courant swartland en weskus
die
Uitgawe 264
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
Gratis • Free
hugenotestraat 24, malmesbury
26 Maart 2014
tel: 022 487 3221
bou waardes
By #Imagine, die eerste Christelike Jeugkamp van sy soort wat die afgelope naweek op die Môreson-terrein buite Malmesbury gehou is, het sowat 4000 jongmense en groepleiers tot laat in die aand groepsessies en lofprysingsdienste bygewoon. ‘n Soortgelyke kamp is ook in Pretoria gehou. Kampgangers tussen 12 en 18 vanoor die hele Wes-, Suid-, en Noord-Kaap het by #Imagine Suid saamgetrek. Volgens die organiseerders is die doel van die #Imagine-beweging om die jeug met die regte morele waardes toe te rus om verandering teweeg te bring.
• Gemiddelde verhoging van 7%
SM pas tariewe aan Die voorgestelde verhogings in munisipale tariewe vir inwoners van die Swartland word môre op ‘n spesiale raadsvergadering aan die Swartland Munisipaliteit (SM) voorgelê. Die aanpassings vir die volgende boekjaar (2014/2015) sluit ‘n gemiddelde verhoging van 7% vir huishoudelike munisipale uitgawes in. Die konsep- en meerjarige kapitaal- en bedryfsbegroting sluit ‘n gemiddelde 7,39%-verhoging in elektrisiteitstariewe vir inwoners in, wat ooreenstem met die bedrag wat Nersa ook aanbeveel vir die nuwe boekjaar. Nersa is die nasio nale energiereguleerder. Burgemeester Tijmen van Essen het aan die courant gesê daar is weer gepoog om verhogings so laag as moontlik te hou, maar dat die volgende faktore dit baie moeilik maak: “Een van die faktore is die enorme salarisverhogings wat op nasionale vlak beding word en waarin die plaaslike owerhede geen seggenskap het nie. Dit behels die verhoging van werknemersalarisse van 6,7% vir 2014/2015, uitgesluit die
salarisse van die munisipale bestuurder en artikel 56-aanstellings, met ‘n verdere verwagte 6,7% -verhoging vir munisipale personeellede vir die volgende twee boekjare.” “Ook is daar sprake van ‘n groter verhoging van elektrisiteitstariewe deur Eskom. “Ons raak bekommerd dat munisipale dienste te duur raak vir die gewone man, hoewel die SM hul uiterste bes doen om die verhogings steeds tot enkelsyfers te beperk,” het Van Essen bygevoeg. Die 2014/2015 konsepbedryfsbegroting toon ‘n begrote bedryfsinkomste van R476 466 231 miljoen, met ‘n begrote bedryfsuitgawe van R508 578 210 - ‘n tekort van R32 111 979. Volgens die agenda wat voor die Raad sal dien, neem die SM “met kommer kennis van die tekorte in die bedryfsbegroting vir 2014/2015”. Dié begrotingsbedrae is nog onderhewing aan publieke insette gedurende April. Die tarief vir eiendomsbelasting op sakepersele styg van 0.667c tot 0.707c vir elke eien-
doms-randwaarde terwyl die tarief vir algemene huishoudings van 0.573c styg tot 0.596c. Pensioentrekkers wat kwalifiseer, betaal 60% van dié tarief. Die huishoudelike kiloliterwatertarief vir die eerste 24 kiloliter ná die gratis 6 kiloliter styg van R8,68 tot R9,29 terwyl die tarief vir gebruik van 31 tot 60 kiloliter voortaan R12,79 sal wees met die hoogste tarief (61 kiloliter en meer) op R19,80. Vullisverwydering sal voortaan R93,62 kos teenoor die huidige R88,32 en die tarief vir gewone rioolkostes styg van R143,18 tot R161, 79. Van Essen het daarop gewys dat die Weskusdistriksmunisipaliteit (WKDM) die water met net oor die 12% verhoog en die SM het dit met rondom 7% verhoog. “Verder kon ons weer eens daarin slaag om al die outehuise finansiële steun te gee, soos die vorige jaar. Ons gaan ook ons bes doen om Huis van Heerde en Jo Dolphin te ondersteun. Ook het ons weer daarin geslaag om vir elk van die 12 wyke R100 000 beskikbaar te stel vir ontwikkeling.”