courant
gratis
Uitgawe 173
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
16 Mei 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
Jacobs groet ná 16 jaar aan stuur van hospitaal “Francois, my jongste, was pas drie jaar oud toe ek hier begin het en het basies grootgeraak in die hospitaalgange.”
Só gesels dr. Anita Jacobs, wat die afgelope 16 jaar en vier maande die mediese superintendent van die Swartland-hospitaal op Malmesbury was. Sy tree einde Mei uit dié amp. “Vir 16 jaar was ek meer hier (op Malmesbury) as by man op die plaas. Maar nou is dit tyd vir my om meer aandag aan my huwelik te gee, dis die logiese ding om te doen!” Jacobs beskryf die laaste 16 jaar as ‘n tyd waarin sy vreeslik baie geleer het. “Maar nou kan die hospitaal daarby baat as
‘down’ tye gehad. Dis vir my lekker om ‘n dokter te wees, ek hou van die hospitaal en dis lekker om te werk. “Ek het ‘n geseënde lewe tot dusver gehad: werkstevredenheid, gesondheid, die wete dat ek altyd probeer om die regte ding te doen. “Selfs die slegter tye was eintlik lekker! Ek glo aan ‘n skoon regering by die hospitaal en die multi-dissiplinêre span hier het my taak daagliks vergemaklik. Elkeen, van die washuis-personeel tot die hoogste gesag, dra sy belangrike deeltjie by om die ratte geolie te hou.” Jacobs het van 1983 tot 1993 as algemene praktisyn op Colesberg, naby hul familieplaas,
“Ons het baie pret, ‘n lekker gees en v poetsbakkers reeslike hier gehad.” Dr Anita Jacobs
iemand met nuwe visie, nuwe energie en dalk ‘n meer objektiewe oog die leisels hier oorneem. ‘n Mens moet altyd daarteen waak om te veel in ‘n gemaksone te raak!” Sy beskryf haar jare by die hospitaal as ‘n tyd propvol hoogtepunte: “Ek kon elke dag met ‘n blye hart werk toe kom. Ek het regtig baie min
gewerk, voordat sy in 1995 as deeltydse dokter by die Swartland-hospitaal begin werk het. Sy was sedert Februarie 1996 die mediese superintendent en later ook die subdistrik-bestuurder van klinieke en hospitale vir die Bergrivier en die Swartland.
Sy het periodiek in die klinieke afgelos en feitlik daagliks in die teater as narkotiseur gewerk. Was die pasiënte soms skrikkerig vir dié formidabele, ferm vrou? “Beslis nie,” lag sy. “My grys hare gee my dalk ekstra gesag en spreek hopelik van lewenswysheid – ek het dit gereeld baie handig gevind!” Soos sy haar nou voorberei op aftrede, het sy onlangs ‘n kaartjie gevind wat haar personeel op ‘Basedag’ vir haar gegee het, waarin hulle verwys na dié keer toe hulle haar laat skrik het vir ‘n reuse-rubberspinnekop. “Ons het baie pret, ‘n lekker gees en vreeslike poetsbakkers hier gehad,” onthou sy. Ná haar aftrede beplan Jacobs om eers vir ‘n maand te rus en dan ‘locum’-werk te doen. “Ek en Tommie (Strauss, haar man) wil plaaslik en oorsee reis, en ons eie land beter leer ken. Verder wil ek meer werk met pasiënte, want dit mis ek geweldig!” Jacobs was onder haar kollegas bekend as ‘n toegewyde ma ten spyte van die werksdruk. Sy het haar middag-etes vir jare só aangepas dat sy so ver moontlik saam met hulle kon middagete geniet. “Vir die baie jare dat Thomas en Francois in Boland Landbouskool was, het ek elke Vrydagmiddag saam met hulle middagete geëet, sodat ek die week se stories kon opvang.” My drie kinders was in Laerskool Swartland en my oudste, Jeanne-Marié, het by Hoërskool Swartland gematrikuleer. “Só, tussen Colesberg en Malmesbury het hulle die beste van twee wêrelde en die beste skoolonderrig moontlik geniet!” Nou sien sy uit na ‘n rustiger lewensstyl, sodat sy soggens kan stap, in haar tuin kan vroetel en ‘definitief meer kan lees’. Oor haar vietse voorkoms sê sy: “Seker maar my gene! Ek weeg my nooit, maar dra steeds dieselfde grootte as toe ek jonk was. “Ek glo in matigheid: Matig eet en oefen, en ek het nog nooit gerook nie! “Ek glo altyd ek moet vir my pasiënte ‘n goeie voorbeeld stel.” Haar boodskap vir die Swartlandse gemeenskap: “Onthou asseblief altyd dat die hospitaalpersoneel onder vreeslik baie druk werk, met hoë getalle mense daagliks. Ons word dikwels oorval met probleme – ek sou graag ‘n beter gesindheid tussen die personeel en die publiek wou sien! “
Dorp kry rugbyforum Fotobeeld van Classic Clashes Stadsvaders kry steun vir rivierplan Wen ‘n skaapkopete vir die gesin