Die courant 1 julie 2015 327

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

1 Julie 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 327

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Snoek en patat vir smulpape Fees: Blink en

vingerlek-lekker lê die snoek op die roosters by Saterdag se Snoek- en Patatfees op Goedverwacht. Die braaiers is Fortuin Baron en Driaan Pretorius en hulle sweet was ten bate van Badisa. Fortuin se vrou is ‘n maatskaplike werker by Badisa en Driaan is die jeugwerker by die NGK Piketberg.

• Brande nou bergrivier se nuwe valuta

BM druk eie geld

Dit mag op die oog af net soos gewone geld lyk, maar die nuwe Brande (Bergrivier Rand) gaan die Bergrivier aan die brand steek. Só glo advokaat Hanlie Linde, die munisipale bestuurder. “Uiteindelik is die dag hier waarvoor ons so hard en lank gewerk,” sê sy van die projek wat deur die Bergrivier Brand Netwerk (BBN) en die Flow-program (Fostering Local Well-being). “Flow se doel is om kapasiteite te bou binne die konteks van globale klimaatsveranderinge, toenemende verminderde hulpbronne en groeiende ongelykhede. “Die loods van ons eie plaaslike geldeenheid is ’n sleutel-aspek in die bou van plaaslike kapasiteite,” verduidelik adv Linde entoesiasties. “Die Brand kan slegs in die Bergrivier Munisipale-area gespandeer word en word gerugsteun deur die produkte en dienste van die besighede wat reeds by die BBN aangesluit het. "Die doel is natuurlik om die ontwikkeling van plaaslike besighede aan te moedig in sowel die dienste- as produkte-bedryf.” Sewentig klein besighede van Piketberg en Goedverwacht het reeds by die BNN aangesluit en die doel is om meer as 400 klein besighede in die munisipale gebied te werf. “Gesprekke met die groter formele besighede sal ook gevoer word om die Brand te aanvaar en om deel te wees van die bevordering van plaaslikvervaardigde produkte en dienste.” Die Brand is met 'n groot feestelikheid bekend

gestel. Die amptelike opening is deur raadslid JC Botha gedoen, wat besighede namens die burgemeester, Evert Manuel, sterkte toegewens het met hulle deelname aan die Brand. Die kluis met die eerste Brand-note is deur raadslid Botha oopgemaak. Elke lid van die BNN loodskomitee het nie net die eerste B500 ontvang nie, maar elkeen het ook B200 in die “gemeenskapspot” gesit vir ’n eerste projek waar die begunstigdes in Brand vir hulle dienste betaal is. Hierdie eerste projek was die skoonmaak van die feesterrein deur 20 jeugdiges. Ander moontlike projekte om die Brand te bevorder, sluit in ’n maandelikse Brand-Markdag waar lede van die BNN-netwerk hulle produkte kan uitstal en verkoop. Brand-note het die veiligheidsvereistes van spesiale papier, ’n watermerk, die tema, unieke reeksnommers en die holografiese merk van die Brand-simbool. Elke lid van die netwerk word geadverteer in die Brand-gids wat eersdaags uitgegee sal word met ’n kaart wat die ligging van elke lid aanwys. Hierdie gids sal gereeld opgedateer word, aangesien meer besighede deurentyd sal aansluit by BNN. Flow se werkers, bekend as die Flow-ambassadeurs, maak ook ’n kort twee-minute video van elke lid wat op WhatsApp versprei kan word as deel van die bemarking van die besighede.

"Brand" bestaan uit vier note met die Piketberg-berge op al die note en met water, energie, voedsel en gemeenskap as temas op die verskillende note. Enige besigheid wat by die netwerk wil aansluit (en dus aan die Brand wil kom), moet die Flow-kantore kontak in Kloofstraat of die Flowkoördineerder, Ian Schaffer, by 060 528 1230.

NUUS • NEWS

1 Julie 2015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.