courant swartland en weskus
Gratis • Free
Swartland
Hugenotestraat 24, Malmesbury
18 November 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 347
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Saak van troubreuk op die planke
Foto: Des Stegmann
Akte op die (Darling)vlakte
Twee Piketbergers, Cobis Wilson en Clare Menck, sing Saterdagaand op Darling saam met ‘n groep sangers uit Kaapstad in “Akte op die Vlakte”, wat die Afrikaanse weergawe van “Trial by Jury” deur Gilbert & Sullivan is. Die vertaling en regie is behartig deur Magriet Stemmet. Hierdie sogenaamde ‘dramatiese kantate in eenbedryf’ is eintlik ‘n operette en ‘n komedie en belowe om skreeusnaaks te wees. In ‘n neutedop handel dit oor ‘n troubreuk-hofsaak waarin twee vroue baklei oor die dieselfde man. Die regter, verweerder/aangeklaagde, klaagster, jurielede, toeskouers en strooimeisies sorg vir reuse-pret. Die soliste is Marius Steyn (regter), Charlene Martin (verdediging), Cobis Wilson (verweerder), Karen de Goede (klaagster) en Peter Kramer (bode van die hof). “Akte op die Vlakte” vind Saterdag plaas by Darling (Weskus) se NG Kerk om 19:00. Kaartjies is by die deur beskikbaar vanaf 18:00. Vir meer inligting, kontak 083 225 0059. Links is Cobis Wilson, Peter Kramer, Leslie Petric, Magriet Stemmet, Marius Steyn en Charlene Martin.
• voëlvleidam 95% vol in 2014; nou 41%
Spaar water - SM Die Swartland Munisipaliteit het vandeesweek 'n ernstige beroep op inwoners gedoen om water te bespaar. Al het die provinsie nog nie amptelik waterbeperkings afgekondig nie, het die munisipaliteit die belangrikheid van waterbesparing by inwoners beklemtoon. Weerstoestande in die Swartland het die afgelope weke gewissel van uitermatig warm tot koel en selfs koud met sterk wind. Die provinsiale departement van water en sanitasie is verantwoordelik vir die instel van amptelike waterbeperkings vir die verbruikers in die Wes-Kaap. Ná druk van plaaslike owerhede is ‘n vergadering Maandag in hierdie verband gehou. Die uitslag was teen druktyd nog nie bekend nie. At Botha, direkteur: siviele ingenieursdienste
van die Swartland Munisipaliteit, sê die persentasie-inhoud van die ses damme in die Swartlandse watervoorsieningstelsel, is die laagste in agt jaar en daar is dus genoeg rede om water spaarsamig te gebruik. “Daar kan slegs water bespaar word as daar water is om te bespaar - gesien teen die agtergrond dat ons hoofbron (Voëlvleidam) tans net 41% vol is teenoor 95% in 2014.” Botha het die volgende praktiese besparingswenke gegee: Doen gereeld ‘n water-oudit by die huis en slaan ag op die hoeveelheid water wat verbruik word. Herstel lekke op loodgieterstelsels en -toestelle. Monitor die watermeter gereeld vir hoë verbruik, want dit dui moontlik op ‘n lekkasie. Stort eerder as om in 'n bad vol water te week. Beperk die natlei van tuine tot voor 10:00 of na 16:00 in die middae.
Hanno van Schalkwyk, ‘n Vinpro-wingerdkonsultant, sê die droë toestande wat reeds sedert Augustus 2014 duur, het veroorsaak dat die groot opgaardamme, asook plaasdamme, se vlakke reeds teen einde September baie laag was. “Daar is ook gesien dat grondprofiele in areas in die kusstreek, wat tydens bot gewoonlik op veldkapasiteit is, droër as gewoonlik is. Klimaatsgewys kan daar nog baie gebeur tydens die seisoen om die situasie te verander, maar baie produsente begin reeds planne beraam om met beperkte waterhulpbronne oor die weg te probeer kom. "Waterbestuur en besproeiing skedulering is uiteraard baie area/streek spesifiek en gaan ook hand-aan-hand met die wyndoelwit en produksievlakke wat behaal moet word.“
NUUS • NEWS
18 November 2015