tel 022 487 3221
Uitgawe 142
courant
die gratis
September 2011
hugenotestraat 11, malmesbur y
Malmesbury Skou 2011slaggereed vir ‘n Grote 29 September tot 1 Oktober
Die jaarlikse Malmesbury Skou vind nie net vanjaar op ‘n ander datum plaas nie, maar dit spog ook met heelparty nuwe komponente wat reeds groot belangstelling gaande maak.
Naas die splinternuwe Voedsel- en Wyn-kuierhuis met “live” kunstenaars Saterdag tot laat onder leiding van Waldo Lotz, bied die skou Saterdag ook die eerste Weskaapse Rodeo (Egte Bulry)-kampioenskappe aan. Die skou word Donderdagoggend afgeskop met ‘n damesoggend met Brümilda van Rensburg. Kaartjies vir die vroue-oggend is reeds uitverkoop. Die skou-koningin en haar prinsesse word Donderdagaand tydens die borge-aand gekroon. Vir die kinders is daar Saterdagoggend ook ‘n spesiale koekversierkompetisie met Best Bake Benni wat die kinders sal vermaak. Daar is ook spesiaal aandag gegee aan kinder-
vermaak met ‘n mini-hindernisbaan, mini-boeresport-items en ‘n hotdogeetkompetisie. Die Boland Anguskampioenskappe en ‘n vol perdeprogram tot Saterdagmiddag sal soos gebruiklik baie gewild wees by skougangers. Daar is natuurlik die gewone kwota eet- en drinkgoed, asook stalletjies. Skoolkinders wat Donderdag en Vrydag die skou met hul skoolklere besoek, kry gratis toegang. Oor Vrydagaand se jaarlikse “steak”braai kan daar nie veel meer gesê word nie, behalwe dat as jy nog nie jou kaartjie het nie, jy moet gou spring voor dit uitverkoop! Skakel Karina Marais (083 450 4560) vir jou kaartjie (R100). Saterdag se optog van veteraantrekkers en -motors deur die Malmesbury-strate tot by die skougronde is altyd ‘n hoogtepunt en daar is ook weer ‘n potjiekoskompetisie asook heerlike kuier by Patat se Gat en die Fluitjiebar.
Voedsel en Wyn-kuierhuis www.malmesburyskou.co.za Vir die kinders