Die courant 18 desember 2013

Page 1

courant

Gratis • Free

swartland en weskus Uitgawe 253

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

hugenotestraat 24, malmesbury

18 Desember 2013

tel: 022 487 3221

die courant wens al sy lesers en adverteerders ‘n baie Gesëënde Kersgety en welkome rustyd toe. Ons kantore sluit vandag en heropen op 9 Januarie 2014.

Lea Thompson (2) van Malmesbury was in verwondering toe sy die asemrowende uitstalling by Ambianté op Malmesbury aanskou het. Dié winkel is vanjaar weer beslis ‘n besoek werd.

GesEënde

kersgety

Só was 2013 vir .... Moorreesburger Kiewiet van Rooyen (bestuurder: Weskus Toerisme): Weskus Toerisme het ‘n uitsonderlike blomseisoen gehad en omdat die Weskus as toerismebestemming plaaslik en internasionaal al meer bekend word, wil ons sorg dat die Weskus met sy oop ruimtes en pragtige strande, sy seekos en ongerepte natuur, sy ware Weskus-karakter behou. Daarom gaan ons in 2014 bemarkingstategieë herevalueer vir nuwe maniere om mense met nuwe oë na ons streek te laat kyk. “Op persoonlike vlak was die hoogtepunt dat ek weer kon begin om tyd aan myself te bestee; ek kon weer begin draf en beplan aan ‘n vakansie in 2014 - ‘n bootreis om die Griekse Eilande. “Mag elkeen baie vrede en liefde ervaar. Die wêreld sal ‘n baie beter plek wees as almal nie net aan hulself dink nie, maar ook omsien na mekaar.” Evert Manuel, burgemeester van die Bergrivier Munisipaliteit, voel “Bergrivier Munisipaliteit het baie goed presteer vanjaar, ondermeer deur nuwe

behuisingsontwikkelings (116 nuwe huise vir Porterville), die opleiding van 197 amptenare, toekennings by die groenste munisipaliteit-kompetisie asook die ongekwalifiseerde oudit. Dit was baie harde werk. Baie dankie aan elke amptenaar. “Die Grootste Geskenk van Kersfees word dikwels ondergeskik gestel met kommersiële dinge eerder as die ware sin van Kersfees. Daarom wil ek elke leser aanmoedig om ‘n verskil te maak in jou omgewing, hetsy deur kos, of ‘n bietjie aandag daar waar dit nodig is. Henfre Brand, MalmesburyRugbyklub-president, haal dr. Danie Craven aan: “Ons kan Suid-Afrika ver­­ander op die rugbyveld. 24 Junie 1995 was ‘n bewys hier­ van, toe pres. Nelson Mandela die Wêreldbeker aan die Springbokkaptein, Francois Pienaar, oorhandig het. Kom ons bou voort op die visie. Dankie aan elke speler, afrigter, bestuurslid en ondersteuner vir 2013. Die hartseer van verloor, die blydskap van wen – dis wat rugby maak.”

Riebeek-Wesser Sarmien Gerber (hoof van die SAPD op Riebeek-Wes): “By die SAPD-kantoor het my lede baie hard gewerk en veral in die tweede deel van die jaar uitstekend presteer met goeie, gereelde arrestasies vir ‘n laer misdaadsyfer. Ek het weer persoonlike geluk gevind en is in Junie getroud. My tweede seëning is dat dit vanjaar met elkeen van my vier kinders goed gegaan het; waarvoor ek baie dankbaar is. Sommiges interpreteer die feestyd verkeerd, maar ek wens vir elkeen Jes.32:17: “Wie reg doen, sal altyd rus en sekerheid geniet!” Ralph Cuttings, voorsitter van die Swartland skole­ sportunie: Ons is trots op diegene wat Boland- en nasionale kleure verwerf het en die samewer­­king van die organiseerders is ‘n riem onder die hart mag dit so voortduur! Die nuwe skoolgebou vir St Thomas Primêr, met sy eie mooi saal, was ook vir ons ‘n groot bate.” Cuttings hoop dat skolesport in 2014 nog meer sal ontwikkel en groei.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.