Die courant 20 jan 2015 353

Page 1

c urant

Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

dié

1

20 Januarie 2016

Uitgawe 353

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Foto's: Tania Coetzee

Dit raak warm met Jude Law as die Pous Desember was van Hollywood se blinkste sterre op Malmesbury. Jude Law (bekend vir sy rol as Dr. Watson in Guy Ritchie se Sherlock Holmes) en Diane Keaton het tonele vir die TV-reeks The Young Pope by Anne Pienaar buite Malmesbury te verfilm. Jude (43) speel die rol van die fiktiewe agtste pous en Diane (70) vertolk die rol van Mary, ‘n non wat hom grootgemaak het. Die verfilming het gedurende die vakansie by Anne Pienaar Gedenkskool buite Malmesbury plaasgevind. Geen kind of onderwyser mag op die perseel gewees het nie en die terrein is met veiligheidsdraad afgekamp. Streng toegangsbeheer is ook toegepas. Maar die skool glimlag breed: “Finansieel was dit vir ons baie voordeliger as om ‘n funksie te hou!” Groot dele van die reeks, wat uit agt episodes bestaan, is in Italië verfilm. Law moes in die versengende hitte die pous se kenmerkende gewade dra. Die twee sterre het in die Mount Nelson hotel in Kaapstad tuisgegaan.

• kavaliers oefen voortaan by riebeek-wes

Remgro belê groot Die Boland Rugby-unie se senior span, die Kavaliers, sal voortaan die rugbyveld van die Rugby Performance Centre (RPC) by Riebeek-Wes as amptelike oefentuiste gebruik. Die nuwe bestel kom met 'n groot borgskap van Remgro (groot beleggingsmaatskappy uit die Rupert-stal) en die eienaar van RPC, Alan Zondagh, wat ook nou die provinsie se Rugbydirekteur en direkteur van ontwikkeling by die Boland Rugby Instituut is. Dié instituut, voorheen op Wellington gehuisves, is ook nou by Riebeek-Wes. Die Kavaliers se rugby-oefengroep is reeds die afgelope twee weke besig om te oefen by Riebeek-Wes.

Die nuwe instituut is met die hulp van SARU tot stand gebring. Ivan Pekeur, Boland-president, het in ‘n onderhoud gesê die instituut is van wêreldgehalte. “Hier kan ons spelers net die beste bied.” Zondagh het RPC in 2005 begin om ‘n professionele, gedissiplineerde en wetenskaplike instelling te skep waar belowende jong rugbyspelers voorberei kan word vir dié spel. Die sentrum beskik oor veelvoudige oefengeriewe, ‘n uitgebreide gimnasium, olimpiese swembad en rugbyvelde met spreiligte. Zondagh is reeds meer as 33 jaar betrokke in internasionale rugby. Hy het al die meeste rugby-spelende lande

in die wêreld besoek om sy kennis van die spel te verbreed. Hy was sedert 1996 hoofafrigter vir verskeie professionele spanne in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk. • Brent Janse van Rensburg is die hoofafrigter van die Boland Kavaliers. Hy was afrigter van die Oostelike Provinsie Kings, voordat hy die aanstelling by Boland aanvaar het. Henley du Plessis, Randall Modiba en Southy Steenkamp is sy assistent-afrigters. Steenkamp is ook in beheer van tegniese sake. Nico de Villiers (krag- en kondisioneringsafrigter), Jacques du Toit (biokinetikus) en Jaco van Wyk (spanbestuurder) is die ander lede van die Boland Kavaliers se afrigtingspan.

NUUS • NEWS

20 Januarie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.