Die courant 24 feb 2015 358

Page 1

c urant

Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free

swartland en weskus Swartland

dié

1

23%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

24 Februarie 2016

Uitgawe 358

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Laurie Hugo het 10 'dubbeldore'!

By die Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg moet jy gereeld mooi kyk, want daar is 10 stelle duplikate. Hierdie skool spog vanjaar met 10 stelle tweelinge. Agter is Jonique en Sonique Joubert, Kayleigh en Caitlin Aspeling, Bradley en Brad Adonis, Buhle en Sinoyolo Poswa, Sunette en Sunetha Van Harte. Voor is Mzwandile en Zandile Talmakkies, Mickayla en Mickaylin Hansen, Ruaan en Peter Nero, Rowen en Owen, Jaylin en Jaydin Louw.

• boorgatwater vul leemtes

Swembaddens sluit

Dringende kennisgewing: "As gevolg van die droogte mag swembaddens nie meer opgevul word nie. Die munisipale swembaddens sluit op Vrydag 19 Februarie om 19:00 vir alle gebruikers. Ons vra om verskoning vir enige ongerief." Hierdie kennisgewing verskyn sedert verlede week op Swartland Munisipaliteit se webblad. Dié drastiese maatreël het inwoners laat regop sit en laat besef hóé ernstig die watertekort in die Swartland is. dié courant het met Jeanne Steyn van die Swartland Swemklub gesels om te hoor hoe hulle dié krisis gaan aanpak. “Dit is ernstig en ongerieflik, maar ons sien dit as ‘n uitdaging.” Die swemklub gebruik nou net die binnenshui-

Swartland nou vol skerpioene

se swembad aangrensend aan die Health World gimnasium op Malmesbury. “Al die skole in die omgewing se leerders swem by ons, dus kan ons ‘n program uitwerk om almal in te pas. "Ons plaaslike galas is verby en omdat ons in die WP deelneem, is die res in die stad. Omdat die swembad onder dak is, is ons verdamping ook minimaal. Ons kry reeds water van boorgate op twee plase en wil nou met die munisipaliteit onderhandel om te hoor of daar ‘n moontlikheid is dat ons van die water uit die munisipale swembad kan kry." Om die erns van die saak onder die kinders se aandag te bring, het Jeanne ook op ‘n oulike gedagte gebring: “Ons vra elke swemmer om elke

Relay for Life stap vir Kansa

week twee liter water saam te bring – dit vervang basies die water wat mors as hulle uit die bad klim.” • dié courant het ook met Tony de Beer van Swemco Pools gepraat oor planne vir privaat swembaddens. “Die belangrikste is ‘n bedekking vir die swembad wat verdamping sal keer en ook chemikalieë spaar.” Volgens De Beer is dit belangrik dat swembadpompe elke dag vir ‘n uur of twee aangeskakel word, sodat die water kan sirkuleer. • Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se jaarlikse Frank Myburgh Twilight-gala is noodgedwonge na Worcester geskuif en word Donderdag in dié dorp se munisipale swembad gehou.

Nuwe Hilux VIII ry seepglad

NUUS • NEWS

24 Februarie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.