courant
gratis
Uitgawe 169
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
18 April 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
As deel van Groen Aarde Dag Sondag en Groen Kantoorweek, kyk ons na Groen.
SM wen in Grondwethof
R1,05milj nie vir Swartlanders se sak - Scholtz
Die Swartland Munisipaliteit het verlede week hul gesamentlike saak in die Grondwetlike Hof in Johannesburg teen die nasionale minister van Mineraal en Energiesake en die Kamer van Mynwese gewen. Die Grondwetlike hof se elf regters het eenparig beslis dat die plaaslike regering inderdaad die besluitnemer oor die sonering van grond is. Die toekenning van ‘n mynlisensie deur die minister van Mineraal- en Energiesake neem dus nie die ver-
vertel Scholtz, “ het ek ‘n vergadering met Anton Bredell (die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsake) gehad en hom daarop gewys dat ons eintlik die saak vir die hele provinsie beveg. Daar is toe ooreengekom dat provinsie die kostes in die Hooggeregshof en enige verdere kostes sou dra.” Ná die verkryging van die interdik, het Elsana hulle tot die Appelhof gewend. Intussen was ‘n soortgelyke saak tussen die Stad Kaapstad en Macsand aan die gang. Die Appelhof het besluit om die twee sake saam te voeg. Intussen het Elsana aan die saak onttrek en is dit in 2011 in die Appelhof tussen Swartland, Stad Kaapstad, Wes-Kaap Provinsie aan die een kant en die nasionale minister van Mineraal- en Energiesake, Macsand en die Kamer van Mynwese aan die ander kant verder gevoer. Hier het Swartland en kie weer gewen waarna daar deur die ander partye besluit is om die grondwetlike aspekte van die saak na die Grondwetlike Hof te neem. Dáár het die nasionale Swartland minister van OmgewingMunisipaliteit se sake asook Agri SA aan die bestuurder, Joggie kant van Swartland tot die Scholtz, het gesels oor dié stryd toegetree. Scholtz het aan die couowerheid se sege in die Grondwetlike Hof. rant gesê hy is verheug “omdat ons ‘n saak vir plaaslike regering kon eiste hersonering van grond weg nie. uitmaak en dat dit nie uit die belastingHierdie saak het voortgespruit uit ‘n betalers van die Swartland se sakke belisensie wat die minister in 2009 aan El- fonds word nie”. sana Quarry op die plaas Langekloof buite Die regskostes aan die kant van SwartMalmesbury toegeken het. land beloop sowat R252 000 vir die aanDie eienaars het op regsadveis hul aan- vanklike saak in die hooggeregshof en soek om hersonering laat vaar om graniet ‘n verdere R800 000 vir die Appelhof en te begin myn. Grondwetlike Hof. Swartland Munisipaliteit het ‘n drinOor sy ondervinding in die Grondwetlike gende Interdik in die Kaapse Hooggeregs- Hof in Braamfontein, vertel Scholtz dat dit ‘n hof gekry om die bedrywighede te staak. indrukwekkende plek is en dat die geskie“Ons het tot hierdie stappe besluit om die denis van ons land daar uitgebeeld word. Wes-Kaap Lupo (Land Use Planning Ordo- Ook dat daar vensters op kniehoogte (van nance), ordonnansie 15 van 1985 in stand binne die hof gesien) is om deursigtigheid te hou vir al die plaaslike owerhede in die en toeganklikheid te simboliseer. provinsie.,” verduidelik munisipale beVolgens hom het die vlymskerp regters stuurder, Joggie Scholtz. en veral regter Zak Jacoob se vrae en stel“Met die besluit om regstappe te neem,“ lings groot indruk gemaak.
‘Boesem vertroue in’
Elsana se aansoek om hersonering onlangs goedgekeur Elsana Quarry op die Plaas Langekloof naby Malmesbury het intussen weer hul aansoek om hersonering by die Swartland Munisipaliteit ingedien en die aansoek is verlede maand goedgekeur. Die gevolg daarvan is dat granietgruis
Jacoob, ‘n blinde regter wat reeds sedert 1998 in die Grondwetlike Hof dien, het die voorbeeld gebruik van ‘n skool en hospitaal wat met ’n oop erf geskei word. Indien daar dan minerale ontdek sou word en die minister ken ‘n mynlisensie toe, sou daar gemyn kon word sonder om die belange van die gemeenskap in ag te neem. Soortgelyk. Sou daar diamante op Tafelberg ontdek word, kon ‘n mynlisensie toelaat dat die helfte van die berg weggeneem word. Scholtz het gesê die uitspraak van verlede week bevestig dat die plaaslike owerheid in die belang van die gemeenskap moet optree en die besluitneming daaroor het. “Die uitspraak boesem ook vertroue in dat ons nog steeds ‘n regstaat is en bevestig ook dat die staat nog soewerein is,” het hy bygevoeg. Swartland Munisipaliteit is deur TSP Prokureurs verteenwoordig.
van Elsana nou in die konstruksiewerk aan die Malmesbury-Darlingpad gebruik kan word. Ook met die verbreding van die N7 kan hierdie gruis in die toekoms aangewend word.
Angus Pioniersveiling in beeld
courant
die
2
‘Legacy’ of nie
Sê Corwyn Botha verlede week by die Malmesbury Sakekamer se ledevergadering dat leiers nie net die belangrike mense is nie. Elkeen, oud en jonk, wat voorstelle maak en ander val daarby in, is ook leiers in hul eie reg. Neem die voortou en begin so self skep aan jou (en ander) se bestemming vir môre. As jy die insig kan kry om werklik te besef dat die aarde se hulpbronne onder al groter enorme druk is, maak ‘n verskil. By jou huis en by die werk. Vandeesweek is Groen Kantoorweek. En die naweek is Groen Aarde Dag. Gebruik jou drukker op kantoor of tuis minder. Skakel onnodige ligte af. Draai die kraan toe. Maak ‘n verskil. Gesels vandeesweek met die munisipale bestuurder van Swartland, Joggie Scholtz, oor hul sege in die Grondwetlike Hof teen die nasionale minister van Mineraal en Energiesake. “Weet jy, ons wou ook net ‘n verskil maak en ook ander munisipaliteite help in die kwessie oor mynregte en hersonering en die Lupo (Land Use Planning Ordonance) in die Wes-Kaap.” Daar is tientalle vlakke waar jy ‘n leier kan wees en ‘n verskil kan maak. Daar is natuurlik ook tientalle vlakke waar jy soos ‘n meulsteun net aan die negatiewe kan vasklou en daarop voortbou en dit laat groei soos ‘n miskruier se bol. En wat sal jy (of wie ookal) dan daarby baat? Maak eerder saam ‘n verskil wat môre en oormôre ook nog sal saakmaak. Laat dan ‘n “legacy” na.
courant menings/nuus
18
April 2012
Vroue byeen vir Jesus
Ongeveer 105 vroue het Saterdag bymekaar gekom as Vriendinne vir Jesus op Malmesbury. ‘n Vrolike tent is opgemaak in Karen Rabbets (organiseerder en stigter) se tuin, ‘n intieme samekoms vir vriendinne wat hul liefde vir Jesus en ook mekaar deel. Adri Theron het as gasspreker opgetree en Chane Snyman het haar getuienis kom deel. Elande Pool het die dames toegesing as getuienis. Dit was die derde Vriendinne vir Jesus-geleentheid en elke jaar is dit ‘n groot sukses.
Kontak die courant by 022 487 3221; faks 086 699 6276; epos admin@diecourant.co.za www.diecourant.co.za
dis goeie nuus
deur: Dr. Andrew Bosman
Geloof is Hoop Geloof is hoop, om die dinge wat nie bestaan tot stand te bring. Elke keer wanneer die Here met die volk Israel gepraat het, het Hy hulle hoop gegee. Met ander woorde God het hulle hoop gegee. Wat baat die belofte as die volk nie daarop reageer deur dit in die geloof hulle eie te maak nie? Abraham het God geglo toe hy ‘n belofte ontvang het dat sy nageslag soos die sterre aan die hemel sal wees. Omdat hy geglo het, is dit hom tot geregtigheid gereken. Romeine hoofstuk vier beskryf dat God die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. Hy roep hulle om te bestaan. So het Abraham téén hoop op hoop geglo, dat die belofte van God waar sou word, en dat hy ‘n vader van baie nasies sou word. Geloof is om met ander oë na ‘n probleem te kyk. Ons is geneig om na die omstandighede te kyk, en vasgekeer te raak veral in ons gedagtes, oor alles wat ons kan oorkom. God wil ons seën buite ons verwagting, ons moet besef dat Hy die Bron is.
Ook by die Vriendinne vir Jesus-tee was voor: Anita Kruger, Elsabe Minaar, Amanda de Jager en Eldi Walters. Agter van links is Santa-Marie Walters, Mariata Malherbe en Marina van der Merwe.
Oor die Walters-geslagte heen..... In aanloop tot Moedersdag vroeg in Mei, plaas die courant van nou af foto’s van vier of dalk meer generasies vroue bymekaar. Stuur gerus u foto’s aan admin@ diecourant.co.za vir plasing. Voorsien asb ook die name en ouderdomme van kinders. Die meeste familielede wat op die foto verskyn, moet Swartlanders wees, of hier grootgeword het. Die foto hiernaas is ingestuur deur Selma Walters (regs) saam met haar sussie Freda Walters (links) wat nou in Kaapstad woon en Carien (5) en Marlena (7) is Selma se dogtertjies. By hulle op die foto is Shirley de Flamingh en Maretha Walters, onderskeidelik die ouma en moeder van Selma en Freda.
