courant swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
16 September 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 338
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Bon Voyage na Boston
Dié ensemble van die Bergrivierkoor van Piketberg het hul laaste oefening op tuisbodem gehad voor hul vandag na Boston, Amerika, vertrek. Hier is Alison Muller (voor klavier), Karen Boshoff, Retha van Deventer, Betsie Paulsen, Margie Julius en Sherlock Fortuin (agter). Hulle word vergesel deur Arno Jones (afwesig). Foto: Linda Calitz
• oud-bokbreier breek lansie vir landbou
‘Sout van die aarde’ Kom en word weer die sout van die aarde. Só het oudSpringbokafrigter Pieter de Villiers landbouers aangemoedig. Hy was een van die sprekers by die Swartland Skou op Moorreesburg se landbouseminaar wat deur Kaap-Agri aangebied is. “Julle is nie gewone mense nie – julle is spesiale, Godgegewe mense wat moet sorg dat mense soos ek kan leef en werk. Julle moet nie julself onderskat nie. Ons is geskape om op hoë plekke te staan: moenie afkom en verdwyn nie. “Julle laat toe dat jul waarde afgebreek word. Staan op vir julself, anders gaan mense jou afbreek. Dan sal jy opgee en wegstap." De Villiers sê as hy kyk na die huidige reënval, is graanboere dalk meer in die knyp as die Springbokke. “Maar julle is gefokus. Die spelers is fiks en gereed, maar nie gefokus nie.” Sy kwinkslae oor skeidsregters, lynregters en spelers het die saal laat dreun van die lag. Sy woorde, “Jy is nie ‘n Suid-Afrikaner as jy nie die Springbokke ondersteun nie,” het veral groot byval gevind in die volgepakte tent. Nicky Weimar, senior ekonoom van Nedbank, het oor ekonomiese vooruitsigte nasionaal en internasionaal gepraat. Sy het gekyk na die krimpende ekonomie en dit onder meer toegeskryf aan die gebrek aan kragvoorsiening, produksie wat nie groei nie en daarmee saam sa-
larisse en lone wat aansienlik meer as die inflasiekoers styg. Nog redes hiervoor is ‘n staatsdiens wat verstrengel is in rompslomp, verwarring oor die land se ekonomiese beleid en ‘n swak en onvolhoubare staatskas. Sy het op ‘n ligte, maar siniese, noot afgesluit: “Kom ons wees positief – ons is nie Brasilië, Rusland of Griekeland nie. Ons is nog nie heeltemal daar nie.” Jaco Wolfaardt, ‘n byeboer van Bonnievale, het sy insae gelewer oor bye, kanola en die Wes-Kaapse vrugtebedryf. Hy het die ontwikkeling van die bedryf geskets en verduidelik waarom dit deesdae in gevaar is. “Ratels is nog altyd ‘n natuurlike vyand. Dan sit ons deesdae met diefstal en vandalisme, gifstowwe, bakterieë en verlies van nektar, veral met die afkap van bloekombome.” Wolfaardt het verduidelik dat kanola hoë kwaliteit nektar en stuifmeel gee en dit kan in die toekoms ‘n belangrike faktor in byeboerdery word. “Daar is groot uitdagings. Bye doen tot 85% van bestuiwing in vrugteboorde. "Verlede week het ek ‘n navraag vir 1400 bestuiwingseenhede gehad en ons het dit nie beskikbaar gehad nie. “Ons moet na mekaar kyk: Byeboere is afhanklik van grondeienaars, en die bye is noodsaaklik vir landbou.”
Lees binne...
Spaar nóú water Streek se skoue in beeld
Kaart van naweek se rally vir toeskouers
NUUS • NEWS
16 September 2015