courant swartland en weskus
tel: 022 487 3221
Zille besoek Malmesbury
Uitgawe 240
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
18 September 2013
Swartland se top-plaaswerker
hugenotestraat 24, malmesbury
Darling blom dié naweek
Skou-skoonhede gekroon Die mooiste onder die mooies is Vrydagaand as Mej. Malmesbury Skou 2013 gekroon. Kyla Carstens (tweede van regs) spog vanjaar met dié kroon. Haar eerste prinses is Elreza Smit (tweede van links) en Megan Fourie (tweede prinses) regs. Pieter Naudé (links) het as kunstenaar by dié skoudans opgetree. Vanjaar se skou vind van 3 tot 5 Oktober op die Malmesbury Skougronde plaas.
•Swartland wil buurdorpe betrek - giliomee
Streekskou beplan Die idee is nie om net terug te sit en lekker skou te hou nie, maar om dit uit te bou tot ‘n groot sentrale streekskou, het DW Giliomee, president van die Swartland Skou op Moorreesburg, aan die courant gesê. Hy het die pas afgelope Swartland Skou as ‘n reuse-sukses beskryf. “Die uitdaging vir die toekoms is om proaktief te wees en met nuwe idees vorendag te kom ten einde omliggende dorpe, waar van die landbouskoue sukkel, deel te maak van een groot skou in die Swartland.” Giliomee het gesê hy sal graag die skoue op Malmesbury, Porterville, Riebeek-Wes en Piketberg tot voordeel van almal by die Swartland Skou op Moorreesburg wil betrek. “Dis ons visie om dit ‘n sterk streekskou te maak met die ondersteuning van naburige dorpe.‘’ Die skoue op Riebeek-Wes en Piketberg word reeds nie meer aangebied nie en Malmesbury se
skouterrein is in die gedrang weens die beoogde oprigting van ‘n groot streekwinkelsentrum op dieselfde perseel langs die N7 hoofweg. Volgens Giliomee het hy ‘’verskriklik goeie terugvoering van baie partye” gekry oor die afgelope Swartland Skou. ‘’Uit die aard van die saak het ons geldgewys nog nie syfers nie, maar die terugvoering is baie positief. “As jy vat die hoeveelheid perde, beeste, skape en die landbou-deel, kan ‘n mens sê dit was ‘n reuse-sukses. ‘’Landbou bly ons basis. Daar is twee faktore wat die Swartland Skou so ‘n reuse-sukses maak. Die een is die landbou-basis. Sodra jy oorleun na te veel stalletjies en ‘n fees-tipe-ding, verander dit die aard van die skou. En alles by ons word deur vrywilligers gedoen. ‘’Net die skoubestuurder, sekretaris en tesourier by ons kry ‘n honorarium. Verder word alles deur vrywilligers gedoen. Ek kry nie eers ‘n toe-
laag om vir jou ‘n drankie te koop nie. ‘’Dan is ons in die gelukkige posisie dat ons goeie borge het. Die vier groot banke het die skou goed ondersteun. Van die borge het tou gestaan om betrokke te raak by die Swartland Skou. Van hulle het amper baklei om deel te wees van sekere goed. ‘’En ek moet byvoeg die weer was pragtig.” Daar het na raming nagenoeg 10 000 mense die skou bygewoon, wat redelik ooreenstem met vorige jare, volgens Ian Koch, skoubestuurder. Op ‘n vraag oor die skou se geld, het Giliomee geantwoord: ‘’Ons is finansieel bevoorreg. Ons het nie baie geld oor nie, maar ons syfers klop. Dan het ons amper ‘n sessyferbedrag op belegging. Ons kry ons lopende uitgawes gedek. Ons is baie dankbaar vir die borge en die gesonde finansiële posisie waarin ons is.’’ Giliomee sê die Swartland Skou se groot uitgawe is die geboue. “Die onderhoud en instandhouding daarvan. Dis baie hoog.’’