18 April 2012
courant nuus
3
Hierdie sak doen (wonder)e met die kook van kos
Sakekamer byeen:
By die Malmesbury Sakekamer se ledevergadering verlede week was Corwyn Botha (middel agter) die spreker. Saam met hom is Johan Coetzee, Patrys Bester, Lizl Coetzee, Erik Louw, Martin van der Merwe, Thys Carstens en Jan van Wyk.
Frikkie van Zyl van PPC (links) en Jan Vorster (regs), beide van PPC, was by toe die ’wonderbags’ Vrydag uitgedeel is aan Sanna de Klerk, Anna Brink, Martina Swarts, Annie Thomas en die kleine Chardonnay Farao. Die ‘wonderbag’ het na die Swartland gekom om hier te bly. Dié veeldoelige sak help die eienaar daarvan om elektrisiteit en tyd te spaar en kan soos ’n koelhouer in die somer gebruik word, of kan ‘n stoof se kooktyd drasties verminder. Sodra die pot met bredie, sop of pap vir ongeveer 10 minute kook, word die pot met deksel en al binne die sak, wat met polistereen gevul is, geplaas, waar dit deur die nag of dag verder prut en die inhoud ure later heerlik warm bedien kan word. Goedgedacht Trust, die gemeenskapsgeoriënteerde organisasie buite Riebeek-Kasteel, het ‘n groep dames opgelei om hierdie sakke te vervaardig. Die Swartland Munisipaliteit het later die projek begin ondersteun deur 6 000 sakke te koop en uit te deel vir die deernis-huishoudings in die Swartland, met die doel om huishoudings met ‘n baie klein inkomste, finansiële verligting te bied. Verlede week het PPC buite RiebeekWes hande gevat met die SM deur ‘n verdere R60 000 se ‘wonderbags’ uit te deel aan elke persoon in die Vallei wat sy diensterekening en ID toon. Elke persoon wat ‘n ‘wonderbag’ ontvang, kry ook die nodige inligting oor hoe om dit te gebruik. Nie net spaar die huishouding elektrisiteit nie, die Swartlandse publiek beperk op hierdie manier ook die koolstofvoetspoor van die omgewing. Wonderbag-projek nou by ‘n kruispad Al die mense wat voltyds aan die wonderbags gewerk het, voel deesdae bekommerd oor hul toekoms: Weens
probleme met die bemarking van hul produk, het die huidige eienaar van die wonderbag-projek, hul deure gesluit. “Die oorspronklike uitvinder van dié sakke en het later die hele projek oorgekoop by die Goedgedacht Trust. “Maar ons het nooit die nodige dokumentasie ontvang van die moedermaatskappy af nie,” sê Janice Lane. Hoewel die mense van die Vallei nou eers wakker skrik en die voordele van dié sakke begin besef, het onvoldoende bemarking deur dié organisasie nou die deure van ‘n klompie broodwinners gesluit. “Hierdie vroue is baie bekwaam en het die masjinerie en ‘n klompie materiaal om mee te begin, maar het bestellings dringend nodig,” het Janice aan die courant gesê. “Gelukkig het Annie Templeton (beskermvrou van die Goedgedacht Trust) onderhandel sodat die vroue die industriële naaldwerkmasjiene kon behou, dus kan hulle nou aanhou werk sodra die probleme met die stelsel uitgesorteer is.” Mildred Solomons van Riebeek-Wes huisves tans die industriële naaldwerkmasjiene in haar huis. “Ons werk soos die bestellings inkom. Ons het die kennis en ons wil graag werk. “Ek hoop regtig dat die probleme gou sal uitsorteer. “Want behalwe vir die drie bussies vol werkers wat daagliks na Bonwit op Malmesbury gery het en nou werkloos is, is ons klompie werkers wat daagliks aan die ‘wonderbags’ gewerk het en nou sonder sekuriteit is, baie gretig om te werk!”
Personeellede van Pick n Pay op Malmesbury het gister by die dienspunte van die maatskaplike toelaes, mense vertel van die voordele wat ‘n Smart Shopper-kaart hul kan bied. Alle ontvangers van maatskaplike toelaes kan nou hul volle maatskaplike toelae GRATIS onttrek by alle Pick n Pay winkels vanaf 2 April. Hulle is ook ingelig oor die verdere voordele van die smart shopper-kaart.
Jin Yan Chinese wegneemetes nou in middedorp Malmesbury se Chinese kok, Helen Jin, lê haar vir die laaste drie jaar toe op die voorberei van tradisionele Chinese wegneem-etes. Dit sluit haar gewilde slaaie en rys-, bief- en noedelgeregte in. Nadat Helen voorheen haar winkeldeure in Loedolffstraat moes sluit, en haar geregte vir die afgelope maande by die Deli in die Checkers-sentrum te koop was, het sy pas in Hillstraat, naby die Druiwetros op Malmesbury, haar nuwe winkel geopen. Jin Yan en Swartland Kombuis sal vir eers een lokaal deel, tot voordeel van die kliënt, waar vars vis- en koue-vleisprodukte onder een dak te koop sal wees saam met die groot verskeidenheid Chinese etes, wat Helen vinnig en higiënies voorberei. Benewens geregte soos Egg Prawns Fried Rice, Vegetable Chow Mein, Si Chuan Beef (Hot) en ‘n groot verskeidenheid gewilde slaaie,
Promosie
(Spek/Spek en Eier/ Spek en feta-kaas/ hoender met eiers en hoender-feta), is koeldranke, pasteie en ander bederfhappies ook daar te koop teen uiters billike pryse. Helen is nog nie so vlot in Engels nie, daarom word kliënte wat inbel, aangeraai om slegs die basiese produknaam, die hoeveelheid en die grootte van die gereg te noem. Helen lewer produkte in die sentrale sakekern af. Spyskaarte met pryse vir klein/medium/groot-porsies is by die winkel beskikbaar. Skakel gerus Jin Yan Take Aways (022-487 2740/084 402 3593) of besoek dié vriendelike sjef op weeksdae vanaf 10:00 tot 19:00 en Saterdae 9:00 tot 17:00.
4
courant nuus
18 April 2012
Lions Malmesbury hou jaarlikse potjiekos
Lig die glasie op 25: Kontreispens, met sy kenmerkende interieur,
het pas sy 25ste bestaansjaar gevier. Om dit te herdenk, het diegene wat oorspronklik hierby betrokke was, dit saam gevier. Die oorspronklike stigter, Jeanette Slabber (agter), staan langs Naomi Basson, wat rekords losbak met haar melkterte en ook gereeld vir Kontreispens bak. Voor sit van die oorspronklike werkers, Anna le Fleur, Maggie Baadjies en Bertha de Klerk. Kontreispens is ingerig in die oorspronklike ‘Kontantwinkel’ van die ou Handelshuis.
M’Bury Lions maak Pot
Malmesbury se Lionsklub het Saterdag ‘n potjiekosdag by die skougronde op dié dorp aangebied. Die dag wat saamgeval het met ‘n groot sportdag van die Christelike Privaatskool Malmesbury, ‘n plaasmark en die go-karts van die middag. Dit het tot ‘n baie feestelike atmosfeer bygedra.
Oes-af:
Die jaarlikse oesafdag is weer Vr ydagmiddag by Stefan (Patat) Basson (regs) buite Malmesbury gehou. Die manne het heerlik gekuier en ook veral weggelê aan die groot afvalpot, skaapharsings en eiers asook watertand gebraaide vleis. Bo: Gerhard Bester, Hannes Fullard, Cobus van der Merwe, Koos O’Kennedy en Joe Slabber het die gewilde geleentheid meegemaak en saamgekuier.
TSPcourant promosie
18 April 2012
Blootstelling aan Grondwetlike hof Om die Swartland Munisipaliteit in die Grondwetlike Hof te verteenwoordig, was ‘n groot voorreg wat baie prokureurs nooit beskore is nie. Só vertel Jean Pieters van Terblanche Slabber Pieters prokureurs op Malmesbury oor sy ondervinding vroeër vanjaar in dié hoogste hof van Suid-Afrika. Die Grondwetlike Hof het verlede week in die guns van die Swartland Munisipaliteit en ander beslis dat ‘n lisensie om te myn van die minister van Mineraal en Energiesake nie die
5
By Terblanche Slabber Pieters is Kundigheid in Regspleging ons Strewe » Stephan Terblanche
in die Appèlhof is die saak saamgevoeg met dié tussen die Stad Kaapstad en Macsand. Elsana het onttrek en die saak is verder gevoer met die minister van Mineraal en Energiesake, Kamer van Mynwese en Macsand aan die een kant teen Swartland Munisipaliteit, Stad Kaapstad en Wes-Kaap Provinsie. Toe die appèl misluk, is die grondwetlike aspekte van die saak na die Grondwetlike hof geneem waar die Minister van Omgewingsake asook Agri SA tot die saak toegetree het.
