die courant 23 November 2011 151

Page 1

courant

gratis

tel 022 487 3221

Vanjaar se 16 dae van aktivisme teen vroue- en kindergeweld is Maandag op Yzerfontein ingelui. Die veldtog begin Vrydag. ‘n Draf- en fietsrygroep, onder leiding van kolonel Johan Vorster, het van Vredendal met die Fakkel van Hoop hier aangekom. Regs is a.o. Garron Payne en sers. Jenisten Julius net buite Yzerfontein. Bo (van links bo, kloksgewys) is kol. Jakkie von Litsenborgh, kaptein Roland Gabriels, kol. Johan Vorster en Hennie Schreuder (voorsitter van die Yzerfontein gemeenskapsforum).

Loubser en Van der Westhuizen-gesinne sê dankie: Susan van der Westhuizen sê:

Baie dankie aan die hele gemeenskap van Malmesbury, vir al die ondersteuning wat ek en my twee ander kinders die afgelope tyd weer eens van dié dorp belewe het. My opregte dank aan die polisie, MSS, die hospitaal en geneeshere vir hulle flinke reaksie. Dankie aan almal wat my daar by die hospitaal kom ondersteun het, en ‘n spesiale dankie aan Johan Loubser wat ten spyte van sy eie spanning, my gebel en die hele tyd ondersteun het terwyl ek

Uitgawe 151

die

swartland en weskus

23 November 2011

hugenotestraat 11, malmesbur y

Fakkel gee Hoop in aksie teen geweld op pad was hospitaal toe. Sorita, jou ondersteuning beteken vir ons net so baie! Ons waardeer elke blyk van ondersteuning, elke indraf en drukkie, al die kos, gebede en hulp. Baie dankie, Malmesbury, julle is ongelooflik!

Johan Loubser sê: Nie net Malmesbury nie,

maar die hele land het ons ongelooflik ondersteun die laaste paar dae! Ons het selfs oproepe gekry uit Duitsland en ons Simmentaler-vriende uit Amerika het ook gebel. ‘n Predikant van De Wetsdorp het ons Saterdag gebel en gesê hulle sal die middag by die gholfbaan vir ons bid en dit die volgende dag in die kerk ook doen.

HOOFARTIKEL

Daar is Maniere

In tye van ‘n oproep om op te staan teen hierdie verkeerde, is dit nodig om rustig en onemosioneel te bly. Dit is nodig om te onthou dat gister verby is en wat jy daarmee maak, eintlik baie belangriker is. Vashaak is vir verloorders, vir doodgaan. Opkyk, vorentoe kyk en voortgaan is vir oorwinnaars en lewe. Almal is een of ander tyd slagoffers - erg of minder erg - maar ALMAL kan ook oorwinnaars wees. Saamstaan, hande vat is so nodig en is dit ongelooflik om ‘n gemeenskap in aksie te sien. WOW Swartland! Tog is dit dít wat voortspruit - die resultaat - wat eintlik karakter wys. Op watter manier jy dink, op watter manier jy die gister in ‘n sege omskep. Die toets lê dus eintlik eers by môre. -(red)

Onthou.... • Kersfees vir Kinders

Op presies hierdie manier het die hele Swartland en Boland se mense ons ondersteun die laaste tyd. Noem ‘n plek - en daar het ‘n ondersteunende oproep vandaan gekom! Die bemoedigendste van alles is dat almal gesê het hulle sal vir ons bid. Ons waardeer die gebede vreeslik baie! Ons is baie dankbaar teenoor die Hemelse Vader vir Sy voorsiening en vir almal se hulp en ondersteuning!

• Fokus op Kersfeesinkopies en geskenke

Sorita Loubser sê: Ons is baie dankbaar vir almal se ondersteuning. Bid asseblief nog steeds vir ons almal - ek en Pieter sal weer later praat!

• Kriel draf 250km kaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 23 November 2011 151 by DieCourant - Issuu