courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Swartland
dié
1
24 Junie 2015
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Uitgawe 326
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Oud-breier vier die jeug
Pieter de Villiers, oud-Springbokafrigter, was die spreker by ‘n Jeugdag-saamtrek op Langgewens. Hier is hy saam met jeug van Bossiesvlei, Drieheuwel, Hanekomshoop, Ruststasie en Langgewens. Basil Stanley, raadslid vir die wyk, het dit gereël.
• MRB Sakekamer byeen
‘Ons is goeie boere’ - Bester
Ons wil boer, ek wil niks anders doen nie, het Cobus Bester onlangs by die Moorreesburg Sakekamer gesê. Bester is een van die bestuurslede vir Graan SA vir streek 26 (Swartland). Nicolaas Hanekom, voorsitter van die sakekamer, het hom beskryf as ‘n leier op die gebied van wisselbou en minimum bewerking, iemand wat weet om ekonomies-effektief te boer. Bester het begin met ‘n kort agtergrond oor die afgelope 30 jaar. Hy sê in 1982 is daar twee miljoen hektaar koring aangeplant. “Ons (RSA) was selfvoorsienend en boere kon teen koste plus wins boer.” Vandag word net 500 000ha aangeplant om aan die helfte van die land se behoefte te voorsien. Volgens hom het die vryemarkstelsel graanboere hard geslaan. "Die Vrystaat was die eerste om af te skaal met koring-aanplantings. Die Suiden Wes-Kaap het ook afgeplat, maar minder. As gevolg van die weer het ons net vyf maande reën en dit beperk die gewasse wat ons kan aanplant. Ons boer in ‘n gebied waar 95% van die oes in een maand na lewering geprys word.” Hy sê die Swartland is gelukkig, “die laaste 10
jaar het ons goeie tot bo-gemiddelde reën gehad. In dié tyd het baie landbouers hul aandele verkoop as gevolg van hul finansiële posisie wat direk die dalende winsgewendheid weerspieël. Die meeste hou maar aan plant en hoop dit gaan beter vorentoe. As daar nou ‘n swak of onder-gemiddelde jaar kom, gaan dit katastrofies wees: die binnevet is op.” Bester het gesels oor ‘n beskrywingspunt wat hy onlangs op Bothaville voor Graan SA gelê het oor die lewensvatbaarheid van die koringbe-
dryf. Hy sê dat Suid-Afrika se graderingstelsel geweeg moet word teen die res van die wêreld. Die vervoerdifferensiaal moet ook aandag kry. Hy is ook van mening dat die regverdigste prys vir koring sou bepaal kon word indien buitelandse regerings nie subsidies vir hul boere gee nie. Die Franse koringprodusente kry huidiglik 220 euro (ongeveer R3000) per hektaar subsidie. “Graan SA probeer ‘n invoertarief vir die koringboere in plek hou om die subsidies van die ingevoerde koring te versag. Ek glo die tarief is die oplossing, want in werklikheid ding ons met buitelandse regerings mee, wat hulle plaaslike landbouers subsidieer. “Ek hoop net die mense (op regeringsvlak) wat hieroor moet besluit, wag nie tot daar een oggend nie meer brood op die tafel is nie.” Bester het daarop gewys dat Koringberg en Moorreesburg die twee dorpe is wat die meeste afhanklik is van hulle koring inkomste teenoor die res van die land. Koring vorm 80 tot 85% van die plaaslike landboubedryfsinkomste. Sou landbouers besluit om oor te skakel na vee, sal grond waarde tienvoudig verminder. “Dit sal ‘n geweldige impak op die munisipaliteit en die dorp hê.” Hy het verduidelik dat Moorreesburg tegnies nie geskik is vir graanproduksie gemeet aan wêreldstandaarde vir rëenval. Die gebied kry net sowat 300mm reën, terwyl 800mm wêreldwyd die norm vir graanproduksie is. “Dit beteken ons is baie goeie boere! In vyf maande sorg ons vir ‘n jaar. Dit maak dit nog belangriker om te besef watter geweldige effek dit op werkgeleenthede en die dorp in die algemeen sal hê as koringboere die bedryf verlaat.” Bester het ook die kwessie van grondhervorming aangeraak en gesê geen beleid sal werk as dit nie sin maak en ekonomies haalbaar is nie. Hy het afgesluit met statistiek wat deur raadslid Marlene van Zyl verskaf is: “Landbou is die derde grootste bydraer tot die Swartland Bestuur: Hier is die span aan die stuur van Moorreesburg Sakekamer. Van links is Martin Langehoven (ondervoorsitter) , Henrietta Bester, Jannie Smit, Babsie Horn (sekretaresse), Nicolaas Hanekom (voorsitter) en Jurie van Dyk. Afwesig: Jannie de Bruyn (tesourier) en Leonard Thomas. se GDP (17%). Landbou verskaf ook 27% van die werkgeleenthede, “dus as die landbou onder druk is, beteken dit die dorp en munisipaliteit is ook onder druk.” Verskeie vrae rondom grondhervorming het die voorsitter genoop om ook ‘n stuiwer in die armbeurs te gooi: “Mynbou het reeds die pad geloop met mineraalregte – dis nie net die boere nie. Ons moet vir mekaar sê daar is nie net probleme nie, maar ook geleenthede. "Ons moet dit net raaksien.”
NUUS • NEWS
24 Junie 2015