die courant 17 oktober 2012 195

Page 1

courant

gratis

swartland en weskus Uitgawe 195

die

Finalis: Malmesbury Diensverskaffer van die Jaar

tel 022 487 3221

17 Oktober 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

BANDANADAG: Die Christelike Privaatskool op Malmesbury het op Bandanadag hul ondersteuning vir die Sunflower-stigting

ge-wys deur almal bandanas te dra, die skoolhoof Willie Taylor inkluis. Dié Fonds wend al hul geld aan om die baie duur bloedtoetse te befonds vir mense wat graag wil registreer as beenmurgskenkers, maar dit nie kan bekostig nie.

Fokus op landbou bl. 8, 9, 10

Nuwe hoop vir tekstielwerkers ‘n Nuwe klerefabriek op Malmesbury bied weer hoop vir tekstielwerkers van die omgewing, nadat Bonwit sy deure einde Maart vanjaar moes sluit. Destyds het 320 werkers op Malmesbury en die Riebeek-Vallei hul werk verloor, asook 160 mense wat in die Darling-fabriek gewerk het. Will Hilarides, die eienaar van die splinternuwe Cielo Clothing op Malmesbury, bedryf reeds een produksielyn by dié fabriek op die dorp. Die fabriek maak klere vir Foschini en voer tans gesprekke oor klerereekse vir Woolworths. Hilarides beoog om teen volgende Woensdag reeds twee lyne te bedryf en oor twee tot vier weke sal die werk in vyf skofte bedryf word. “Dit beteken ek sal teen volgende week 120 werkers in diens hê, en wanneer al die lyne aan

die gang is, sal ‘n verdere 100 mense hier werk.” Feitlik al die personeellede van die vorige Bonwit-era word nou by Cielo Clothing aangestel. “Die werksmense van Bonwit was baie bekend vir hul uitstekende opleiding en vaardighede, asook die kwaliteitprodukte wat hulle gelewer het. “My senior personeel ken die werkers goed en nou stel ons elke nuwe werker aan volgens sy vaardighede.” Hilarides is ‘n bedryfsingenieur wat voorheen vir Seardel Apparel, die eienaars van Bonwit, gewerk en só met die personeel van Bonwit bekend geraak het. “Ek het die mense se potensiaal goed geken en toe Bonwit sluit, was ek in die ideale posisie om weer hier ‘n fabriek te open.

“Ongelukkig het hope rompslomp gekeer dat ek nie vroeër kon begin nie.” Die Darling-fabriek sou oorspronklik ook deel van Hilarides se produksieproses uitmaak, maar faktore buite sy beheer het ‘n stokkie daarvoor gesteek. Die Darling-aanleg het wel reeds geopen, maar deur ander eienaars. “Dit gebeur selde dat ‘n klein klerefabriek klere maak vir Woolworths en Foschini,” sê Hilarides. “Maar omdat ek vroeër vir 10 jaar by Cape Underwear in die bedryf was, het dié deure nou vir my oopgegaan. “Cielo Clothing fokus hoofsaaklik op vrouedrag, maar ek beoog om nie net op een tipe uitrusting te fokus nie. “Die piekseisoen duur gewoonlik agt

maande, maar ons moet regdeur die jaar kan werk! “Daarom gaan ‘n vennoot aanvanklik met 10 werkers van buite kom om my personeel ook op te lei vir gebreide kleredrag en later ook jasse. “Vir hierdie doel sal 120 masjiene aanvanklik ingespan word en later ‘n verdere 50.” Hilarides en sy vrou met drie kinders verhuis binnekort na Malmesbury. Die personeellede met wie die courant gesels het, is baie opgewonde oor dié nuwe deure wat vir hulle oopgegaan het. “Ons is baie opgewonde!” sê Christolene Arendse, Hilarides se regterhand. “Cielo beteken ‘hemel’in Italiaans, en dit is presies wat dié nuwe kans vir ons almal gaan beteken!”


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.