courant
tel 022 487 3221
Uitgawe 214
die
swartland en weskus
20 Maar t 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
Nuwe era vir St.Thomas Primêr Sewe nuwe klasse van St. Thomas Primêr op Malmesbury is verlede Donderdag betrek, terwyl die res van die skool in die Paasvakansie na die nuwe gebou sal oortrek. Dié nuwe skoolgebou huisves die selfde hoeveelhede klasse as in die verlede, maar die nuwe gebou, wat R30 miljoen tot R34 miljoen sal kos, is deel van die onderwys departement se projek vir veilige skole. Die ou skool is onveilig be vind weens die groot hoeveelheid asbes daarin. Op die foto help Chante Simmers (links voor) en Moseline Adonis (regs voor) om dié 'groot trek' af te handel. Die skool nooi die publiek uit om môre vanaf 11:00 te kom deel in 'n geselligheid en formele afskeid van die ou ge bou op die terrein - dit dien ook as 'n fondsinsamelingsgeleentheid.
•Ure verkort, lisensiegeld styg skerp
Drankwet aangepas
Die nuwe drankwet geld van 1 April af en elkeen van die 190 lisensiehouers in die Swartland sal dié wet moet ken en handhaaf, maan die voorsitter van die Swartland Drankforum, Morris Uberstein. Die veranderinge wat die nuwe wet meebring, lê hoofsaaklik in die verhoogde lisensiegelde vir handelaars, vasgestelde ure wat vir almal binne die grense van die Swartland Munisipaliteit geld en ‘n nuwe visie vir die handelaars, soos verteenwoordig deur die Swartland Drankforum. Verder is die tipes lisensies vir drankverkope van twaalf na vier verminder. Drankhandelaars se jaarlikse lisensiegelde het drasties gestyg, met drankwinkels wat nou R3 000 moet betaal (R1 000 in die verlede) en gastehuise wat ook R3 000 moet opdok, teenoor R250 in die verlede. “Die omset by die mees te gastehuise is kleiner, dus het baie bloot nie hul dranklisensie hernu nie,” sê Uberstein. Waar die ou wet (27 van 89) die handelaar se tye gestipuleer en op sy voorwaardes aangedui het, hang die ure volgens die hersiende wet wat in die Wes-Kaap sedert 1 April 2012 geld, af van die handelaar se sonering. Die tipes lisensies behels buiteverkope, verbruik op die perseel (restaurante, pubs en klubs), verkope en verbruik
gekombineer (soos wynwinkels) en spesiale geleenthede. Die grootste verandering in ure vir die Swartland-grense behels die verkope wat van 4:00 soggens vervroeg is tot 2:00. Sondagverkope in winkels is steeds verbode en dit sluit Goeie Vrydag en Kersdag in. Verbruik op die perseelverkope is geldig van soggens 11:00 af, behalwe in gevalle van ‘n sjampanje-ontbyt. Sondagverkope in wynwinkels, waar hoërprys-wyne verkoop word, is steeds geldig. In klubs, pubs en restaurante is drankverkope Sondae slegs toelaatbaar as die koper ook ‘n maaltyd daarmee saam geniet. Verder geld buiteverbruik-verkope weeksdae eers van 9:00 af, nie meer 8:00 nie. In teenstelling met die vorige nasionale drankwet, wat die hele Suid-Afrika met een wet beheer het, kon elke munisipaliteit nou sy eie tye bepaal. Uberstein is vol lof vir die wyse waarop die SM dié proses van onderhandeling met die Swartlandse Drankforum gelei het en die eerste in die Wes-Kaap was om sy ordonans te adverteer (reeds op 20 April 2012). “Die Stellenbosch Munisipaliteit adverteer nóu hulle ordonans, en dis ‘n presiese replika van die Swartland s’n!” Morris is egter beswaard oor die verskillende (botsende) tye wat naburige munisipaliteite toe-
laat en dan klandisie van buite die munisipale grense lok: “Party munispaliteite laat verkope op Sondae toe en hoewel Kaapstad se ure ook tot 2:00 vervroeg is, het die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, bepaal dat spesiale aansoeke vir verlengde ure moontlik is – en dan moontlik ook mense van buite Kaapstad lok!” Die ou drankraad het ‘n baie groot agterstand op onafgehandelde aansoeke opgebou: “Die 7 000 tot 10 000 agterstallige aansoeke het ‘n groot impak op lisensiehouers – die Tribunaal is nou by die 2010-aansoeke - dit is ‘bad for business!’ Die goeie nuus is dat vandat die nuwe wetgewing wérk, die toestand verbeter en die agterstand stelselmatig uitgewis word,” sê Uberstein. “Ten spyte van die agterstand, tree die nuwe wetgewing vir alle nuwe aansoeke (ná 20 April 2012) dadelik in werking. Vir die huidige lisensiehouers geld die nuwe wette van 1 April af - en dis geen Aprilgrap nie!” sê hy. “Die voordeel wat die Swartland het, is dat die Swartland Drankforum in plek is. Dié Drankforum is die enigste in die Wes-Kaap met ‘n grondwet en wat erken word! Ons het gereelde vergaderings met ‘n 80%-bywoningsyfer en ons eie webtuiste (www.swartlandliquorforum. co.za) om ons lede ingelig te hou.”