die courant 26 September 2012 192

Page 1

courant

gratis

Uitgawe 192

die

swartland en weskus

tel 022 487 3221

26 September 2012

hugenotestraat 24, malmesbur y

Groot planne vir sport Boland kan verdwyn

Skoonhede by Malmesbury Skou

As die voorgestelde planne van nasionale regering met teikendatum 1 Januarie 2014 ingestel word, sal die huidige sportprovinsies vervang word met distriksfederasies.

“Dit beteken daar moet in die Wes-Kaap voortaan ses sportfederasies wees, geografies bepaal volgens die grense van die distriksmunisipaliteite en die metropool,” verduidelik raadslid Chris Hunsinger van die Swartland Munisipaliteit. Die Weskus Sportfederasie sal met die nuwe planne dan bestaan uit sportunies vir elkeen van die onderskeie sportdissiplines. Die effek is ook dat Wellington en Stellenbosch se spanne en fasiliteite in die Wynland Sportfederasie sal val. Hunsinger, die Swartland se raadslid gemoeid met sport, verduidelik dat daar dan binne elkeen van hierdie federasies se gebied gestreef sal word om fasiliteite daar te stel vir elkeen van die onderskeie sportdissiplines. Daar word vir Maart aanstaande jaar ‘n inligtingsdag beplan waar verteenwoordigers van die provinsie met rolspelers in die Swartland sal byeenkom om die herorganisasie van sport in die streek te bespreek en bespoedig. “So ‘n nuwe bedeling kan beslis ‘n bydrae maak om regverdigheid in sport en veral die balans ten opsigte van die platteland wat nie altyd billike geleenthede kry nie, te help herstel,” het Hunsinger gister aan die courant gesê. Hy het bygevoeg dat met die beplande nuwe strukture dit moeilik sal wees vir sportstrukture om buite die nuwe bedeling te bestaan. Daar is volgens hom ook nog nie besluit oor op watter dorpe in die Weskus die onderskeie sportunies se hooffasiliteite en kantore gevestig sal word nie.

Binne Spesiale bylaag oor Nuwe Primasentrum

Fokus val op Topwyne wat presteer uit die Swartland SKOUTYD OP MALMESBURY: Anine Strauss (middel) is as Malmesbury se Skoukoningin vir 2012 gekroon. Sy is ‘n Graad 12-leerling aan die Hoërskool Paarl Gimnasium. Alecia Osborne (links) is as eerste prinses gekies en Helen Terblanche (regs) as tweede prinses. Nog blaaie propvol foto’s oor die Malmesbury-skou binne.

Helen Zille open spesiale skool


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.