» Notariële werk » Aktebesorging » Eiendomsontwikkeling » Munisipale Reg » Trustreg » Kommersiële- & Privaatkontrakte
» Jean Pieters
» Cobus Slabber
» Hooggeregshof Litigasie » Likwidasies & Sekwestrasie
» Aktebesorging
» Rehabilitasies
» Boedeladministrasie
» Egskeidings
» Boedelbeplanning & Testamente » Trustreg
» Finansiële Risikobestuur
noodsaaklikheid om die grond te hersoneer wegneem nie. Pieters vertel dat die Grondwetlike Hof in Braamfontein, Johannesburg vir hom ‘n baie indrukwekkende gebou is en dat mens die emosie ervaar van ‘n baie spesiale plek waar die grondwet gehandhaaf word. Daar is naas die elf regters, elkeen se klerke en ‘n groot groep navorsers wat help om dié hoogste hof van gesag se ratte goed geolie te laat draai. Die saak het begin toe die Swartland Munisipaliteit ‘n interdik in die Kaapse Hooggeregshof verkry het om mynbedrywighede van Elsana Quarry op die Plaas Langekloof te staak nadat die minister van Mineraal- en Energiesake in 2009 ‘n mynlisensie toegeken het. Die saak is toe op appèl geneem en
» Kommersiële Litigasie
» Kommersiële- & Privaatkontrakte
Die Swartland Munisipaliteit is verteenwoordig deur advokaat John Newdigate SC en Pieter Viviers. Pieters vertel dat hierdie volgens hom ‘n belangrike saak was vir plaaslike owerhede ten einde te verseker dat wat mynboubedrywighede betref die plaaslike owerheid steeds die bevoegdheid behou om oor hul eie ruimtelike beplanning te besluit. Die elf regters het verlede week eenparig beslis in die guns van Swartland Munisipaliteit. “Alhoewel ons deurentyd oortuig was dat ons interpretasie van die relevante wetgewing korrek was, is ons uiteraard verheug oor die uitspraak en dankbaar vir die voorreg om die Swartland Munisipaliteit en sy inwoners van diens te kon wees.
Die kundige TSP-span sluit ook in Kandidaatprokureurs » Nicolene van der Merwe » Hein Gonzales & Prokureurs » Heleene Steenkamp » Marguerite Marais
Terblanche Slabber Pieters Terblanche Slabber Pieters, aanvanklik bekend as H A Groenewald & Schoeman, het ontstaan op 1 Mei 1972 vanuit mnre. Paul Schoeman en André Groenewaldt se besondere voorkeur vir die regte. Dié twee prokureurs het verskeie jare saamgewerk en ook toegesien tot die lê van die uiterse sterk fondamente van die firma wat bygedra het tot die voortbestaan van die praktyk
tot vandag toe. Standvastigheid is ‘n tradisie by hierdie firma en die huidige vennote praktiseer ook alreeds 15 jaar saam. Beide Stephan Terblanche en Cobus Slabber het hulle loopbane as prokureurs hier begin toe hulle as kandidaatprokureurs by die firma aangesluit het - Stephan in 1986 en Cobus in 1994. Jean Pieters, wie sy klerkskap by Van der Spuy & Vennote voltooi het, het daar
Die ondersteuningspersoneel by TSP wat altyd gereed is om kliënte te help.
Sedert 1 Mei 1972
vier 40 jaar van Diens
asook in Mosselbaai gewerk as prokureur tot hy in 1997 by die firma - toe bekend as Groenewaldt Schoeman en Terblanche - aangesluit het. In 2002 het die besigheid verskuif na sy huidige adres in ‘n geskiedkundige ou gebou in Truterstraat en is die naam ook verander na Terblanche Slabber Pieters om die nuwe geslag vennote se identiteit te reflekteer. Mettertyd het die firma in die algemeen bekend geword as TSP Prokureurs. “TSP het ontwikkel van ‘n klein praktyk na ‘n vooraanstaande en ondernemende praktyk wat op bepaalde gebiede van die reg spesialiseer en daarna streef om ‘n
uitmuntende professionele diens aan ons kliënte te lewer,” aldus die vennote. “Ons werk baie nou met mekaar saam om te verseker dat daar aan al ons kliënte se behoeftes voorsien kan word. “By TSP lewer ons dienste aan kommersiële- en finansiële instellings, plaaslike owerhede, ontwikkelaars, boere, sakemanne asook aan privaat individue. “Ons praktyk streef daarna om ten alle tye uitmuntende diens aan ons kliënte te lewer en sodoende verseker ons dat kliënte terugkeer.”
courant nuus
6
18 April 2012
Praat kopstukke vir ’n stortvloed besparings Skakel oor na ’n energiedoeltreffende stortkopstuk en bespaar elke maand aan water, elektrisiteit en koste! Waterverhitting is die grootste elektrisiteitsuitgawe — ’n hele 39% van die maandelikse elektrisiteits rekening — vir die gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding. Dit kom neer op hoe meer warm water jy gebruik, hoe meer kos dit jou.
Tog is daar heelwat wenke en maniere wat jou kan help om die angel uit daardie elektrisiteitsrekening te haal. Die twee eenvoudigste wenke, sowel goedkoop as doeltreffend om warmwaterverbruik te sny, is: - Stort eerder as om te bad. - Installeer ’n waterdoeltreffende stortkopstuk vir algehele water- en energiebesparing.
Knip-en-hou Kontrolelys vir nog meer energiebesparing: • Skakel oor na sonwaterverhitting. Dit verklein jou koolstofafdruk op die planeet en help ook om die omgewing te bewaar. • Gebruik die wasbakprop en beperk die hoeveelheid warm water wat jy gebruik. • Onthou om net die regte hoeveelheid water vir daardie koppie oggendkoffie of -tee te kook. • Haal die voedsel vir aandete uit die vrieskas en laat dit in die yskas ontdooi. Só hoef jy dan nie later die mikrogolfoond vir ontvriesing te gebruik nie. • Ontprop jou selfoonherlaaier voor jy die huis verlaat! Dit trek krag selfs al is jou foon nie ingeprop nie. • Wees slim met kos maak - gebruik deksels
en maak seker dat die pot of pan se boom die stoofplaat heeltemal bedek. • Kook in die mikrogolfoond net wanneer jy kan — dis die mees doeltreffende kooktoestel. • Laat staan die lugversorger en maak eerder ’n venster oop vir ’n vars briesie. • Onthou om jou geiser aan te skakel voordat jy gaan slaap en dit weer af te skakel voordat jy werk toe gaan. • Indien jy ’n elektriese geiser het, stort dan soggens warm en gou. Só help jy die las van oggendspitstyd verlig en bespaar boonop water. • Laat installeer ’n tweefase-spoelstelsel in jou toilet — dan word die hele opvangbak nie na elke spoeling hervul nie.
Hou in gedagte dat Suid-Afrika ’n waterarm land is met ’n gemiddelde nasionale reënval ver onder die internasionale gemiddelde. Daarom is ons water ’n skaars en kosbare hulpbron wat deur almal van ons moet word bewaar. V: Wat is ’n energie- en waterbesparende stortkopstuk? A: ’n Energie- en waterbesparende kopstuk verminder die vloeitempo van water gewoonlik tot laer as 10l/min. Dit is vergeleke met ’n gewone stortkopstuk met ’n vloeitempo van tussen 15l/min en 20l/min. V: Hoe weet ek of my kopstuk energie en water kan bespaar? A: Stel dit vinnig vas deur ’n 2l beker te hou onder die stortkopstuk, met die kraan vol oopgedraai, en bepaal dan hoe lank dit neem om die beker te vul. Indien dit minder as 12 sekondes duur, is jou kopstuk nie energiedoeltreffend nie. Neem dit langer as 12 sekondes om die beker te vul, gebruik jy wel ’n energie- en waterbesparende stortkopstuk. V: Hoeveel kan ek werklik bespaar met ’n energie- en waterdoeltreffende stortkopstuk? A: Met die gebruik van ’n energiedoeltreffende stortkopstuk, jou geiser teen 60ºC gestel en ’n goustortperiode van 7 minute, bespaar jy omtrent 35l water met elke stortbad. Vir ’n huishouding met gemiddeld drie stortbaddens van 7 minute elk daagliks, beteken dit ‘n besparing van nagenoeg R200 per jaar. Voeg daarby die energiebesparing van 38 000l onverhitte water, en jy steek ’n verdere R540 per jaar in jou sak.
V: Hoeveel kos dit om gewone kopstukke met energie- en waterbesparende stortkopstukke te vervang? A: Energie- en waterbesparende stortkopstukke kan van R80 tot R400 kos, want die prys word deur die materiaal bepaal. Plastiekstortkopstukke is gewoonlik goedkoper en net so doeltreffend soos dié van vlekvrye staal, maar is dalk minder duursaam en verouder maklik. Gegrond op die potensiële kostebesparing van ’n energiedoeltreffende stortkopstuk, behoort dié belegging se koste binne ongeveer 5 maande gedelg te word. V: Sal ek net so lekker stort met ’n energiedoeltreffende stortkopstuk? A: Baie van ons sien uit na ’n stortbad. Hier by Eskom het ons gevind dat selfs ’n stortkopstuk met ’n vloeitempo van 8l/min net so ’n bevredigende stortbad as ’n gewone kopstuk bied. Die enigste faktor wat werklik die vloeitempo kan beïnvloed, is die waterdruk van jou geiser. Dit moet verkieslik meer as 1 bar wees. V: Wat is die verskil tussen belugte en vrystraal- stortkopstukke? A: Belugte stortkopstukke vermeng water met lug om ’n missproei te vorm, terwyl vrystraal-stortkopstukke individuele waterstrale vorm. Albei soorte kan energie- en waterdoeltreffend wees. Onthou, ons moet almal saamwerk om energiebewustheid te verhoog en die nasionale energie- en watertekort op elke denkbare manier te bowe te kom. Vir nog maklike en vindingryke energiebesparende wenke, besoek gerus www.eskom.co.za/idm.
