die courant 25 April 2012 170

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 170

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

25 April 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Renosters in die Swartland

Die eerste twee witrenosters aan die Weskus het verlede week by Yzerfontein aangekom. Die Buffelsfontein Wild en Natuurreservaat by Yzerfontein is die tuiste van die 5-jarige bul en 3-jarige vers. Eienaar Paul Loubser het gister met die courant se besoek vertel dat hulle van Mafikeng kom. Die bul se horing was al gesny, maar hy is besig om terug te groei. Volgens Loubser behoort hulle oor twee jaar te begin teel.

Hoop vir Bonwit-werkers

Fabrieke straks heropen onder nuwe eienaarskap

Die Bonwit-klerefabrieke op Darling en Malmesbury wat einde Maart hul deure moes sluit, sal na alle verwagting later vanjaar weer hul deure oopmaak, hoewel onder nuwe bestuur en onder ‘n ander naam. Persone wat voorheen hul brood en botter verdien het by dié fabrieke, wat vir 35 jaar klere gelewer het aan Edgars, Truworths, Daniel Hechter en Woolworths en soms Foschini, sien nou daarna uit dat onderhandelinge koers kry voordat dié bedryf weer aan die gang kom. “Die onderhandelinge (om die fabrieke

weer oop te maak) is baie positief, maar op ‘n sensitiewe stadium,” het Fachmy Abrahams van die klerewerkers-unie (SACTWU) Maandag bevestig. “Die doel van SACTWU se betrokkenheid by dié proses is om die 500 mense wat deur die Bonwit-sluiting geraak is, te help om weer te werk! Die Bonwit-werkers is opgelei en kundig in hul gebied en dié kennis kan nie sonder meer verlore gaan nie!” Hoewel Willie Theron, vorige bestuurder van die Darling-fabriek, nie oor die kwessie wou uitbrei nie, het hy bevestig dat verskil-

lende rolspelers tans na die opsies kyk om die fabriek weer oop te maak. “Die kanse lyk redelik positief dat dit wel sal gebeur, maar dis ver te vroeg om oor ‘n datum of die hoeveelheid personeellede wat weer hier kan werk, te spekuleer.” Gevra oor die 17 mense wat na bewering reeds weer in diens geneem is op Darling, het Theron geantwoord dat hulle “slegs besig is om ‘n laaste bestelling van Bonwit af te handel”. Bonwit-werkers het daagliks uit alle Swartlandse dorpe na die twee fabrieke op Malmesbury en die een in Darling ge-reis

om sodoende ‘n inkomste vir ongeveer 500 gesinne te verseker. Een van hulle het Maandag vertel dat baie van die personeellede enkelouers is en afhanklik was van dié inkomste. “Baie van ons het met geen kennis nie, by Bonwit begin werk. Ons is opgelei, ons kon ons in hoër posisies opwerk en verder studeer. Party van ons mense het vir 30 tot 35 jaar by Bonwit gewerk. ‘n Nuwe fabriek sal vir ons mense ‘n groot uitkoms wees!” Die nuwe eienaar van dié vervaardigingsaanlegte wou met die courant se navraag nie enige kommentaar lewer nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.