die courant 22 Mei 2013 223

Page 1

courant

tel: 022 487 3221

swartland en weskus Uitgawe 223

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

22 Mei 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Dean Jankielsohn, eienaar van Boland Spar.

Piquetberg Mall ‘in diens van gemeenskap’

‘’Ons leuse is: ‘Deel van die gemeenskap, in diens van die gemeenskap’,’’ verduidelik Dean Jankielsohn, saam met sy vrou, Tanya, eienaar van SuperSpar op Piketberg, asook die nuwe Piquetberg Mall in Langstraat op Piketberg. Dean en Tanya se sakepad met Piketberg kan 26 jaar terug gaan haal word toe hulle in 1987 Spar se deure op Piketberg met ‘n personeel van 13 geopen het. Vandag is dit uitgebou tot ‘n yslike Boland SuperSpar op Piketberg met ‘n personeel van 140. En vandag kyk die Jankielsohn-egpaar trots hoe ondernemings hul intrek neem by die nuwe winkelsentrum. Daar is reeds besighede soos Bierman Oogkundiges, Clicks, Edgars Active, Tekkie Town, African Bank, Nedbank, home express en Pep. Dean se plan met die nuwe sentrum: ‘’Die idee van die nuwe sentrum is eerstens om besigheid na Piketberg te lok en om besigheid in Piketberg te hou. Ons is ‘Proudly Piketberg’. Ons is lief vir ons dorp. ‘’Dit is baie belangrik dat Piketberg van krag tot krag gaan en die middedorp nie vergaan nie, soos in baie plattelandse dorpe gebeur. Dus het

ons besluit om soveel moontlik nuwe besighede na die dorp te bring. ‘’Daarby was die plan ook om ‘n veilige inkopie-ervaring in ‘n skoon omgewing aan klante te bied, gevolglik is oorgenoeg parkeerplekke, heelwat meer as 200, op die perseel aangebring.’’ Dean het sy dank uitgespreek teenoor Nedbank, wat hul visie vir ‘n projek van hierdie omvang op Piketberg gedeel en gefinansier het. Besoekers kan voor aan die Langstraatkant van die sentrum parkeer, of op die parkeerplek agter die sentrum, wat vanuit Die Trekstraat of vanuit Hoofstraat bereik kan word. Bierman Grobbelaar Oogkundiges is deel van `n groep van dinamiese, professionele en bekostigbare oogkundiges met takke oor die Wes Kaap. Die Piketberg-tak open op 23 Mei en beoog om `n verfrissende oogkundige ondervinding te bied. Hul wye reekse van die nuutste in raammodes, insluitend RayBan, Vogue en CAT, optiese lense en kontaklense sal vir almal iets bied. Hulle aanvaar alle medies skemas, asook Edgarsfasiliteite beskikbaar. Kyk uit vir hul promosies en spesiale aanbiedinge.

Bierman Grobbelaar Oogkundiges – sien die verskil..... Nedbank se bestuurder op Piketberg, Mienie Scholtz, is opgewonde oor die verskuiwing na die nuwe sentrum, waar hulle reeds op 2 Mei hul deure geopen het. ‘’Ek geniet dit baie. Ek was nog nooit spyt dat ons geskuif het nie en ons doen definitief baie meer besigheid nou. Ons is nou in die middedorp se sentrale sakedistrik. Ek dink dis die beste ding vir Piketberg en dit gaan baie besigheid lok.’’ Sy is veral opgewonde oor die vriendelike oop ontwerp van die nuwe sentrum. Piketberg het in 1904 sy eerste bank gekry. Dit was die ABC-bank, wat later Standard Bank geword het. Dit is gevolg deur die ‘’Orphan Chamber’’, ofte wel Weeskamer in 1910. Later het dit die Eksekuteurskamer, Boland Bank, BOE Bank en in 2003 Nedbank geword. Home express verkoop enige item vanaf R2 tot R980 vir ‘n stootkarretjie, wat die duurste item is, vertel Merle Paulsen, bestuurder. Op die rakke sal klante verlei word met ‘n string opsies, van beddegoed, kombuisware,

verskillende fotorame, sagte speelgoed, lekkergoed, hardeware-artikels, juweliersware, toiletware, artikels vir haarversorging en muurhorlosies. Piketbergers is tot dusver gaande oor Home express. Die winkel is streng kontant en sekere items word drie maande gewaarborg. ‘’Ons bestel enigiets wat ‘n klant graag wil hê en probeer te alle tye ons klante tevrede stel,’’ sê Merle. Home express is oop vir besigheid van Maandag tot Donderdag van 8:30 tot 17:30, op Vrydag van 8:30 tot 18:00, op Saterdag van 8:00 tot 15:00 en op Sondag van 9:00 tot 13:00. Fox Buildit op die hoek van Langstraat en Eikelaan is ‘n verskaffer van alle boumateriaal. James Fox het self die groot taak aangepak om die bedrading en elektriese werk van die nuwe Piquetberg Mall te behartig. Die werk aan die sentrum het reeds nagenoeg ag maande gelede begin en stapsgewys saam met die bouwerk gevorder. James vertel dat hy al oor die 30 jaar op Piketberg werksaam is met elektriese en loodgieterswerk. Daarby is Fox Buildit ook ‘n verskaffer van klip en sand. (vervolg op Bl. II)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 22 Mei 2013 223 by DieCourant - Issuu