Nasionale Groen Kantoorweek Plaaslike besighede deel hulle idees en vertel van projekte
Terwyl Suid-Afrika vandeesweek aan Groen Kantoorweek deelneem tot Vrydag toe, het die courant organisasies in die Swartland gepols oor hoe hulle op kantoor daarna streef om die groen koolstof-voetspoor te beperk:
PPC
1. Volgens Frikkie van Zyl, Bestuurder van PPC buite Riebeek-Wes, is dié firma tans besig met die aanplant van rye en rye spekbome wat hulle by die Goedgedacht Trust buite Riebeek-Kasteel aankoop. Spekbome (Elephant Food – omdat olifante die boonste jong lote eet, wat daartoe lei dat die plant horisontaal uitsprei) is immergroen en het die vermoë om groot hoeveelhede koolstofdioksied uit die atmosfeer te neem en dit te omskep in suurstof. Een hektaar spekbome kan koolstofdioksied omskakel tot 4,2 t suurstof per jaar. 2. Verder het PPC ‘n beginsel-besluit geneem om ‘n sekere stuk renosterveld op hul perseel te bewaar vir die nageslag. Renosterveld is die tipiese plantegroei van die Swartland en word al meer deur ontwikkeling bedreig. 3. “Indringerhout word ook op die PPC-perseel afgekap en verkoop”, het Van Zyl oor PPC se volgehoue groen aanslag gesê.
De Fynne Nursery
Jacky Goliath, vanjaar se wenner van die nasionale toekenning as beste vroulike kommersiële entrepreneur en ‘n boorling van Abbotsdale buite Malmesbury, bedryf tans haar eie onderneming buite Stellenbosch, De Fynne Nursery. Oor haar maatskappy se groen riglyne, is sy baie ferm: “Mense moet daarna streef om die natuurlike bronne so ver moontlik te beskerm!” 1. De Fynne Nursery se grootste besparing lê in hul tonnels, waar die elektriese verwarmingskabels vervang is met ‘n water-verhittingspomp wat die water wat onder die grond sirkuleer, verhit. “Dit het die elektrisiteitsverbruik drasties laat afneem”, sê Jacky. 2. De Fynne Nursery gebruik so ver moontlik organiese bemesting, swam-
doders en insekdoders. 3. Water-slim plante (fynbos) word aanbeveel en ons plak water-slim ‘stickers’ op ons plante, wat die kliënt ‘n aanduiding gee watter plante minder water benodig. 4. De Fynne Nursery gebruik dieselfde grond herhaaldelik deur dit gereeld te behandel en verryk. 5. H e r winning vorm deel van dié kwekery se elkedagse werkswyse. 6. “ O n s plant die meeste van die plante in bio-afbreekbare houers. Daar is dus geen plastiek betrokke wanneer tuiniers hul bome of plante aankoop nie,” het Jacky aan die courant gesê.
By die Swartland Munisipaliteit (SM) word die ‘Gaan Groen en Wen’-projek vandeesweek aan die publiek bekendgestel. “Met dié projek word die publiek
aangemoedig om hul rekeninge elektronies te ontvang en elektronies te betaal,” sê Kenny Cooper, finansiële direkteur van die SM. “As 50% van Swartlandse inwoners nou hul rekeninge elektronies begin betaal, sal die SM vir jare lank spaar aan papier, drukkoste en seëls, en uiteindelik bevoordeel dit elke inwoner van die Swartland. “Elektroniese betaling is baie veiliger, verminder spanning en lang rye, en hoewel dit ook ‘n effense bankkoste kan meebring, is elke vorm van betaling gekoppel aan uitgawes,” sê Cooper. Dié nuwe stelsel word gekoppel aan ‘n kompetisie, waar ‘n BlackBerry selfoon gewen kan word deur ‘n Laerskoolkind wat die meegaande inkleurprent voltooi en instuur, of ‘n Junior Stadsraadslid wat die meeste vorms voltooid terugbring. Verder staan kliënte wat oorgaan op die elektroniese stelsel, ‘n kans om R3 000, R2 000 of R1 000 te wen. Hierdie kompetisie strek oor een jaar. Omdat die vorms wat voltooi moet word vir die SM ook inligting oor die selfoon- en e-posadresse vra, kan die SM ‘n beter databasis van meer inwoners se selfoon- en e-posadresse opbou. “Dit sal dadelik die kommunikasie vanaf die SM na hul kliënte ook kan verbeter,” verklaar Cooper.
courant nuus
18 April 2012
7
7
super besparingswenke vir die huis gebru
ik natuurlike
lig w an
ne
nie g
Geb
ge no
nodig is op
een
sl a
g.
ne t
ruik minder warm
kop installeer . stort de en eff ltr
eg
at as w ter a w
Koo k
oe
ligte wat jy
e-d
ie kel d Ska
e
s bad en laat ‘n ene rgi
wa ter .S t
t or
er a erd
, nie
en af,
tlik. on mo er
eb ru ik
Jou hart is by jou huis – en jy kan met hart en siel elektrisiteit bespaar deur hierdie maklike wenke te volg! Verminder jou elektrisiteitsverbruik en moedig jou gesin en al jou vriende aan om wys te word oor kragverbruik.
2
1 3
).
v
de
ri kamertemper atu u
4
7
es energie-doeltre We f fe
e CFL- lampe
n re ken aa
end
V, DVD e
a
loeilampe na jou g ene rgi ed
eff ltr
6
r ve
nd
en
u . ier
uT kel jo S ka
pe l jo
er nd
oe
r
ar. ie
laa
a
yd fb
knoppie en ontko krag p
na son-ene rgie e ns pa
Jou geiser m aak
el oor k ak –s
u die Ho
uit
40 %
gra
nd i
So
elikse elektrisitei tsv aand m e rb ou j ru n i a
k
e
ue Go
ussen 18 en 2 ne (t 2
5
www.eskom.co.za/idm
8
courant nuus
18 April 2012
18 April 2012
courant nuus
Hierdie skaakspelers van Laerskool Swartland is in die Wes-Boland skaakspan wat Saterdag in Ceres aan die Boland-proewe gaan deelneem. Hulle is Agter: Kyle van Wyk en Christiaan Swanepoel. voor is Christiaan Kriel, Anke Claassen en Janke Coetzee. Anke Claassen en Christiaan Kriel, gesoute skaakspelers van Laerskool Swartland, het die vakansie aan die SA junior geslote skaakkampioenskap in Pretoria deelgeneem. Die kompetisie was baie straf, want die topspelers van elke ouderdomsgroep in die land het teen mekaar gespeel. Christiaan het veertiende geëindig en Anke tiende. Anke is ook genooi na die WP geslote proewe op 4 en 5 Mei, vir moontlike verdere deelname aan die SA junior skaakkampioenskap. LINKS: Emma Louw (o.13) van Laerskool Swartland het negende geëindig met spiesgooi by die Suid-Afikaanse kampioenskapsbyeenkoms in Durban.
9
Dié leerders van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het Saterdag deelgeneem aan Wes-Boland skaakproewe op Moorreesburg. Voor is: Elmar Smit, Caitlin Matthews, Anja Nel, Jacolize van Niekerk. Tweede ry: Christiaan Bester, Emiel Smit, Marko Nel, Enro Rust, Herman Hartung, Juan Kitshoff.Derde ry: Dirkie Bester, PW van Heerden, Luca de Haan, Christiaan Mostert. Agter: Wouter Bester, Nicol Hanekom, Frederick Louw, Dewald Kupke, Lee-Marvin van Aarde en Gerhard Bester. Agttien Dirkie Uysspelers gaan op 21 April aan die Boland skaakproewe op Ceres deelneem. Van die spelers het ook medaljes ontvang by die Wes-Boland skaakproewe: Elmar Smit, Caitlin Matthews, Anja Nel, Christiaan Bester, Marko Nel, Juan Kitshoff, Dirk Bester, PW van Heerden, Christiaan Mostert, Wouter Bester, Nicol Hanekom, Frederick Louw, Dewald Kupke, Lee-Marvin van Aarde en Gerhard Bester, Mikael de Haan, Mendall Marais en Enrique Marais.
Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het weer die Feesbeker vir die beste en aanskoulikste rugby gewen by die Tony Stoops-toernooi vroeër vandeesmaand, nadat dié span dit ook in 2011 gewen het. Jason Marcus (nr. 12), Flippie Jacobs (nr. 9) en Pierre du Preez (nr. 7) het die Tony Stoops-span gehaal. Jason Marcus is op die Maandag van die toernooi as die agterspeler van die dag aangewys. Hoërskool Dirkie Uys se ander uitslae vir die week was: HDU wen vir Otto du Plessis (Oos-Kaap) 20 – 13 / HDU wen vir HS Tygerberg (Wes-Kaap) 21 – 17 / HDU wen vir Pearston (Oos-Kaap) 26 – 12. Op die foto hiernaas is die eerste span van Hoërskool Dirkie Uys, saam met Stephan Basson en Johan Jacobs, afrigters.
courant courant wat gebeur
10
18 April 2012
Sudoku 169 Sudoku 168 antwoord
die courant April
Wen kaartjies na vanjaar se Kaasfees Twee gelukkige lesers staan ‘n kans om dubbelkaartjies te wen vir die Kaasfees wat van 27 tot 30 April op Sandringham naby Koelenhof plaasvind. SMS jou naam, dorp en jou antwoord op die vraag teen Dinsdag 24 April na 084 8333 813 om in aanmerking te kom vir hierdie prys. Vraag: Naby watter Bolandse dorp vind die Kaasfees vanjaar plaas? Kallie Kriel op Malmesbury 19 April - Die Malmesbury Landbouvereniging hou hul algemene jaarvergadering om 19:00 by die Kaap Agri Ledesaal op Malmesbury. Die spreker is Kallie Kriel - ‘Doeners skryf die geskiedenis’. Lize Beekman by De Bron Klein-teater 20 April 2012- Bekende en gewilde sanger Lize Beekman tree op by die De Bron Klein Teater. Gaste kan van19:00 gesellig verkeer, eet en kuier om die tafels terwyl die vertoning om 20:00 begin. Koste: R100pp - Bring eie eet en drinkgoed saam Tafels van 4 of 6 kan bespreek word. Kontak nr: Tel: 022-4872000 - M4 EventsTrap vir die diere 21 April - Kom maak jul litte los vir 10 minute by Janno’s van 07:00 tot 15:00 - trapfiets of Swingball of tafeltennis. Gee ‘n R50-donasie vir die Darling SPCA en geniet 10 minute op enige van dié apparate. Enige tweedehandse komberse, klere of toebehore is ook welkom. Skakel René vir navrae: 082 773 9621/rene@bossies.co.za
kalender AGS Corpus Christi-gemeente 22 April - Die AGS Corpus Christi-gemeente op Malmesbury bied hul oggenddiens om 09:30 aan, met die prediker: Dr. Lemmer du Plessis. Die aanddiens om 18:30 word ook gelei deur Dr. Lemmer du Plessis. Aanddienste op Maandag- en Dinsdagaand om 19:00 word ook deur Dr. Lemmer du Plessis gehou. Navrae: 073 447 2902.
