courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
dié
1
25 November 2015
Uitgawe 348
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Aan die einde van die reënboog
Met die lae watervlakke wat Swartlanders twee keer laat dink om 'n kraan oop te draai, het daar die naweek reën oor groot dele van dié streek uitgesak en welkome verligting gebring. Rondom Malmesbury is die boere vir eers klaar geoes en het boere 'n gemiddelde opbrengs van drie ton per hektaar. Die dubbele-reënboog by Majuba van Nakkie Bester buite Malmesbury, het verbygangers twee keer laat kyk.
• SWARTLAND LEI MET NUWE SA-REKORD
SM 1ste met 5 uit 5
Geluk is vyf in ‘n ry. Só het burgemeester Tijmen van Essen en die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, Saterdagoggend op Malmesbury gesê met die aankondiging dat Swartland Munisipaliteit sy vyfde agtereenvolgende skoon oudit behaal het. Scholtz was duidelik trots: “Dit is die eerste keer in Suid-Afrika dat ‘n plaaslike owerheid dié prestasie behaal", het hy by die gesamentlike wykskomiteevergadering in die stadsaal op Malmesbury gesê. Scholtz het gesê daar is 'n paar opmerkings van die ouditeur-generaal waaraan hulle nog sal aandag gee, maar dit sal nie die uitslag van die oudit beïnvloed nie. Van Essen het beklemtoon hoe belangrik dit is dat die wykskomitees ingelig is. “Elke mens is bang vir iets, is lief vir iets, het al iets verloor. Niks is so afbrekend as om jou geloofwaardigheid te verloor nie. Daarom wil ons vanoggend u van inligting bedien wat ons en u
geloofwaardigheid sal bevestig," het hy gesê. Scholtz het sy tevredenheid in die toename in deelnemers van die onlangse kliëntediens-opname uitgespreek. Die deelnemertal het van 348 tot 783 geklim. Een van die bekommernisse wat in die opname uitgewys is, is dat inwoners nie altyd weet wie hulle wyksraadslede en wykskomitees is nie. "Hieraan sal ons ernstig aandag gee." Scholtz het verwys na die nuwe "normaal" en dit bespreek aan die hand van verantwoordelike burgerskap, demografiese veranderinge, grense wat vervaag, begrotingsoberheid en mededingendheid vir beleggers. “Ons drie belangrikste uitdagings is werkloosheid, misdaad en mededinging," het hy verduidelik. Ander uitdagings is die moontlikheid van beurtkrag wat weer ingestel kan word, die driemaande posstaking, swak gesondheidsdienste, die disfunksionele onderwysstelsel en stakings
oor die algemeen. Die grootste risiko's is uitgewys as onvoldoende munisipale inkomste en duur, ondoeltreffende dienste. Die burgemeester het op sy beurt kommer uitgespreek oor die leeftydverdeling in die Swartland. "Sowat 25% van ons inwoners is jonger as 15 jaar. Dit stel groot uitdagings aan infrastruktuur." Scholtz het ook sy dank teenoor die wykskomitees uitgespreek. "Die komitees het 'n belangrike taak en dit is 'n groot uitdaging om hulle beter te laat funksioneer." Hy het genoem dat daar met opleiding van die nuwe komitees begin sal word, sodra volgende jaar se munisipale verkiesing agter die rug is. • Sien ook wat dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse Minister van Finansies, te sê gehad het oor die provinsiale begroting (bladsy 3).
NUUS • NEWS
25 November 2015