die courant 23 Oktober 2013 245

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

tel: 022 487 3221

Uitgawe 245

die

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

23 Oktober 2013

hugenotestraat 24, malmesbury

Piketberg se Opkomende Spairs dra jong 4de dan boere vereer rugbykroon

Helderskoon rioolwater Die nuwe rioolaanleg van R111 miljoen, wat vir kort tydjies tot 20 megaliter vloei­ stof per dag kan ontvang om te suiwer, is Donderdag op Malmesbury geopen. Die burgemeester, Tijmen van Essen, het soveel vertroue in die suiwerheid van die finale produk dat hy van die begin af beloof het om met die voltooi­ ing van die aanleg van die ge­ suiwerde water te drink. Hier voeg hy daad by die woord (met ietsie byderhand om eni­ ge moontlike nasmaak mee af te sluk).

Burgemeester neem ‘n slukkie...

•gesofistikeerde tegnologie in gebruik

R111m-aanleg oop

Malmesbury se nuwe rioolwerk - die grootste kapitale projek nóg deur die Swartland Munisipaliteit - is die mees gesofistikeerde operasionele membraan-rioolwerk in die Wes-Kaap, met voorsiening om ‘n maksimum vloei van tot 20 megaliter rioolwater te suiwer. Dié projek van R111 miljoen is Donderdag amptelik hier geopen. Die nuwe rioolstelsel suiwer die water binne 12 ure, wat dit moontlik maak dat hierdie water weer vir besproeiing gebruik kan word deur landbouers en op sportvelde. Die slyk, wat reeds vroeg in die suiweringsproses van die gesuiwerde water geskei word, word teen dag 25 in droë formaat beskikbaar gestel as ‘n ideale bron van ryk kompos. Geen enkele druppel water word in die riviere gestort nie - die SM herwin alles wat by die aanleg inkom. Die herwinde water word ook gebruik vir spesifieke onderdele van die aanleg wat skoongespoel moet word. Die opening van die rioolwerk Donderdag was ‘n groot oomblik vir baie van die rolspelers van die SM.

“Ons het in 2008 op ons eerste oorsese toer gegaan om navorsing te doen oor hoe die mees ekonomiese rioolplaas moet lyk en vandag, vyf jaar later, kan ons verklaar dat dit ten volle operasioneel is,” het die burgemeester, Tijmen van Essen, gesê. “Hierdie gesofistikeerde rioolaanleg maak dit moontlik dat Malmesbury sonder kommer oor sy rioleringsvermoëns, in die toekoms kan uitbrei van die huidige 38 000 inwoners tot soveel as 150 000 mense (met relatief min aanpassings aan die aanleg). “Aangesien die meeste van die toerusting uit Europa kom en ontwerp is vir die Europese omgewing, moet ingenieurs versigtig werk om seker te maak dat dit nie in die Suid-Afrikaanse omstandighede beskadig word nie. Só verseker ‘n spesiale sif van R2,5 miljoen dat die hoogs gespesialiseerde membrane nie later in die suiweringsproses beskadig word deur materiale wat deurglip nie. “Ons hanteer die toerusting baie versigtig, soos met handskoene aan,” het Van Essen gesê. Vir al die ingenieurs, kundiges en kontrakwerkers betrokke by hierdie projek, was dié

membraanstelsel ‘n eerste van sy soort. Die enigste ander membraan-rioolwerk is in Kaapstad, maar onvoorsiene probleme dáár keer dat die stad dit ten volle kan benut. Van Essen sê die aanleg hier werk reeds 99,5%. Hy het ook, verwysend na die effense reukie in die lug, gesê dat “dit darem ook geen parfuumfabriek is nie”. Die nuwe membraanstelsel verseker dat die rioolwerke baie minder grondoppervlak benodig om baie meer water te suiwer, terwyl dit ook só beplan is om in die toekoms teen ‘n minimum koste uit te brei wanneer die groeiende bevol­ kingstal regverdig. Van Essen het die rioolwerke opgedra aan Anton Bredell, eertydse burgemeester van die SM en tans Wes-Kaapse minister verantwoordelik vir plaaslike regering en omgewingsake. “Dit was Bredell se versiendheid wat ons destyds die vryheid gegee het om die ekstra R20 miljoen te gebruik vir die aankoop van die membraanstelsel ten einde groot besparing in die toekoms moontlik te maak, wanneer verdere uitbreiding noodsaaklik raak,” het Van Essen ook gesê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
die courant 23 Oktober 2013 245 by DieCourant - Issuu