Lize Beekman Vrydagaand op Malmesbury
Kunsuitstalling op Riebeek 26 April tot 1 Mei - Kunsuitstalling met geestelike strekking en boodskap in die kerksaal van Riebeek-Kasteel. Skakel die Kerkkantoor met navrae. Bootsale op Moorreesburg 28 April - Moorreesburg-/Koringberg Toerisme reël ‘n ‘bootsale’/markdag by die museum-terrein op Moorreesburg om 08:00 tot 14:00. Die inskrywingsfooi is R30. Kontak Annelize @ 022 433 1072 / 082 574 0357 moorreesburg@westc.co.za Volle Evangelie kerk 29 April - Die Volle Evangelie kerk in Freesiastraat, Malmesbury, hou ‘n dankseggingsdiens om 10:00 met pastoor Graeme Taff as prediker. Pastoor Andrew Mesani se 10 jaar in die gemeente word daardie dag gedenk. Skakel die kerkkantoor (022-4864498) vir navrae, of pastoor Mesani by 082 5000 513. Volwasse Onderrig Die Malmesbury Volwasse Onderrigsentrum (Mavos) nooi almal wat graag wil leer lees en skryf tot op gr. 10-vlak, uit om te registreer en aan te sluit by die klasse wat in Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury aangebied word. Daar is ook klasse in die Riebeek-Vallei, Abbotsdale en Chatsworth. Klasse duur van 19:00 tot 21:00 - bring slegs u ID-boekie saam. Skakel Trisha Worship by 07222 55090 met u navrae.
Lize Beekman tree Vrydag die 20ste April op by die De Bron Klein Teater op Malmesbury. Onder dié gewilde kunstenaar se liedjies tel Draadkar oor die see; Sonneblom uit Betlehem en Die Rynrivier en Jy. Bring jou eie eet- en drinkgoed en kom kuier om ‘n tafel saam met vriende. Kaartjies (@ R100) vir Lize Beekman is beskikbaar en besprekings kan gedoen word by 022 4872000.
Wenner van CD
Die CD ‘Iets Beters’ wat deur die AGS Corpus Christi op Malmesbury geskenk is vir een gelukkige leser, is gewen deur Rosaline Abrahams van Kalbaskraal. Dié CD kan vanaf Donderdag by die kantoor van die courant afgehaal word, in Hugenotestraat 24.
courant courant kos en nuus
18 April 2012
11
Cherry Lane in Hugenotestraat op Malmesbury het hierdie week se heerlike Kalamata Olyfbrood voorberei. Besoek hulle vir heerlike etes, ‘n unieke ervaring met koffie en vele meer.
Kalamata Olyfbrood
In die gees van die komende Oly ffees
Micke Smit en Jana Relihan van Laerskool Swartland het uitstekend presteer by die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskap in Kimberley. Micke (onder 13) het ‘n brons-medalje ontvang en Jana (onder 11) het sesde geëindig. Mariaan Malan (personeellid van die Laerskool) het derde gekom in die veterane-afdeling by dieselfde byeenkoms.
HSS laat water spat
1 voorafbereide brooddeeg 250g Kalamata olywe – ontpit Takkie roosmaryn 15ml growwe sout 10ml olyfolie
Rol deeg in ‘n worsie-vorm op. Smeer met olyfolie, druk takkies roosmaryn blaartjies boop en besprinkel met sout. Laat dit rys. Bak vir 20 minute teen 180°C of Druk deeg in ‘n reghoek op ‘n tot goudbruin en dit hol klink. bakplaat. Smeer weer met olyfolie vir ‘n Strooi olywe en bietjie roos- mooi glans. maryn blaartjies (indien ver- Bedien met goeie olyfolie, dukkies) oor. kah en ‘n glas rooiwyn.
Die volgende swemmers van Hoërskool Swartland het by die Suidwestelike Distrikte Uitnodigingsgala op George medaljes ontvang.Van links na regs: Niel van Zyl (1 silwer), Marius Nell (1 silwer), Hanru du Plessis (2 silwer en 2 brons), SJ Steyn (1 silwer en 3 brons), Marné Walters (4 goud en 1 brons), Hendrik Nell (1 silwer en 3 brons), Annelet van Heerden (5 goud en 1 brons), Jaco Schade (1 silwer), Renelda Scholtz (6 goud), Zandré van Heerden (1 silwer en 2 brons). Voor sit Karla Smit (links)(4 goud en 1 silwer) en Heike du Plessis (regs)(1brons). Afwesig : Gervin Rossouw (1 silwer)
12
johan viljoen
sit voet in die hoek
As Amanda Strydom haar Rit deur die Lang Karoo begin sing, staan dié streek op ... Karoo - nie met die meeste mense nie en ook nie met massas wat daarheen stroom nie. Nog minder met ‘n leë gedoef-doef soos die hedendaagse gunsteling musiek. Maar in die Karoo is tyd tyd en mense mense. Hulle waardeer dít wat elders (vir so lank daar nog is, bygesê) uit die krane stroom en van Eskom af by jou skakelaar kranig wag om na die lig of TV-stel te vloei. Kerse en donkies (twee tipes), boerekos soos pampoenpoffertjies en wildsboud met spek gestop, boerbeskuit en kaas met koffie in ‘n blikbeker (dis die ideaal), die wind wat die water bring, die son wat die batterye laai en die selfone wat ... net searching for network. Ongerep en mooi. Oorspronklik in KLIPPE getooi. Grondpaaie en klipmure - verlate klipruïnes- klipbanke en klipkoppies. Waar klippe groei en droë (klip)rivierlope die storie vertel van die waters van gister. Die vullislorrie kom nie elke Donderdag verby
18 April 2012 courant motors Karoo, sy mense, klip en die Captiva-erváring
geval gesê die spoed moet 120 (of vir baie 140 plus) km per uur wees. G’n wonder nie. Daar is tyd, tyd vir mekaar en tyd om by die verbyjaagplekke stil te staan. Juwele lê lángs die groot pad (maar flits verby as jy na die volgende bestemming jaag). Op die N1 by Leeu Gamka het ons weggedraai en nog 20 km verder die teerpad verlaat. En tóé eers is ons gedwing om stadiger te ry en toe eers het die Karoo begin praat (al was dit al laat). Hoekom sal hy met jou praat as jy nie in dolle gejaag amper anderkant toe kyk terwyl jy napunt B haas. Aangename verrassing het ek gedink.
Dit was aand en die huis se 12V-liggies was flouerig (of so het dit gevoel vir ons geoefende dorpsoë wat nou met die bus se ligte gery het.) Johan en Hennesie Swanepoel het ons met nie - wat jy wil weggooi, moet jyself weggooi. Dan dink jy twee keer en gebruik wat jy kan. Dan is 12v-ligte in die aand skerp genoeg en is die water in die bad net ‘n paar sentimeter vlakker. Daar is die naaste winkel nie net vyf minute ver nie en word die ryding se sleutel nie vir elke bakatel gedraai nie. Stadiger. Die Karoo is stadiger. Wie het in elk
‘n Paar feite van belang:
Chevrolet Captiva 2.2D AWD LTZ 4 silinder Krag: 135kW @ 3 800 r/min Wringkrag: 400Nm @ 2 000 r/min Verplasingsinhoud: 2231 cm3 6-spoed Outomaties
OPE ARMS ontvang. Dit was volmaan, maar vir van die kinders was dit te donker. Die vuur is toe aangesteek (nie vooraf onnodig hout opgebrand vir niks nie). Tot ou nag gekuier - soos elke aand daarna in die stilte van die Karoo. Weg van die grootpad met skerp brieke wat ons tot stilstand gedwing het. In die oggend met die eerste kyk in ligdag was dit skoon - die blou lug blouer as by ons en die oggendlug so fris as wat jy hom kan kry. Ons het vandeesweek met ‘n vars Captiva 2.2 Turbodiesel All Wheel Drive Outomaties LTZ van Perdeberg Motos op Malmesbury gery.
