courant
tel 022 487 3221
Uitgawe 218
die
swartland en weskus
17 April 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Max du Preez, politieke kommentator van RiebeekKasteel, het Maandagaand die Malmesbury Landbouvereniging toegespreek.’ Hier is hy in gesprek met John Dürr (RPO) en Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.
bl 2 Boere moet hul beeld omdraai - Max •NÓG VEILINGS T.B.V. BELEGGERS IN RVAF-TRUST
Luukse kantore onder hamer Die likwidateurs en forensiese ondersoekspan vorder fluks om al die drade bymekaar te trek en die beskikbare bates vir beleggers in die Herman Pretorius-skema te herwin. Dit blyk dat die meerderheid beleggings in dié skema uit die Swartland-streek gemaak is, en beleggers sit angstig en wag op nuus oor die moontlikheid om van die verlore kapitaal te herwin. Volgens die likwidateurs sal daar in die nabye toekoms ‘n interimverslag saamgestel word om beleggers in te lig oor die stand van sake. Likwidateur, Rynette Pieters, het gister aan die courant gesê met die eerste eiendom wat Vrydag in Voëlklip vir R16,5 miljoen verkoop is, volg die volgende veiling van ‘n vaste bate eerskomende Vrydag 19 April. Dan sal die kantore in die Tygerwaterfront in Bellville vanwaar Pretorius sy sake gedoen het, op ‘n vei ling aangebied word. “Alhoewel die gebou geregistreer is in die naam van ‘n maatskappy Slipknot 174 (Edms) Beperk, het die likwidateurs vasgestel dat
die gebou gefinansier is deur beleggersfondse en is die maatskappy ook gelikwideer. “Die likwidateurs het verder ‘n aansoek by die hooggeregshof gebring om te verklaar dat die opbrengs van die verkoping na die RVAF-Trust oorgeplaas moet word sodat dit aangewend kan word om die beleggers se voorsiene dividende aan te vul.” Volgens die likwidateurs is daar groot belangstelling in die luukse kantore van voornemende kopers en vertrou hulle dat die veiling ‘n goeie opbrengs vir die beleggers sal bring. Volgens Pieters is daar verskillende eien-
domme onder verskillende entiteite, waaronder twee woonstelle van die Pretorius-seuns onder die maatskappy Zelpy 4005, geregistreer. ‘n Aansoek is reeds in die Kaapse Hooggeregs hof gebring om die netwerk van entiteite saam onder een vaandel saam te voeg om sodoende dupliserende uitgawes asook tyd vir beleggers te bespaar. Die forensiese ondersoek word gedoen deur De Jager Boshoff Ouditeure onder leiding van Chris de Jager. Volgens die ouditeure is dit steeds te vroeg om die totale omvang te bepaal van beide die beleggings en die bates waarop beslag gelê kan word. Vrydag se veiling van die kantore by Riverside Place in die Tygerwaterfront, wat die hele 2de vloer en ‘n gedeelte van die eerste vloer beslaan, vind om 11:15 plaas. Dié kantore met ‘n totale vloeroppervlak van 969 vierkante meter (eenheid 14) en 152 vierkante meter (eenheid 8) sluit twee ontvangs areas 3 raadsale, kombuis, 21 kantore, 2 liasseerka mers, nog ‘n admin-kantoor, 6 stoorlokale en 51 parkeerplekke in.