courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Bergrivier
dié
1
19 Augustus 2015
Uitgawe 334
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Beste Jongwyne aangewys Darling Cellars het vanjaar koning gekraai met hul Sauvignon Blanc/Semillon gehout by die Swartland Jongwynskou en die gesogte Absa Groot Kampioen-trofee hiermee ingeoes. Die Kobus Basson Kampioen Pinotage-trofee is aan Cloof toegeken. Riebeek Cellars het die CJP Chemicals Chenin Blanc-trofee gewen, terwyl Pulpit Rock die Gert Kotze Kampioen Shiraz-trofee huistoe geneem het. Die Kaap Agri Kampioen Natuurlike Soetwyn is aan Riebeek Cellars toegeken. Die Citrusdal Cellars Kampioen Skaars Rooiwynkultivar is aan Pulpit Rock toegeken vir hul Petit Verdot gehout. Hulle het ook die SAIL Kampioen Skaars Witwynkultivar vir hul Grenache Blanc ingepalm. Pulpit Rock se Petit Verdot gehout is vereer met die Malmesbury Motors Kampioen Droë Rooiwyn-beker. Darling Cellars het ook die Malmesbury Toyota Kampioen Droë Witwyn-prys gewen. Hier is die trofeewenners: Riaan van der Spuy (Pulpit Rock), Haumann Brink (Pulpit Rock), Zakkie Bester (Riebeek Cellars), Van der Byl Brink (Pulpit Rock), Pieter-Niel Rossouw (Darling Cellars), Eric Saayman (Riebeek Cellars), Temba Msito (Riebeek Cellars). Voor is Francois Duckitt (Pulpit Rock), Jody Johannes (Cloof), Maggie Venter (Darling Cellars) en Wouter Loubser (Riebeek Cellars).
• kamer help mense om heel te word
‘Moenie stilbly’ “Die bedoeling is dat almal sonder vrees kan stap, kan leef. Ons het as ‘n nasie soveel bereik, ons is ‘n demokrasie,” het Andrew Anthony, die hoofbestuurder van BAC (Business Against Crime) by die bekendstelling van die opgeknapte Slagoffer Ondersteuningskamer op Malmesbury gesê. “Tog lyk dit soms of misdaad ‘n onkeerbare monster geword het wat ons gemeenskap opvreet. Dit was nooit die bedoeling nie.” BAC, in samewerking met die polisie en met Spar as hoofborg, is op die oomblik besig om slagofferprojekte in die Wes-Kaap te besoek en op te gradeer. Malmesbury was die 45ste projek wat besoek is. Anthony het verwys na die wêreldwye opslae in die media nadat Cecil die leeu geskiet is: “Is ‘n leeu van meer waarde as ‘n vrou? Ek sou graag wou sien dat die wêreld, en Suid-Afrika, hulle stemme laat hoor oor misdaad teen vroue en kinders. “Stilbly is ons grootste misdaad. Ons moet
die oortreders begin aanspreek. Praat, moenie bang wees nie, noem die oortreders by die naam.” Des Möller, mede-eienaar van Malmesbury Superspar, sê mishandeling breek mense in stukkies. “Mense breek soos ‘n legkaart, in duisende stukkies. Die slagofferkamer help om hierdie legkaart weer bymekaar te sit. “Dit is hartseer om in só ‘n projek terug te ploeg, maar terselfdertyd is dit lekker om die uiteinde te sien: ‘n mens wat weer kan aangaan met die lewe.” Generaal-majoor Thembisile Patikele, waarnemende polisie-kommissaris vir die Wes-Kaap, het beklemtoon dat dit belangrik is dat mense veilig voel. “Dit is nie moontlik sonder die hulp van die besigheidsektor en gemeenskap nie. “Ons moet gaan dink hoekom misdaad gepleeg word. Die mees algemene redes is as gevolg van die misbruik van dwelms en alkohol, asook die behoefte aan geld om dit te bekom.
“Dan is daar huishoudelike geweld en ook mishandeling van bejaardes. Genl Patikele het sy kommer oor ouer mense met die gehoor gedeel: “Dit is nou tyd dat ons na hulle moet kyk. Goeie ouerskap sal dit verseker.” Hy meen dat armoede nie ‘n rede vir misdaad is nie. “Ons moet ons kinders aanmoedig om vorentoe te gaan en nie in misdaad te verval nie. “Ons as mans moet met die oortreders praat,” het hy gesê en toe die mans in die gehoor gevra om op te staan en saam met hom te verklaar: “Ons as mans sal nie toelaat dat mishandeling plaasvind nie. “Laat ons in die gees van Ubuntu met die jong mans gaan praat: ‘n Mens is ‘n mens deur ander mense.” Cynthia Slingers, voorsitter van die Slagofferondersteuningsgroep, het die traumaberaders, SAPD en besighede bedank met ‘n aanhaling van Moeder Theresa: “’n Lewe wat aan ander gewy word, is ‘n lewe wat werd is om te leef.”
NUUS • NEWS
19 Augustus 2015