Nie dat daar fout is met die baadjie nie, inteendeel. Eintlik ‘n mooi voertuig. Daar is net baie om te ontdek. Hierdie is werklik ‘n voertuig om te ervaar. Laat ons begin. Hy (sy as jy wil) het sewe sitplekke - twee daarvan staan baie maklik in die bagasieruim op. Sondak wat heeltemal oopskuif, dakreëlings, Kragstuur, diepte- en hoogteverstelbare stuurwiel, klimaatbeheer lugverkoeler, elektriese vensters voor en agter, elektriese wegvoukantspieëls, outomatiese ligte en reën sensitiewe ruitveërs, leerbekleedsel en bagasienet, parkeersensors agter, en elektries verstelbare bestuurdersitplek, sonbrilkassie in die dak, en verligte spieël in sonskerms van beide bestuurder en passasier. Ritrekenaar, buite temperatuur en bluetoothtelefoon-versoenbare MP-3 Cd Speler met AUXsok wat als beheer kan word vanaf die stuurwiel soos ook die spoedbeheer. Vriend sê altyd: Geloof, Hoop en Liefde, maar die grootste daarvan in Cashflow. Wel, met al hierdie spesifikasies, kan ek sê die grootste daarvan is rygerief. Hy is nie traag as jou voet sak nie, maar die brandstofkeel sluk nogtans spaarsamig uit daardie 65l-tenk. Die nuwe outomiese 6-spoedratkas is perfek ontwerp om te gee, as hy moet maar ook daardie toere maklik met 1500 te laat sak as as jy op jou spoed kom. Oordrywing? Wel dié het ek in die Karoo nie ervaar nie, en om te sê hierdie is ‘n klas vuurwa
En soos die Karoo is hierdie vuurwa ook vol verrassings. As die ingelse praat van don’t judge a book by it’s cover, is die baadjie die laaste ding waarop jy ook die Captiva moet takseer.
Lengte: 4,673m - Breedte: 1,868m Hoogte: 1,756m ABS remme met EBD Brandstoftenk 65 l Diensintervalle: 15 000 km 5 jaar/120 000km waarborg Prys: R427 500
wat het wat jy soek, is ook nie. Maak tyd vir die Captiva (en die Karoo) Gaan trek hom maar uit daar by Perdeberg en sien vir jouself. Hy het ons na ‘n paar plekke geneem. Angus steak by die Pioniersveiling op Moorreesburg. Wat meer kan ons sê? En by Ed’s Diner op Riebeek was die seekosbord Vrydagaand saam met goeie vriende ‘n wenner. Wel, cheers tot die wiele weer rol.
18 April 2012
courant promosie
Salon de Bron word 10 ... en brei uit na Moorreesburg
“Min mense weet wat hulle Godgegewe tal- Nette by Anita oorgeneem: “Trendsetters is gebore met ’n personeel van ent en doel op die aarde is. Dit is hoekom baie mense ongelukkig is in hul werk en lewens. Ek vier. ‘n Span is altyd beter as ‘n individu: Wyer is geseënd om my passie, liefde en doel uit te blootstelling en groter visie, beter dienslewering kan net tot die bedryf en kliënte se voorleef.” Só gesels Irma de Jager, reeds vir 10 jaar die deel wees. “My span is hoogs opgelei en is wonderlike eienaar van Salon de Bron op Malmesbury. kollegas om mee “Ek het aan saam te werk. Bloemhof op StelOns vertrou melenbosch gematrikaar en deel in kuleer, en dadelik mekaar se liefde met opleiding been leed en dit gin.” is als deel van Nou, ‘n klompie sukses, iemand jare later, het Irma dryf die idée, vragte kwalifikasies maar die span en ondervinding maak of breek dit. agter die rug. “Ons werk met Na haar drie die beste produkkinders van die te en maatskaphand af was, het pye wat goeie Irma in 2001 Salon opleiding en De Bron op Maldiens gee sodat mesbury begin met ons vir jou, die ‘n personeel van kliënt die beste drie. kan bied. “Ons is tans ‘n “In vandag se span van 12 by Sagejaagde lewe lon De Bron. Opleiwil ons daardie ding is vir my baie tydjie in die salon belangrik en ek het ontspanne maak reeds 12 suksesvol g e k w a l i f i s e e r d e Eienaar Irma de Jager sê sonder spanwerk is niks en die kliënt soos haarkapsters in die moontlik nie. Haar hoogs gekwalifiseerde perso- ‘one million dolmark geplaas. My neel by Trendsetters op Moorreesburg is Anita en lars’ laat voel as span doen gereeld Nicole, terwyl Salon De Bron se hoogs gekwalifi- hy of sy daar uitopleiding en woon seerde personeel bestaan uit Anzel, Emmie, Isa- stap. “Baie mense gedurig kursusse bel, Leon en Vanessa. vra of mens nie by. moeg raak vir “In ons beroep verander die modes en giere so vinnig - ”if you hare nie? “Nooit nie - dit is ‘n kreatiewe werk waar jy snooze you loose” en “kennis is mag; nie ‘n skoolleuse nie” (quote Jannie Mouton) - ek leer elke mense positief kan laat goed voel!” verklaar Irma. Beide salonne is rolstoel-vriendelik en kliënte dag nog steeds in my beroep. Dis net ‘n dwaas word ook sonder afsprake gehelp. wat dink hy is slim genoeg!” glo Irma. Salon De Bron help mense Maandae tot Don“Ná 10 jaar met Salon De Bron was ek lus vir nog ‘n uitdaging en siende dat ek op Moor- derdae ná 17:00 en Trendsetters is Dinsdae na reesburg bly en ek kon werk skep, het ek Nelda 17:00 ook beskikbaar.
13
courant landbou
14
18 April 2012
Kies jou eie toekoms - Corwyn Botha Corwyn Botha, afgetrede besturende direkteur van Kaap Agri, se wortels lê op sy grootwordplaas in die Noord-Kaap, waar die bosse, beeste, wild en siekte-vrye buffels nog steeds sy hart warm maak. Hy het met die courant gesels oor dié wêreld waar hy vaalbosblaar (kanfer) as kind gekou het, en hy as hoërskoolseun die landbouskool op Vaalharts bygewoon het. Deesdae is Corwyn afgetree, skryf hy sy boek ‘Fluisters’, tree hy op as leierskapsafrigter en omkeer-strateeg en verryk hy lewens en maatskappye wat ‘n omkeer dringend benodig. “My boek, Fluisters, handel juis daaroor dat ek alles wat ek hoor, selfs al is dit fluisteringe, inneem en daaruit sin maak; uitsorteer hoé dinge nou eintlik werk,” sê hy nadat hy verlede week die Malmesbury Sakekamer toegespreek het. Hiér het hy verwys na die uitdagings in die landbou en die sakewêreld. “Ons landbouers moet produséér – hoe meer effektief en hoe vindingryker, hoe beter vir ons almal. SuidAfrika het ‘n positiewe handelsbalans nodig – daarom moet elkeen meer produseer: meer uit as in! “Ek wil graag by die huidige plan van ons
regering uitkom,” het hy verlede week gesê: “Daar was vyf punte genoem, dit het met die toekoms te doene, naamlik: een miljoen werksgeleenthede, gefokus op die ouderdomsgroep van 19 tot 35 jaar; ’n positiewe handels-
Corw y
n en
balans, dit beteken produksie,
Anne li
Both
a
produksie, produksie; opheffing van die platteland - met wat se projekte kan ons kom? Substansiële belegging in besproeiing en grondhervorming? Kan ons gaan sit en planne maak hieroor of gaan ons die toekoms ignoreer?” Botha is onlangs in die nasionale beplanningskommissie vir grondhervorming opgeneem en hieroor sê hy: “Die plan is om 20% kommersiële grond oor te dra na swart besit. Kom ons skep nóu ons eie toekoms met die keuses wat ons nou soos leiers gaan maak en soos krygers gaan deurvoer, in plaas daarvan om hope negatiewe voorbeelde te noem van gevalle waar dit nié gewerk het nie!” “Kom ons begin by krygers, nie soldate nie - krygers! Waaraan laat dit jou dink? Wat sien jy as ’n kryger? “Krygers het selfbeheersing en selfdissipline. Krygers het uithouvermoë en geduld. Krygers is in beheer van hulle tydsberekening en het wilskrag. Al hierdie eienskappe kan jy self kies. Kies hulle nou! ”Dit sê klaar vir jou sulke mense lei nie aan die siekte van self-belangrikheid nie. Selfbelangrikheid is ons grootste energievermorser. Dit tap al die energie wat nodig is om die eienskappe van die kryger uit te leef. “Ek dink, as ons nie met dankbaarheid na ons verlede kan terugkyk en met vertroue die toekoms kan benader nie, het ons vashaak plekke. “Keuses kan egter wel werk - om te kies watter toekoms jy vir jouself wil skep. Dan, as jy gekies het, moet ons saam bid vir daardie energie-ontploffing in onsself om môre-oggend uit te spring en te gaan woel en woeker met die Gawes wat ons ontvang het, uit Genade, natuurlik! “Onthou: the joy is in the journey. Ons kan nie lewe vir die einde nie. Ons weet mos die einde
is die dood, ja dan gaan ons Hemel toe, maar mens kan nie lewe om dood te gaan nie, daarom: the joy is in the journey.” • Oor sy lewe sê Botha: “Ek is oor niks in my lewe spyt nie! Botha het ná skool by Kovsies ‘n M-graad in Grootveekunde studeer. Op 27 het hy hoofbestuurder van die Landbou-koöperasie op Queenstown geraak – “behoorlik in die diep kant ingegooi!” sê hy hieroor. Daarna het Botha by Massey Furguson/Fed Mech gewerk as Bemarkingsdirekteur en nog later by First National Batteries, waar hy die kleinhandels-opset leer ken het. By die Douglas-Koöperasie het hy dié maatskappy verander in ‘n internasionale maatskappy, met ‘n omset wat gestyg het vanaf R80 miljoen tot R3miljard. Ná Douglas het Botha Malmesbury toe getrek, as besturende direkteur, waar Kaap Agri se omset met vyf keer meer verhoog het onder sy bestuur. Hy het einde Julie verlede jaar uitgetree. Oor sy ingesteldheid op gedrags- en leierskapsteorieë, sê Botha dat hy soms tot vier boeke per week hieroor gelees het. “Verder het ek ‘n aanvoeling hiervoor, het ek my ore altyd naby die grond gehou (vandaar die naam van my boek – Fluisters) en glo ek in ‘n positiewe ingesteldheid – ek het geen tyd vir gemoedsbeswaardhede nie!” Oor bestuurders in poste, sê Botha: “Wat het jy vanoggend gedoen om vertroue in jou personeel te bewys?’ En oor die huwelik – “Jy moet jou lewensmaat sy/haar ruimte gun – dit vat ‘guts’ om nie daardie ruimte te betree nie! Net so vra dit ‘guts’ om nie in te meng nie in die detail van jou personeel se werk as jy ‘n bestuurder is!” Het dié dinamiese man drome vir die toekoms? ”Ek wens ek kon vir stadskinders die geleentheid gee om ook aan ‘n vaalbosblaar (kanfer) in die veld te kou, die ongereptheid van die natuur te geniet. En ek wil my boek klaarmaak. Ek wens meer mense wil daardie beste handleiding van alle tye volg – daardie Bybel voor jou bed!”
