Die courant 23 mrt 2016 362

Page 1

c urant

Gratis • Free

swartland en weskus Swartland

Weskus se 1ste keuse

dié

1

20.5%

23 Maart 2016

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 362

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

• PIETMAN IN DRIE VERTONINGS

Swartlandse Skot by KKNK Mense het hom leer ken as Peter Mitchell – ‘n Skot wat onder moeilike omstandighede leer Afrikaans praat het en dit nou skreeusnaaks op die verhoog gebruik. Of is hy eintlik Pietman die Skot: ‘n boerseun wat nog net ‘n Skotse rompie nodig het om sy aksent mee af te rond? Eintlik is hy Pietman Geldenhuys (deesdae van Malmesbury), ‘n begaafde musikant, komediant, liedjieskrywer en akteur. Met ‘n wye verskeidenheid staaltjies, liedjies en ‘n vlymskerp sin vir humor hou hy gehore geboei en in die palm van sy hand. Pietman kuier vandeesweek by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn – met nie minder as drie produksies nie. Die eerste is die musiekteaterproduksie, Renier Grootlieg de Winnaar, waarin hy saam met Chris van Niekerk optree. Renier de Winnaar, die legendariese storieverteller van Zastron, het tot 1883 van presidente tot volksgenote met sy vergesogte stories vermaak. Pietman het al die musiek geskryf en gehelp met die samestelling en regie. Dié produksie kan op 28 Maart om 12:00,

Darling hou Passiespele:

29 Maart om 12:30 en op 30 Maart om 12:00 in die ATKV-Neelsie Teater gesien word. Dan is daar Mitchell & Turner, kontemporêre musiek saam met Nick Turner en Schalk Joubert. Mitchell & Turner wys die ligter sy van Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiek. Die twee ervare reisigers vermaak met ligte musiek, ernstige tong in die kies kwessies en humoristiese staaltjies. Hulle herinner aan ’n aweregse Simon and Garfunkel met hul akoestiese kitaarspel en harmonieuse musiek. Mitchell (alias Pietman die Skot) is bekend vir sy weergawe van Flower of Scotland asook sy betrokkenheid by Stoepstories en Oppiestoep. Turner was hoofsanger van Sons of Trout in die 1990’s en is nou betrokke by

Die jaarlikse Passiespele op Darling vind vanjaar in die Vlei plaas. Verlede jaar moes dit geskuif word nadat die veld afgebrand het, maar vanjaar kan mense die aangrypende verhaal weer in die buitelug geniet. Dit begin om 17:00 en duur sowat 60 minute. Bring jou eie stoel of kombers saam en raak gemaklik.

die Solms Delta-projek. Dit is ook in die ATKV-Neelsie Teater te sien op 27 Maart om 18:30, 29 Maart om 17:30 en 30 Maart om 15:00. Die derde produksie is Naledi Berge nog so Blou - Pietman, sy alter ego Peter Mitchell, Koos Kombuis, Katlego Maboe, Schalk Joubert, Nick Turner, Kevin Gibson, Albert Frost en Ramon Alexander. Hierdie is die opvolg op verlede jaar se top musikale produksie en Kanna-bekroonde – “Al lê die Berge nog so Blou”. Dit kan by die Laerskool Noord-saal gesien word op 26 Maart om 16:30, 27 Maart om 14:30, 28 Maart om 16:30, 29 Maart om 14:30 en 30 Maart om 16:30. Pietman Geldenhuys is 35 jaar gelede op Prince Alfred Hamlet gebore. Sy grootwordjare is deurspek met reise saam met sy pa in 'n vragmotor dwarsoor Suid-Afrika. Van kleins af het hy staaltjies oor dié reise vertel. “Toe Ollie Viljoen se Spies en Plessis boonop op die kassie verskyn, het die gogga my op 'n storie-klier raakgebyt. In my hoërskooljare het die einste gogga my weer op dieselfde plek gehap met die uitsaai van Maak 'n Las. Ek het die klomp grapmakers haarfyn dopgehou en behoorlik soos een van hulle gevoel as ek my vriende met die naboots daarvan vermaak het.” Volg hom op facebook: (Pietman die Skot / Peter Mitchell) of Twitter: @peter2mitchell.

Vloede, droogte en die Aqua-lock Landbouers deel kennis by Skogdag Raak deel van die GM-familie

NUUS • NEWS

23 Maart 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.