courant
gratis
Uitgawe 187
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
22 Augustus 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
Ons praat met Morné du Plessis - bl. 4
GEE PAD MAN: Mirisna Carstens van Hoërskool Swartland se eerste meisiehokkiespan lyk of sy ‘n opponent van Hoërskool Hugenote met haar hokkiestok wil bydam in die jaarlikse interskole op Wellington. Links is Elzanne Swiegelaar. Swartland het met 1-0 gewen. Nog foto’s van Saterdag se Swartlandse interskolekragmetings op bl. 12 en 13.
‘n Dosyn tariefstrukture vir krag... Die effek van onlangse verhogings in elektrisiteitstariewe wat sedert Julie in werking is, het opnuut die kollig geplaas op tariefstrukture vir elektrisiteit, die verskil tussen voorafbetaalde elektrisiteit en konvensionele rekeningelektrisiteit en natuurlik maniere om nóg op verbruik te bespaar. Die courant het by die Swartland Munisipaliteit (SM) gaan aanklop om meer duidelikheid oor die tariefstrukture en die onkunde daaroor. Die twaalf verskillende tariewe wat tans binne die munisipaliteit se tariefstruktuur vir die bedieningsgebied van krag is, is daargestel omdat “die SM reeds vir
jare hul bes doen om die kostes so laag as moontlik te hou,” verseker Roelof du Toit, direkteur elektriese ingenieursdienste. Verbruikers kan hul tarief uit die twaalf tariewe kies na gelang van hul eie verbruiksomstandighede. Die twaalf tariefskale wissel van ‘n enkele eenheidstarief vir voorafbetaalde elektrisiteit (sonder ‘n addisionele vaste daaglikse diens/beskikbaarheidstarief ) tot residensiële bloktariewe, kommersiële kleinverbruiktariewe, grootgebruiktariewe en aanloklike goedkoper opsies vir groot gebruikers wat hul verbruik na die nag verskuif. Die SM het sy elektrisiteitskoste vanaf
Julie gelig met 11,03%, terwyl die voorgestelde verhoging van Eskom 13,5% is. Voorafbetaalde elektrisiteit beloop nou R1.38 per eenheid, terwyl die bloktariewe vir residensiële verbruikers afhangende van die blok van verbruik en diens wissel tussen 69,5 sent per eenheid tot R1.47 per eenheid. (Sien tabel op bl. 3) “Swartland Munisipaliteit se benadering is om elektrisiteitstariewe aan te bied teen die laagste moontlike vlakke en kruissubsidiëring tussen tariewe te verminder, sodat kommersiële en industriële tariewe nie residensiële tariewe hoef te dra nie, ten einde dit aanloklik te maak vir nuwe onderne-
mings en ekonomiese ontwikkeling te bevorder,” beklemtoon Du Toit. Residensiële tariewe vir verbruikers wat elektrisiteit van die SM ontvang is tans so gestruktureer dat dit vir lae verbruikers (onder 280 kWh) goedkoper is op voorafbetaalde elektrisiteit, terwyl die voorafbetaalde tarief weer duurder as konvensionele rekeningtarief is vir verbruikers bo 280kWh. Du Toit verduidelik dat die voorafbetaalmeters duurder is en ‘n korter lewensduur het as gewone meters. Dit is dus nie altyd ‘n beter of goedkoper opsie nie.