18 April 2012
courant landbou
Angus Pioniersveiling weer groot sukses
Links: Die duurste rooi bul op die jaarlikse Angus Pioniersveiling op Moorreesburg was Vredenheim Nelson 3 wat deur Danie Loubser (middel agter) van Kuylen Angus op Porterville vir R67 000 gekoop is. Die verkoper was Conraad Bezuidenhout van Vredenheim (regs) en die afslaer van BKB was, Ters Marais (links agter).
Regs: Die duurste swart bul op die veiling was Holvlei Fame wat vir R50 000 deur Seymour Currie (links agter) van Joyce’s Stoet aangekoop is van die eienaar Klasie Loubser (regs agter) van Holvlei Angusstoet, Vredenburg.
Links: Die duurste swart koei, De Panne Alberda, is deur Jannie en Annie Kotzé (links en middel agter) van De Panne by Moorreesburg vir R67 000 aan Leon van Rooyen verkoop. By hulle is klein Charlotte-Louise Kotzé.
Regs: Die tweede duurste swart koei, Holvlei Medea, is vir R60 000 deur Seymour Currie (links agter) van Joyce’s Stoet by Klipheuwel aangekoop van eienaar Klasie Loubser (regs agter) van Holvlei Angusstoet, Vredenburg.
Links: Die duurste rooi koei, Wynland MM Mania, is deur Ebrahim Khan van Ballyclimb Farms gekoop vir R47 000. Die verkopers, Conraad (links agter) en Basie Bezuidenhout (regs agter), is van Vredenheim Angusstoet naby Stellenbosch.
Juriaan Schreuder van Hopefield het die veiling op gepaste wyse geopen.
Seymour Currie van Joyce’s stoet het die veiling goed ondersteun.
15
16
courant landbou
Kotzé vaar goed by Vleismerino-skou
Met die afgelope Vleismerino-skou in Bloemfontein het Hannes Kotzé van die plaas Alexandershoek buite Moorreesburg baie goed gevaar. Dié skou het vanjaar ‘n rekord-getal inskrywings getrek. Sy prestasies was as volg: * Kampioen-ooilam 60 kg en ligter - tweede plek; * Kampioen-ooilam 70kg tot 80 kg - tweede, vierde en negende plekke. * Alexandershoek se een ooi was ook vierde in die junior ooi-kampioenskap. * In die afdeling vir kampioen ramlam 100 kg en meer, behaal Hannes ‘n vierde plek. Dié kudde is nou 33 jaar oud, nadat Hannes se pa, Johan Kotzé, in 1979 daarmee begin het. Hannes skryf dié suksesse daaraan toe dat hy voortdurend prestasie-toetsing doen, slegs teel met diere met goeie prestasie-syfers en streng seleksie doen op grond van goeie moedereienskappe, goeie reproduksiesyfers en die ideale bouvorm.
courant nuus
18 April 2012
By die Dames-ontbyt wat Agrimark gister by Mount Royal op Malmesbury aangebied het, is ‘n nuwe tuinbou-kompetisie geloods en sprekers soos Alsabé Aldrich (regs voor) en Anna Cilliers (links) het opgetree. By hulle op die foto is kulkunstenaar PG Engelbrecht, Jacques Schade van Agrimark, Johann Engelbrecht (Agrimark), Andre Bimray (TV persoonlikheid) en Francois Swanepoel (Agrimark).
Pure kaaskuns
- ‘n Simfonie vir die sintuie
Bo links staan Hannes Kotzé
Die blote gedagte aan kaas tower beelde op van aardse, geurige lekkerte wat met eindelose geduld en groot passie geskep is. Die SA Kaasfees, ‘n gunsteling op die kalenders van die land se smulpape, vind vanjaar op Sandringham plaas vanaf 27 tot 30 April. Kom geniet die legendariese verskeidenheid heilsame produkte, leer by talentvolle koskokkedore en kuier in feestelike luim saam met familie en vriende. Onderneem ‘n sensoriese avontuur by dié gewilde fynproewersfees en bederf jou sintuie met verruklike, en soms selfs verrassende smake en geure. Verlustig jou in die watertand verskeidenheid produkte soos olywe, wyn, konfyt en tapenades, soet snoeperye en brood - omskep jou gewone kaasbord in ‘n feesmaal. Wees op die uitkyk vir ‘n aantal boetiekkaasmakers wat vanjaar vir die eerste maal by die Kaasfeesfamilie aansluit en hul produkte langs dié van meer gevestigde kaasmakerye sal aanbied. Selfs die jongspan gaan hulle hier gate uit geniet: daardie lekker plaaservaring met verskillende melkdiere by die Santam Landbou Melkfabriek, die geleentheid om ‘n eie stokbrood te maak, ‘n veilige en bemande Wilde Vrugtesap Kinderhoekie met kykNET se groot blou stoel-springkasteel, lewensgrootte DStv karakters en meer – met ander woorde hope gesonde kindervriendelike vermaak. Kry ‘n stywe skeut inspirasie in die Checkers Teater langs die Checkers Kaasemporium en sluit aan by gasheer Nataniël vir ‘n vermaaklike én leersame gourmet reis saam met akteurs, modelle en radio-, televisie- en sportbekendes.
Die DStv Food Network Teater is die tuiste van talle bekende sjefs, kosbloggers en kaasmakers wat tydens intieme, interaktiewe kookdemonstrasies hulde sal bring aan die heerlike veelsydigheid van kaas. Leer by kosredakteurs soos Barbara Joubert (Sarie Kos), Herman Lensing (Sarie), Carmen Niehaus (Huisgenoot), sowel as veelbesproke sjefs Craig Cormack en Giorgio Nava; en skerp jou kookkunsvaardighede op met idees vir vegetariese en pastageregte, iets vir die soettand en opwindende, maar gesonde skoolkosblikke.
Kom geniet ‘n luilekker kuierdag in die platteland op Sandringham wat homself reeds as die ideale feesterrein bewys het. Sandringham is gerieflik geleë langs die N1, halfpad tussen Kaapstad en die Paarl. Geen kaartjies sal by die hekke te koop wees nie – maak seker om jou kaartjie teen R110 per persoon vooraf by Computicket en Checkers winkels te koop. Senior burgers betaal R90 en kinders 13-jaar en jonger verkry gratis toegang. Die hekke is daagliks oop tussen 10:00 en 18:00 en die laaste dag tot 17:00. Kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of besoek www.cheesefestival.co.za vir meer inligting.
18 April 2012
courant nuus
17
Northlink College Opedag help jou met jou toekoms!
Verlede week is die Wes-Boland Rugby Proewe op Malmesbury gehou. Hier meet Schoonspruit en Dirkie Uys kragte. Pierre Du Preez van Dirkie Uys word vasgevat deur Ludio Williams van Schoonspruit. Dit was ‘n baie gelykop-stryd tussen die voorspelers met beide spanne wat genoeg balbesit gehad het. Schoonspruit se beter balvaardighede in die agterlyn het egter aan hul die oorwinning gegee. Die eindtelling was 21-15 in Schoonspruit se guns.
Dillon Collins van Laerskool Swartland is tydens die Marlow Rugbyweek op Cradock gekies vir die Marlow-span. Dié span van 22 spelers word gekies uit al 32 spanne wat aan dié byeenkoms deelneem, dus is Laerskool Swartland baie trots op dié gesoute haker van die o.13-span.
Northlink College se jaarlikse Opedag van 09:00 – 14:00 op 20 & 21 April gaan voornemende studente asook die publiek die kans gee om eerstehandse ervaring op te doen oor Northlink College. Of jy nou ‘n persoonlike assistent, ingenieur, besigheidsman, vakman, sportman of mode-ontwerper wil word en in graad 9, 10 11 en 12 is of selfs al klaar is met skool, is die Opedag jou geleentheid om meer uit te vind van hierdie beroepe en hoe jy jou drome kan verwesenlik saam met Northlink. “Northlink se Opedag is die hoogtepunt van die jaar vir ons en ons wil graag elke student wat hier opdaag, huistoe stuur met soveel moontlike inligting sodat hulle ‘n volwaardige ingeligte besluit kan neem rakende hul toekoms,” sê Rene Bonzet, Hoof van Departement: Bemarking en Korporatiewe Kommunikasie. Northlink College gaan ‘n pendeldiens beskikbaar stel vir studente wat graag die ander kampusse van die kollege wil besoek. Verskillende aktiwiteite soos lewendige uitsendings van CCFM by die
Parowkampus, saam met ‘n kompetisie vir ‘n skootrekenaar sal ook aangebied word tydens die Opedag. Die publiek gaan die geleentheid kry om die werkswinkel te besoek en te sien waar die studente hulle opleiding ontvang. Dit alles en nog baie meer wag by die Opedag van Northlink College. “Voornemende studente gaan ook die geleentheid kry om vir die verskillende dosente en personeel asook studente vrae te kan vra met betrekking tot hulle kursus en studieveld,” voeg Bonzet by. Besoek die Tygerberg-, Bellville-, Belhar-, Protea-, Parow- en Wingfieldkampus van Northlink College gedurende die Opedag en kom vind uit wat dié kollege vir jou kan bied. Vir meer inligting oor die Ope-dag, kontak ons gerus by 08600 NLINK (65465); besoek ons webwerf by www.northlink. co.za; kry ons op Facebook by www.face book.com/northlink of volg ons op twit ter by www.twitter.com/ northlink; of sms “NLINK” gevolg deur jou boodskap na 43122 en ons skakel jou terug.
