courant swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
21 Oktober 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 343
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Vrugte van die Vallei
In die Riebeekvallei word daar nou op die vrugteplase geskarrel om dié gesonde lekkernye gepluk, gepak en geklas te kry. Bo is Ntomdovuyo Kwinana, Hannah Jantjies en Deon van Zyl. Regs bring Katriena Lukas 'n houer vrugte van die boord af.
• wyntoerisme sorg vir R6 miljard
‘Balans is belangrik’ Verantwoordelike drankhandel en die noodsaaklikheid vir gedragsverandering as dit kom by drankverbruik, was die kern van wat Alan Winde, Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Geleenthede, se toespraak gister op Malmesbury. Hy het die hoofrede by die Wes-Kaapse Drank-owerheid se konferensie vir rolspelers gelewer. “Dit gaan oor balans,” het hy gesê. "Aan die een kant is daar die ekonomiese insette van drankhandel, maar dit moet gebalanseer word met die sosio-ekonomiese kwessies wat daaruit kan volg. “Drank is een van die sleutelkomponente van ons ekonomie. In die wynbedryf alleen word daar 300 000 werksgeleenthede geskep. “Ons verdien R6 miljard uit wyntoerisme,” het hy verder gegaan. “Ons voer 1,5 miljoen bottels wyn per dag
uit: 60% in grootmaat en die res gebottel. “Ek sou wou hê dat ons dit opstoot na twee miljoen en die verhouding omruil. Meer gebottelde wyn beteken meer werksgeleenthede.” Winde het beklemtoon dat 'n groot hoeveelheid kleinbesighede by die bedryf baat: “Sjebeens, drankwinkels, restaurante, verpakking, opberging en etikettering is maar ‘n paar hiervan.” Hy het verduidelik dat dit die regering se plig is om te verseker dat die bedryf homself reguleer. “Dit is belangrik, want baie mishandeling en misdaad spruit voort uit misbruik.” Hy sê in die streek is tot soveel as 70% van misdaad hiermee verbind. Dit kos die Wes-Kaap jaarliks R61 biljoen aan alkohol-verwante ongelukke.” Dit sluit motoriste en voetgangers in. “Dit is ‘n ernstige kwessie as ons in gedagte hou dat sowat 300 mense elke maand op Wes-
Kaapse paaie sterf in alkoholverwante voorvalle. “Dit is hoekom dit so belangrik is om verantwoordelike drankhandelaars te hê. Alle rolspelers moet ook daaraan werk om die gedrag van die verbruikers te verander.” Hy het verwys na premier Helen Zille se program in dié verband en genoem dat hulle op die oomblik op knelpunte in die metropool let. Skole in probleemgebiede word ook besoek en leerders in programme oor verantwoordelike drankgebruik betrek. Winde sê hy glo mense kan geld uit die drankbedryf genereer op ‘n positiewe wyse en sonder negatiewe gevolge. Hy het rolspelers genooi om die Departement en/of drankowerhede te kontak met idees. Winde het ook die Swartland-forum bedank vir die uitstekende werk wat hulle doen. Hy het in die besonder vir Morris Uberstein, wat nou uittree as voorsitter, geloof vir sy bydrae.
NUUS • NEWS
21 Oktober 2015