Die courant 20 apr 2016 366

Page 1

c urant

Gratis • Free

Swartland

Weskus se 1ste keuse

dié

1

18.5%

20 April 2016

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 366

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Planttyd... dat stof so staan

Die stofwolke hang oor landerye in Swartland waar saaityd aangebreek het. Op Kersefontein buite Malmesbury plant Johan Smuts kanola. "Dié gewas kan hou in die droë grond. Ons plant en glo die reën sal kom," het Smuts gister aan dié courant gesê.

•sakekamers moet help werk skep - AHI op MRB

‘Lei mense nou op’

'n Hart en passie vir entrepreneurs is die enigste manier vir volhoubare ontwikkeling. Só het dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI (Afrikaanse Handelsinstituut) in die WesKaap, by die Moorreesburg Sakekamer gesê. "Ons land sit in 'n dilemma: 25,5% mense is werkloos. Ons jeug (18 tot 35 jaar) vorm 60% hiervan. "Wie se werk is dit om werk te skep? Die regering? Absoluut nee," het hy gesê en bygevoeg dat dit nie volhoubaar is nie. "Dit is krities belangrik dat u as sakelui die verantwoordelikheid neem as werkskeppers. Vir my is dit die kernrol van die sakekamer." Hy het vier punte genoem waar sakekamers 'n verskil kan maak: Begin by jou bestaande besigheid en skep geleentheid vir netwerk; Skep nuwe geleenthede; Bou 'n sterk verhouding met plaaslike regering - hulle moet die spreekbuis van die sakekamer wees; Beveg rompslomp met hand en tand. Dr. Cilliers het vertel van 'n bedrag van R20 miljoen vir drie jaar wat België aan die AHI skenk

Reis na skone Wellington

om werkloosheid te beveg. "Wat gaan ons doen? Ons gaan sakekamers bemagtig om inklusief van almal op hulp dorpe te wees; Ons gaan kyk na dienste vir lede soos opleiding, netwerk, hoëvlak samesprekings met die regering en rompslomp en ons sal fokus areas identifiseer waar ons arm mense, vroue en die jeug kan bemagtig. "Laastens sal ons vennootskappe vorm waar ons kan hande vat met munisipaliteite. Maar dan moet ons vertroue bou." Dr. Cilliers het beklemtoon dat sakekamers se lidmaatskap by die AHI kan verseker dat die organisasie 'n rol het om te speel in die land. "Ons kan 'n baie sterk spreekbuis wees wat mense tot op die laagste vlak kan help. Onthou, ons is net 'n telefoonoproep ver," het hy genooi. Die ander spreker by die geleentheid, Radi van Zyl van die Shoprite/Checkers Ontwikkelingstrust, het dr. Cilliers se siening ge-eggo: "Opleiding is die kruks van alles. Vat iemand, lei hom op." Hy sê die probleem van werkloosheid moet

Malmesbury Superspar skitter

nie onderskat word nie: "Ons sal moet inspring en iets doen. Maak seker dat jy deel is van enige verandering." Hy het die belangrikheid van 'n sakekamer in ons huidige ekonomiese klimaat beklemtoon: "Dit is belangrik vir sakelui om aan ander mense se idees blootgestel te word. Elke besigheidsmens is tot 'n mate geïsoleer," het hy gesê en bygevoeg dat die sakekamer hier van onskatbare waarde is. "Ons moet dink hoe ons hier op Moorreesburg omstandighede kan verander. Begin klein en die groot goed sal self kom." Van Zyl sê die trust gaan die behoefte vir opleiding op die dorp aanspreek: "Gee my twee maande dan kan julle met my kom gesels oor julle behoeftes." Die voorsitter, Nicolaas Hanekom, het beklemtoon dat 'n stabiele gemeenskap nodig is om werkloosheid teen te werk. "Ons wil almal by die kamer betrek om dit moontlik te maak." Sien ook foto op bl 10.

Begroting na Bergrivier gebring

NUUS • NEWS

20 April 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.