c urant
Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
20.8%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
16 Maart 2016
Bergrivier
swartland en weskus Swartland
dié
1
Uitgawe 361
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• waardeer weer gras onder hul voete
Neefs is ‘ys’ en tuis Robinson Crusoe in die middel van Malmesbury? Nee, dit is net ‘n bebaarde en behaarde Johan O’Kennedy, terug van Antartika. En net toe ‘n week later, is daar twee – en jy kyk nie dubbel nie! Johan en sy neef, Morgan, was vir meer as ‘n jaar op die Sanae-basis op Antartika. Dit was Johan se eerste besoek aan dié yswêreld. Johan (27) het geologie aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en ná ‘n honneursgraad het hy ontdekkingswerk by ‘n Zambiese myn gedoen. Hy het veral die weer op Antartika bestudeer. “Ons het na temperature, wolkpatrone en al die ander weertendense gekyk.” Hy vertel die gemiddelde wintertemperature is so -25 grade C. “As dit baie warm is, is dit in die omgewing van -2 grade. Ons het selfs ‘n hittegolf van -1 graad gehad!" ‘n Groot voordeel van die koue is dat daar geen kieme is nie en dus word niemand siek nie Daar was baie nuutjies vir hom “Soos om die knars-geluid te hoor as jy op sneeu loop.” Johan, van nature ‘n introvert, het die stilte van Antartika geniet en waardeer: “Die stilte leer jou van jouself.” Johan se pragmatiese geaardheid was ook nommerpas vir die arktiese omstandighede. Só vertel hy doodluiters van die keer wat hy die dokter, en ook die enigste vrou in die span, se hand moes toewerk. “Sy het haar hand gesny en my toe geroep om haar ‘n inspuiting te gee en steke in te sit. Dis eintlik niks – ons het mos noodhulp geleer." Hy en Morgan sê hulle het die groen van die natuur gemis en geniet dit nou terdeë. “Veral die gevoel van gras onder jou voete is fantasties.” Albei die neefs sê dit is klein dingetjies wat hulle die meeste geniet – soos vars vrugte en groente. Dit is duidelik dat Johan snr en Tertia O’Kennedy’s na hul seun verlang het en bly is om hom terug te hê. “Maar dit is goed om te weet jou kind doen wat hy graag wou doen,” meen ds O'Kennedy. Dit is Morgan (31) se derde ekspedisie en hy was ook die leier van vanjaar se oorwinteringspan. Hy het elektroniese ingenieurswese op Stellenbosch studeer en in 2008 was hy die eerste keer lid van dié span. Morgan is ‘n kenner van selfoon-tegnoglogie
Ghoeroe deel sy geheime
Tuis:
Johan O'Kennedy saam met sy ouers, ds Johan en mev Tertia O'Kennedy. Inlas: Die ander O'Kennedy-neef, Morgan. Morgan is van Porterville. en hy het twee jaar in Oos- en Wes-Afrika, asook Saoedi-Arabië gewerk. Hy het ‘n groot belangstelling in sterrekunde en het data vir Potcefstroom Universiteit se ruimtefisika-program ingesamel. “Natuurlik is dit lekker om weer my vriende en familie te sien,” erken Morgan. Dan, met ‘n effense heimwee: “Antartika het vyf tuis-Kersfeeste van my gesteel…” Geestelik en emosioneel stel die ekspedisie hoë eise: Die winter is tien maande lank en dan is dit donker, met net twee tot drie ure per dag se skemerlig. Maart is normaal, maar in die somer is dit heeltyd lig. Veral Morgan as leier het lang ure ingesit met die logistieke oorname as die spanne ruil. Die gewone jaarspan bestaan uit 30 mense – dit het met die laaste oorname aangegroei tot 94. “Heelwat konstruksiewerk word beplan en
Vallei bid vir reën
dit het beteken dat ekstra mense vir ‘n tyd by die span aansluit. Ons moes kamers uit kantore skep om vir almal slaapplek te kry.” Hy vertel dat die spanlede goed met mekaar oor die weg kom, sonder veel spanning. Tog bring die oorname ‘n klomp vrae en onsekerheid wat veral die leier lang ure kan besig hou. ‘n Groot hoogtepunt in dié tyd is die oorname spele – ‘n prettige manier om almal op hul gemak te stel en ‘n vinnige spanbou. Sal hulle weer gaan? Daar is onmiddellik ‘n vonkel in Johan oog: Beslis! Hy verduidelik dat die manne nou reeds aansoek doen vir 2017, waarop ma Tertia half-benoud laat hoor: “Maar Boetie, jy laat dit nou klink of jy klaar aansoek gedoen het!” En Johan? Hy glimlag net so effens en knipoog... Maar die avontuur wink en soos Morgan sê: “Onthou daar is nog baie ander eilande ook.”
Fair Cape in die Swartland
NUUS • NEWS
16 Maart 2016