Christelike Privaatskool Malmesbury bied sportdag vol aksie aan
Bo: CPM se Michael le Roux (links) wag vir die aangee van Alrich Scholtz (regs) , terwyl Nikuy Treurnicht (agter) toekyk. Links: CPM se Cameron Malherbe kyk of hy om die skrum kan kom.
Regs is Leigh Adonis (CPM) besig om hard te konsentreer om nog ‘n doel vir haar span aan te teken.
Links maak Carel Stassen (CPM) seker dat hy die bal kry, terwyl sy 0/7 spanmaats toekyk.
die courant
18
courant dienste
18 April 2012
dienste
Body Stress Release ‘n tegniek vir jou liggaam Body Stress Release (Liggaamstres-ontlading) is ‘n baie ligte tegniek wat die liggaam help om van opgehoopte liggaamstres ontslae te raak. Dié tegniek word al sedert 1987 in SuidAfrika toegepas, is deur twee Suid-Afrikaners ontwikkel en opleiding geskied slegs in SuidAfrika. Alhoewel die tegniek baie lig is, is dit baie effektief omdat dit ‘n proses begin wat die liggaam aanmoedig om natuurlik te herstel. Die oormatige opbou van stres in die liggaam veroorsaak spierspanning wat weer die senuweestelsel beïnvloed. Sodoende ondervind ‘n mens later ‘n gebrek aan energie, krampe, spierpyne, hoofpyn, spysverteringsprobleme en die algehele gevoel van ‘nie 100% -goed voel nie’. Die liggaam word deur drie verskillende
Om hier te adverteer, skakel ons gerus by 022 487 3221
stresse negatief beïnvloed, naamlik meganiese stres (ongelukke, valle, swaar voorwerpe optel, verkeerde postuurhoudings), chemiese stres (spuitmiddels, lugbesoedeling, voedselbymiddels, rome, sekere voedselsoorte) en emosionele stres (probleme met werk, finansies, familie). Body Stress Release is veilig vir almal – oud en jonk. Die praktisyn werk op die volle geklede kliënt. Omdat stresontlading ‘n proses is waardeur die liggaam gaan, is drie sessies aanvanklik nodig. Gedurende hierdie tydperk ondervind die kliënt self die voordeligheid en effektiwiteit van die sessies en word elkeen bewus van die wonderlike, natuurlike vermoë van die liggaam om self te genees! Wilna en Marius Smuts – Malmesbury – 082 729 4838
die courant 18 April 2012
Algemeen
1
• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosiaatberader ABBO/ Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80
Gesoek Wanted
2
• GOEDERE GESOEK - 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, asook linne, skoene, handsakke en breekgoed. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528
Te koop For sake
4
• GRASSNYER, RANDSNYER - Asook houtwerkgereedskap te koop. Kontak Mnr G Vogelzang 022 482 1981 / 083 483 8682 ---------------------------• GEREEDSKAP & ELEKTRIES - Asook kluis en tweedehandse meubels. Kontak 083 955 4535 ---------------------------• GARAGE SALE Dinsdag 1 Mei 2012 te Nerinalaan 31, Malmesbury om 10:00. Verskeidenheid rooi & geel koperware, glasbakke, vertoonkaste met spieël, kombuisware, chaving dishes, glase & potte, ornamente en baie meer. Skakel 083 261 5032 / 022 486 6261 ---------------------------• NUTEC 53cm KLEUR TV - R350. Kontak 072 245 1850 ---------------------------• BRICK A BRACK Old porcelain + glass + silver + brass + other pretty & useful things. Contact Max for appointment 083 275 8266 ---------------------------• EGTE LEER MANSSKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15) . Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266
Te Huur
7
• HUIS HUUR ToTELet - Siersteen 3slaapkamer huis met dubbel motorhuis. R6500pm. Kontak 022 482 3993 ---------------------------• 1SLP TE HUUR - Met oopplan kombuis, binnebraai en badkamer. Water
+ krag ingesluit. Baie veilig R2300pm. Onmiddellik beskikb. Kontak 083 526 8959 ---------------------------• PROPERTY SELLERS, MALMESBURY - R6900 - 4Slaapkamerhuis + dmh, R3900 - 2Slaapkamerhuis, R3100 - 2Slaapkamer w/stel + sekr parkering, R3000 - 2Slaapkamer w/stel + parkering, R4250 - 3Slaapkamerhuis + mh, R5000 - Groot besigheidsperseel in Hugenotestraat. Skakel 022 487 1264 ---------------------------• HOUSE TO RENT MALMESBURY Open plan, 2storey, 2bedroom, 1bathroom, wendyhouse for storage. Big plot, pet friendly, available 1 May. R4000pm excl w&e. Call Ben 082 219 3601 ---------------------------• 2SLPK KOTHUIS - Op plaas 1km buitekant Malmesbury. Krag + water ekstra. Kontak 083 455 1112 / 083 384 8170 ---------------------------• MOORREESBURG 3slpk huis geen motorhuis. R3000pm. Skakel 083 635 7514 ---------------------------• GRANNY FLAT VIR 1 PERSOON - Omheinde terrein + mhuis met ingang tussen mhuis en huis. Oopplan sitk, eetk en slaapk met aparte bdkamer. Water ingsl. Elek ekstra @ R1800pm + dep. Kontak 082 656 4130. Beskikbaar vanaf begin Mei. ---------------------------• WYKLAND EIENDOMME, RIEBEEK KASTEEL Riebeekvallei. R8500 - Fantastiese 3 slpk huis met swembad, dubbel motorhuis, ongelooflike uitsig oor die vallei, baie privaat. Einde April beskikbaar. R4400 Ongegund - 3/4 slaapkamer, 2 badkamer, onthaal area, oopplan sit/ eetkamer/kombuis. Geen motorhuis. Onmiddellik beskikbaar. R3080 Riebeek Kasteel - Massiewe “bachelor” met groot privaat omheinde tuin, fantasiese uitsig oor die vallei. Koopkrag. Onmiddellik
besikbaar. R4200 Riebeek-Wes - 3slpk, 2badk, enkel motorhuis, privaat tuin in kompleks. Uiters veilig. Onmiddelik beskikbaar. R2750 RiebeekWes - 2slpk woonstel aan huis met sitkamer/eetkamer. Ruim kombuis en waskamer. Besigheidspersele: R1320 Ideaal vir kantore - onmiddellik besikbaar. Sentraal geleë. R4995 Slaghuis te huur. Kontak Anita gerus by 082 722 3330. ----------------------------• DU TOIT TRAILERS Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggyback”. Kontak 022 482 1767 / 072 237 2349
Dienste Services
12
Diere Animals
18
• TOP CARPETS Teëls, matte, laminering, blindings en vinylvloere. Gratis kwotasie en professionele diens. Skakel 022 482 2100 ----------------------------• DIENSTE GELEWER - Vervoer van meubels, verwydering van bourommel en tuinvullis, afsaag van bome & afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336 ----------------------------• WIL JY DALK IETS OUDS KOOP OF VERKOOP? - Skakel of kom besoek dan gerus die Negosikas. Op die hoek van Hill en Vrede-straat, Malmesbury. Skakel 022 487 2601 ----------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwotasies. Skakel 083 227 5937 ----------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapartytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersuiker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, abcpartytjies@gmail. com of www.abcpartytjies.weebly. com • LABRADOR HONDJIES - Lig van kleur. 4 Reuntjies en 3 Tefies beskikbaar. Kontak 021 987 0003 na
19
18:00 na landlyn of 083 334 5416
Betrekking beskikbaar
17
• HALFDAGPOS BY GEVESTIGDE BESIGHEID IN MALMESBURY Die suksesvolle kandidaat moet: Rekenaargeletterd wees, ‘n Rybewys hê, Akkuraat kan werk, Bereid wees om te leer, Debiteure ondervinding hê, Energiek wees en ‘n aangename persoonlikheid hê. Stuur kort CV aan toolpool@telkomsa.net. Indien u niks van ons hoor teen 30 April 2012, aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
* LET OP * Die betalling vir alle geklassifiseerde advertensies (smalls) is Dinsdaemiddae om 14h00.
mini gigs
& dienste
courant agterblad
die
swartland en weskus
Malmesbury propvol hardloop rugby
Saterdag was ‘n groot dag in Malmesbury se rugby-geskiedenis toe van die belangrikste spanne teen mekaar uitgedraf het op die Wesbank sportgronde. Dr Ivan Meyer, provinsiale minister van sport en kultuursake, het saam met die burgemeester van die Swartland, Tijmen van Essen, die spanlede van die Boland Kavaliers en die Sharks Vyftiental voorspoed toegewens vir die hoofwedstryd. Uiteindelik was die algemene
gevoel dat dit ‘n dag was waarop Swartlanders met reg kon trots wees. Op en langs die veld het Swartlanders die dag in ‘n feestelike stemming geniet, hoewel die spanning genoeg geknaag het! Die Boland Kavaliers het die Sharks XV geklop (21-19); terwyl Never Despair oor die Wesbank-span getriomfeer het (22 - 18). Schoonspruit Sekondêr het hul wedstryd teen Wesbank Sekondêr gewen (19-3).