Die courant 21 augustus 2013 236

Page 1

courant swartland en weskus

tel: 022 487 3221

Uitgawe 236

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

21 Augustus 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Swartland spog met top-wyne by SA’s - Fotobeeld

Swartland

Interskole-aksie:

Schreuder Brand (foto links), afrigter van Hoërskool Swartland, word skouerhoog afgedra na die oorwinning oor Hugenote. Carel Kersop (foto regs) van Piketberg word in besit betrap deur Louis Nel van Porterville. Piketberg het 19-5 gewen. Nog interskole-aksie op bl 12-17.

Piketberg/Porterville •’straks nog bogemiddelde koringoes’

Graan kan versuip ‘n Te droë ontkiemingsfase in April-Mei en te veel reën in ‘n kort tydperk die afgelope week is van die redes waarom Swartlandse graanboere ‘n gemiddelde koringoes en ondergemiddelde kanola-oes vanjaar verwag. Volgens Michiel Smuts van die plaas Grasrug op die Paarlpad buite Malmesbury, verwag hy ‘n bogemiddelde koringoes, maar ondergemiddelde kanola-oes. Hy het tot dusver in Augustus 74 mm op sy werf gemeet en by die 100 mm by ‘n ander reënmeter op sy plaas. “Die kanola het maar ‘n knock gevat met vanjaar se weer. Dit het nie so mooi opgekom nie. So daar is maar heelwat uitvalkolle en ek verwag ‘n ondergemiddelde kanola-oes. Die koring lyk beter en hoewel ek nie rekordoeste verwag nie, kan ons dalk ‘n gemiddelde tot bogemiddelde koringoes hê,” het Smuts aan die courant gesê. Hy sê die dele wat goed dreineer, lyk goed,

maar waar die water dae lank opdam op die lande weens die swaar reën sal van die plante doodgaan. Volgens Truter de Kock van De Grendel het hy bykans 95 mm gemeet. ‘’Op die huidge stadium is die wêreld te nat, met die gevolg dat die koring begin geel kolle wys waar dit versuip het. Ek verwag dus ‘n gemiddelde na ondergemiddelde oes. Die kanola lyk glad nie goed nie. “Ons ontkieming was vanjaar van die begin af glad nie goed nie. Ons is daar in April-Mei deur ‘n droë fase. Nou het dit weer te veel gereën. ‘’Septembermaand is afrekenmaand. As ons goeie reën kry tot laat September, behoort die oes-vooruitsig beter te lyk as nou,’’ het De Kock gesê. AJ Louw van die plaas Tweekuil sê: ‘’Ons het nou ‘n bietjie baie water gehad, maar liewer dit as droogte. Die plante wat in nat kolle staan, ver-

suip maar, want die plant se wortels staan nou heeltyd in water.” Volgens Louw sal ‘n tydperk van sonskyn en wind nou goed wees vir die oes-ontwikkeling. “Wat die kanola betref, was vanjaar ‘n verskriklike deurmekaarspul. Alles is later en die kanola het vroeër begin blom omdat hy swaar gekry het.” Die nat toestande het tot gevolg dat talle lande nou onbegaanbaar is met ‘n trekker, met die gevolg dat boere wat nou wil spuit en kunsmis toedien, dit met ‘n vliegtuig moet doen, wat geweldige bykomende insetkostes meebring. “Die trekkers sit net te veel vas in hierdie nat lande.’’ Hy verwag dat van die koring binne ‘n week al in die aar kan begin kom, het Louw gesê. Hy het verlede week bykans 75mm reën gemeet op sy plaas.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.