Die courant 17 julie 2013

Page 1

courant

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Uitgawe 231

die

swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Madiba se dag

hugenotestraat 24, malmesbury

17 Julie 2013

Wesbank pak Roses

Skoolhoofde verskuif

Bome vir St Thomas

Hennie Moses, Cynthia Slingers, Garth Titus, Hennie Smith en Hilton Mapikana (Atuba), Ralph Cuttings en Alucci Moller het gehelp om bome te plant by St Thomas Primêr op Malmesbury. - Sien berig op bladsy 2.

•jongste oor n7 bespreek

Snelweg-planne

Die omvattende opknapping en verbreding van die N7 hoofweg word einde Julie op ‘n inligtingsvergadering in die Malmesbury-stadsaal bespreek. Inwoners van die Swartland sal hier al hul vrae oor die omgewingsimpak en ander vraag­ stukke rakende die pad kan opper. Die projek beslaan drie fases. In die eerste fase word die N7 tussen die Melkbosstrand-afrit en die Philadelphia-afrit opgradeer na ‘n dub­ belbaan-snelweg oor ‘n afstand van 8 km. Die projek sluit ook in die bou van ‘n paar toegangs­ paaie tot die N7. Die enigste uitsondering is die Engen-vulstasie, wat na voltooiing van die projek net ‘n links-in en links-uit-toegangspad sal hê. Die konstruksietyd strek oor 30 maande. Dit

het reeds in Mei 2012 begin en behoort teen November 2014 klaar te wees, wat beteken die projek is nou halfpad. ‘’Die kontrakteur is tans effens agter skedule weens die swaar reën, maar alle aanduidings is dat die projek steeds op tyd afgehandel sal word,’’ het Alta Groenewald, ‘n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), aan die courant gesê. Die Melkbosstrand-wisselaar behoort egter reeds binne vier maande gereed te wees om vir verkeer oop gestel te word. Die kontrakteur is tans besig met die bou van ‘n ompad sodat werk aan die Philadelphia-afrit kan begin. Dit behoort ook teen November 2014 gereed te wees, volgens die oorspronklike plan. ‘’Een van die groot probleme tans is die hoë spoed waarteen motoris­ te deur die konstruksiege­ bied jaag. Alle pogings word aangewend om die verkeersontwrigting tot die minimum te beperk met behulp van ompaaie. Die verkeer moet soms tydelik gestop word om­

konstruksievoertuie kans te gee om die pad oor te steek. ‘’Sanral doen egter ‘n beroep op motoriste om by die verminderde spoedbeperkings te hou en alle verkeersreëls in die konstruksiegebiede te gehoorsaam.’’ In die tweede fase sal die nagenoeg 17 km van die Atlantis-afrit tot by die plaas Leliefontein opgeknap word. Daarna volg die derde fase, van die plaas Leliefontein tot by die Hopefield-afrit, noord van Malmesbury ten einde die veiligheid daar te verhoog. Die N7 sal uiteindelik na voltooiing ‘n dubbel­ baan-snelweg van Kaapstad tot by Malmesbury wees. Die derde fase is in fases onderverdeel. Eers sal ‘n strook noord van die bestaande Abbots­ dale-afrit tot by die Darling-afrit by Malmesbury gedoen word, en daarna vanaf die Darling-afrit tot by die Hopefield-afrit. Die totale konstruksietyd vir al hierdie fases sal nagenoeg ses jaar beloop, luidens Sanral se inligting. Die inligtingsvergadering in die Malmesburystadsaal op 30 Julie begin om 16:00 met ‘n ope dag, gevolg deur ‘n formele aanbieding van 18:00 tot 19:00.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.