courant
gratis
tel 022 487 3221
Uitgawe 146
die
swartland en weskus
19 Oktober 2011
hugenotestraat 11, malmesbur y
Blommeprag Vleispryse bly nog laer tot boere begin graan oes
Ek is... Die Malmesbury NG Noordgemeente het die naweek ‘n blommefees met die “Ek Is”tema uitgebeeld. Regs is Hettie Mostert by een van die uitstallings.
Links: Danie Niehaus wat Vrydagaand in die Swartland-Noord gemeente opgetree het saam met Rala Lesch, Marianne Lochner en Marie Loftie- Eaton.
Nadat die produsente-prys vir lamsvleis onlangs ‘n ongekende R57 per kilogram was, het die verbruiker in die laaste week van September na verligting begin uitsien toe die vleisprys (aan die produsent) met 19,3% gedaal het tot R46. “Die vroeëre prysstyging was die gevolg van die baie moeilike jaar wat die Sentraal Karoo en die Suid-Kaap se veeboere beleef het met droogte, slenkdalkoors, veediefstal en probleemdiere,” verduidelik John Dürr, Wes-Kaapse voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO). “Die beperkte aanbod het die prys opgestoot, maar ná ‘n beter jaar (2011) vir die veeboere van die Suid-Kaap (en die Swartland), het die aanbod verhoog, met ‘n gevolglike daling in die vleisprys. “Noudat die vleisprys einde September begin daal het, kyk ek in winkels en slagterye rond om te sien of die laer vleisprys deurgegee word na die verbruiker,” sê Dürr. “Dit neem gewoonlik 10 dae om die vleis met die hoër prys ‘weg te werk’, maar daarná behoort die verbruiker die voordeel van die laer prys te kry. Die verbruiker behoort dus nou in die winkels en slagterye vleis teen die laer pryse te koop te kry. Op Malmesbury kon ek die verlaagde prys by slegs één onderneming opspoor.” Dürr verduidelik voorts dat ‘n sekere persentasie-styging by die verkoopprys van die vleis toegelaat word voordat dit by die
verbruiker uitkom. Hy sien tans dat lendetjops (loin), die duurste snit, in Malmesburywinkels tussen R88 tot R126 kos. “Dit beteken dat dié snitte tot 30% duurder kos as die voorgestelde prys, maar die vraag ontstaan of die ekstra 30% dan weer afgewentel word na die goedkoop dele van die skaap, soos bene-vleis?” Omdat die verlaagde prys nie altyd deurgegee word na die man op straat nie, moedig Dürr verbruikers aan om navorsing te doen voordat hulle vleis aankoop. “Gesels met jou slagter en as jy nie tevrede is nie, soek vir jou ‘n slaghuis totdat jy tevrede is met die diens, gehalte en prys!” Hy wys ook daarop dat die klassifikasiemerke (rolmerk) op die vleissnitte ‘n verdere metode van gehaltebeheer is: “Die boer word daarvolgens betaal en kan dit dophou in die winkels: As daar ‘n fout is, kan klagtes volgens dié rolmerk teruggespoor word na die abattoir om vas te stel of die foute weens onkunde of wanpraktyke ontstaan het. Vleis word geklassifiseer volgens grade (grade een, twee en drie is die duurder vleis met minder vet aan en grade 4, 5 en 6, met meer sigbare vet aan, behoort goedkoper te kos). Kan hy die prys voor Kersfees voorspel? “Die pryse gaan binnekort styg, want baie Swartlandse en Suid-Kaap boere begin nou stroop en het reeds slagtings gekanselleer, maar die stories oor R100 per kg vir die produsent – dit kan ek nie glo nie!”