courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
dié
1
23 September 2015
Uitgawe 339
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Rol:
Die Toyota Handelaar-veldren wat die naweek op en buite Malmesbury gehou is, het vir groot opwinding gesorg. Giniel de Villiers het sy Toyota gerol op SS10 en sommige toeskouers vinnig laat spaander. Foto: Gordon Robertson
• 'meer ketting-groepe kom'
De Bron raak groter
Die De Bron-inkopiesentrum op Malmesbury gaan vanaf Oktober begin skaaf aan sy splinternuwe voorkoms. Die sentrum sal opgegradeer en gemoderniseer word en ekstra winkelruimtes en parkering sal bygevoeg word, aldus sentrum-eienaar André Mouton. Die aanbouings wat sal aansluit by die bestaande sentrum, is 'n dubbelvlak en sal onderdak inkopiegerief verskaf. "Die meeste van die nuwe spasies is reeds aan winkels toegeken, met baie nuwe nasionale huurders wat voortaan ook vanuit die sentrum handel sal dryf," sê Mouton. Die nuwe planne maak voorsiening vir 'n dialise-kliniek.
Bo: 'n Grafiese voorstelling van die nuwe gesig van die De Bron-sentrum op Malmesbury. Links: Die oprit na die parkering op die tweede vlak sal aan die linkerkant van die bestaande sentrum gebou word. "Onderhewig daaraan dat ons finale plangoedkeuring verkry, beplan ons om gedurende Oktober met van die werk te begin. Om ontwrigting vir die huidige huurders en kliënte tot die minimum te beperk, sal die projek in fases gedoen word, met meeste van die werk wat eers vroeg in die nuwe jaar sal begin.
"Finale voltooiing word verwag teen ongeveer Augustus volgende jaar," sê hy. "Ons sien uit na die suksesvolle afhandeling van die projek en glo dat die opgegradeerde en groter De Bron-sentrum baie byval by die gemeenskap van Malmesbury sal vind," sê Mouton.
Vlieënde Hollander spring by Malmesbury Skou
bl 3 & 8
NUUS • NEWS
23 September 2015