courant
gratis
Uitgawe 174
die
swartland en weskus
tel 022 487 3221
23 Mei 2012
hugenotestraat 24, malmesbur y
Leier-boer kom na Swartland
Koot en Tersia Claassen. Een van Suid-Afrika se voorste boere het vyf plase buite Malmesbury gekoop en sal hom binnekort hier kom vestig. Koot Claassen (62), president van Mpumalanga Landbou, het Verland, Diepkloof, Cruywagenskraal en die twee Windheuwel-plase van altesame sowat 2900 hektaar gekoop. Die plase is naby mekaar. Hy en sy vrou, Tersia, en hul kinders wat saam met hulle boer, sal hulle einde Augustus in die Swartland kom vestig, het hy aan die courant gesê. Die egpaar Claassen besoek Malmesbury vandeesweek om finale reëlings vir hul koms te tref. Claassen het al sy grond van sowat 4600 hektaar in die Delmas-omgewing verkoop weens die ontwrigting wat mynboubedrywighede en die ontwikkeling van kragsentrales veroorsaak. Hy boer daar met mielies, braaikuikens, aartappels, ertjies en vleisbeeste. Die onderneming het nagenoeg 500 000 braaikuikens per maand produseer. “Ek kan nie meer met hierdie ouens van
“Ek dink die Swartland gaan vorentoe een van die beter gebiede raak om in te boer.” die steenkoolmyne saamboer nie. “Hulle tree onverantwoordelik op teenoor die omgewing en het geen behoefte om die natuur te beskerm nie. “Die besoedeling van die water en rivier is verskriklik. “Dan is daar die skuddings wanneer hulle met dinamiet skiet, wat ons geboue laat kraak,” het Claassen gesê. “Verder ry hier elke dag 3000 na 4000 vragmotors oor ‘n ou se plaas. “Dis vir my ‘n treurige dag om na 36 jaar hier op te pak, maar ek doen dit vir my kinders en kleinkinders,” het hy uit Delmas aan die courant gesê. Delmas is ‘n hoë-potensiaal-gebied, spe-
sifiek vir hierdie gewasse waarmee ons boer, maar dit is net een van daardie dinge waarmee ‘n mens net nie meer kan saamleef nie,” het hy gesê. Op die vraag waarom hy op die Swartland as nuwe tuiste besluit het, het Claassen gesê hy het strandhuise op Yzerfontein en George en het al ‘heelwat hier in die gebied rondbeweeg’. “Ek dink die Swartland gaan vorentoe een van die beter gebiede raak om in te boer.” Hy beoog om met tradisionele gewasse soos koring, skape en wyndruiwe te begin, maar meen hier is ‘n moontlikheid vir uitbreiding.
Hulde aan speaker bl. 4 Riebeek onthou begaafde leerkrag bl. 4 Skoonheid besoek dorp bl. 3