle dank aan ons matrieks, gemeenskap én personeel­ hiervoor.” HSP se beste kandidaat is Bella Dorrington (86,71%). Die skool se 48 matrieks het 55 vak A’s, 70 vak B’s, 75% universiteitstoelatings en 25 leerders het diploma-toelating. “Piketberg Hoërskool (PHS) is trots op die pres tasies van die 2012-klas met sy 70 leerders,” sê skoolhoof Marius Scholtz. “Ons het drie A-kandidate, 11 B-kandidate, ‘n 97,1%-slaagsyfer, 40 vak A’s en 140 B’s - ‘n goeie standaard vir vanjaar se matrikulante!” PHS se top-kandidaat is Andrea Kotze (85,7%). By Steynville Sekondêr op Piketberg sê waarnemende skoolhoof, Ferdinand Saal, dat dié skool baie trots is op hul 106 matrieks. “Ons het ‘n beduidende sprong in die slaagsyfer - 78,3% teenoor 2011 se 63,8%. Ons beste kandidaat is Alston Swartz met 75,4% en onderskeiding in rekeningkunde. Verder het 15 leerders (14,15%) toegang tot graadstudies en 39 leerders (36,8%) vir diplomastudies.” Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het 58 matrieks gehad en ‘n slaagsyfer van 96,5%. Uit die drie A-kandidate was Esna van der Merwe die toppresteerder met 83,6%. Tianni Brand (departementshoof: akademie)

SA atleet trou by Riebeek - bl. 2

sê namens die nuwe skoolhoof (Dawie Diedericks): “Ons is dankbaar vir ons matrieks se harde werk en baie tevrede met wat hulle reggekry het! Ons het 39 vak A’s, 74 vak B’s en universiteitstoelating vir 57% leerders en 33%-diplomastudente.”

Sien fokus op 2012 se matriekuitslae en foto’s van Akandidate op bladsye 6 - 9. Op Malmesbury is Reginald Kortjé, skoolhoof van Wesbank Sekondêr baie trots: ”Ons slaagsyfer is 93,8%, teenoor 89,6% in 2011. Ons slaagsyfer, asook die 20%-styging vir leerders met universiteits- en diplomatoelating, het ons die toekenning by Leeuwenhof laat ontvang. Ons leerders én personeel het hard gewerk in die Maart-, Junie- en Septembervakansies! Die leerders se pligsgetrouheid en die besef dat die pad na sukses deur opvoeding kom, het die groot verskil gemaak.” Kortjé glo dat vanjaar se matrieks dié prestasies as ‘n teiken kan gebruik om na te jaag. Wesbank Sekondêr se topleerder is Zena Damonse (77%). By Schoonspruit Sekondêr sê die adjunkhoof John Stewe: “Ons het gemik vir ‘n 90%-slaagsyfer en is behoorlik trots op ons 93,7% teenoor

2011 se 87,5%. Verder is die vier A-kandidate en groot toename in toegang tot tersiêre studies ons groot vreugde! (Universiteitstoelating 2011: 21%; 2012: 40,4%. Diplomas 2011: 37%; 2012: 41%). Almaz Beukes het die hoogste punt behaal met 82,7.” Stewe sê dat Schoonspruit se leuse ‘Volhard en Wen’ baie goed gedemonstreer is met dié prestasies. Dirk Marais, hoof van Hoërskool Swartland (HSS) sê: “Baie van ons leerders het goed presteer en ek is trots op hulle! Ons is baie trots op ons dux-skolier Ronel le Roux (90,4%). Dit is nie lekker vir ons as personeel as leerders dit nie maak nie - uit die 141 leerders het 5 nie geslaag nie. Ons missie vir 2013 is 'n 100% slaagsyfer!” HSS-leerders wat op die top 10-lys in die Wes Kaap is, is Mary Jane Engelbrecht (9de: Rekenaartoepassingstegnologie); Elizabeth Howard (8ste: Rekeningkunde); Mia He (4de Chinees) Ronel le Roux (9de:Wiskunde-3 en 7de: Kuns). Verder het 98 HSS-leerders universiteitstoelating, 24 het diploma-vrystelling; daar is 121 vak- A's en 195 B's en 19 vakke het 'n 100% slaag-syfer behaal. Hoewel Mouton tevrede is met die styging in die slaagsyfer by die meeste skole in sy kring, het hy bygevoeg: “Dit bly ons strewe dat die uitslae te alle tye moet verbeter met die einddoel in gedagte – dat 100% leerders slaag!”

Amanda Strydom Swartland toe - bl. 12


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.