Die courant 17 feb 2015 357

Page 1

c urant

Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free

24.2%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

17 Februarie 2016

Bergrivier

swartland en weskus Swartland

dié

1

Uitgawe 357

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Piet, Piet, perde en Mej Wêreld

Rolene Strauss, voormalige Mej Wêreld, het 'n Swartlandse geurtjie aan haar troue gegee met die twee mans wat haar veilig tot by die kerk moes bring. Piet Serdyn (inlas) van Moorreesburg en Piet Lourens van Porterville het dié skoonheid vergesel op Lourensford. Links is van die eerste foto's wat deur die gaste op sosiale media gedeel is. Bo is Piet Lourens by sy perde. Inlas: Piet Serdyn by die Swartland Skou verlede jaar.

• droogtehulp ondersoek

Winde by boere

Die boere kry swaar en hulle moet hulp kry in die droogte, maar Minister Alan Winde, WesKaapse Minister van Ekonomiese Aangeleenthede, is ook bekommerd oor die ekonomieë van dorpe in die Weskus. Winde het gister van die droogtegeteisterde opkomende boere in die Weskus, wat hulp van die provinsiale department van landbou ontvang het, besoek. Die hulp is in Desember goedgekeur en onmiddellik toegeken. Die department het ‘n verdere R88 miljoen van die nasionale regering gevra vir droogtehulp. Dié versoek word nog oorweeg. Die Minister het gesê hy sal met sakekamers op die verskillende dorpe wil praat. "Die droogte tref die boere eerste, maar die meeste dorpe in dié streek is afhanklik van die landbou. Dit beteken dat as die landbou swaarkry, die

Buite-ekspo in beeld

dorpe ook een of ander tyd gaan swaarkry." Hy sê hulle sal daarna kyk om 'n gedeelte van die droogtehulp op die dorpe te bestee om druk te verlig. "My bekommernis nou is die opkomende boere. Ek het reeds met die banke gepraat en hulle sal groot boere met goeie rekords help. Ons moet na die res kyk." Hy het drie plase besoek: Klipdrift van Andries van der Poll, val onder Swartland Munisipaliteit. Dit is 'n gemengde boerdery. Die droogte het hulle geknou - hulle het amper die helfte van hul lammers verloor, maar Van der Poll is vol moed: "Boer is al wat ek ken. Ek het nog nooit op die dorp gebly nie." Hy is dankbaar oor die hulp, want sy boerdery staan nog in sy kinderskoene, "maar ons wil nie bakhand staan nie. Ons moet self vorentoe."

Tuinslange sorg vir boetes

Hierna het Winde Genadeshoop van Whernit Dirks en die Welbeloon Boerdery Trust van Willem Klaase besoek. Albei die plase is in die Piketberg-omgewing en bedryf gemengde boerderye op 'n kommunale grondslag. Die Minister was vergesel van verskeie amptenare van die Departement Grondsake se kantoor op Moorreesburg, wat kon help met agtergrondinligting en ander vrae. Winde het indringende vrae oor die boere se opleiding en agtergrond gevra, asook die hulp wat hulle reeds kry en nog nodig het. Hy het met aandag en begrip geluister na hulle drome en probleme. Dit is duidelik dat hier opgevolg sal word. Wat is belangrik vir die toekoms? Andries van der Poll se negejarige seun wat vra: "Watter vakke het ek nodig om 'n goeie boer te word?"

Jongspan help boom leef

NUUS • NEWS

17 Februarie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.