c urant
Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
NUUS • NEWS
swartland en weskus
28.7%
26.1%
27 Januarie 2016
Hugenotestraat 24, Malmesbury
27 Januarie 2016
Bergrivier
Swartland
dié
1
Uitgawe 354
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Atlete laat waai
Atletiek: Links bo laat waai Jade April van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury om die baanin die o.17's se 200m-item. Die matriekleerders het aan een laaste aflos-item deelgeneem. Regs bo spring Nicol van Schalkwyk van die Hoërskool Swartland op Malmesbury in die verspringput. Links onder nael die atlete van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg om die veld. Links is die Senior Victrix Ludorum van Piketberg, Janke van Schalkwyk, met haar trofeë. Regs spoor die rasieleiers van Porterville, Gisela Nel, Adriaan Haasbroek, Jana Janse van Rensburg en Dewaldt Janse van Rensburg die atlete aan.
• jong Swartlanders laat hul nie STUIT
Ek sien kans vir als Twee jongmense uit die Swartland gee nuwe betekenis aan die woorde deursettingsvermoë en moed met hul studies. Jody Solomons is terug by Hoërskool Porterville ná ‘n baie ernstige ongeluk verlede jaar en Jonette Malan het verlede jaar as buitemuurse matriekstudent vier onderskeidings behaal, nadat sy in 2014 ernstig siek geword het. Sien berig oor Jonette op bl 2. “Ek het vir 43 dae in die intensiewe sorg by Jody gewaak, vir hom gesing, met hom gepraat,” vertel sy ma, Heleen, van die gesin se beproewende ondervinding. “Ek dink dit is ‘n absolute wonderwerk dat Jody leef,” het Jaco Lourens, ‘n onderwyser by Hoërskool Porterville aan dié courant gesê. Die motor waarin die 17-jarige Jody onderweg was, het buite Saron, waar hulle woon, gerol. Hy het ernstige beserings aan die regterkant van sy gesig opgedoen, sy heupbeen was op twee plekke gebreek en daar was ernstige beserings aan sy verhemelte en sy kaak. "Ons moes lank op Porterville wag vir die
ambulans, terwyl hulle hom gestabiliseer het.” Daarna is hulle na die Paarl Medi-Clinic vervoer waar Jody ses weke in die intensiewesorg-eenheid en nog agt dae in ‘n gewone saal was, voordat hy na ‘n rehabilitasiesentrum oorgeplaas is vir nóg 51 dae. “Ek het vir geen oomblik gedink Jody sal dit nie oorleef nie,” het Heleen aan dié courant vertel. “Ek het geglo en gebid – en vasgeklou aan die Here. My gebed was dat God, wat Hom in my moederskoot geweef het, hom weer aanmekaar moet weef.” Sy vertel dat sy eers ná sy ontslag besef het dat daar aanvanklik min hoop vir hom was. “Maar Jody is ‘n vegter en ek het net weer eens besef geloof en gebed gaan hand aan hand. “Ons is oorval met boodskappe en besoeke.” ‘n Spesiale verrassing was toe Ike Viljoen van Malmesbury, wat in 2013 dokters verras het met sy fenomenale herstel ná 'n ongeluk, vir Jody kom bid het.” Jody het die gebruik van sy regteroog verloor en hy moes van voor af leer om sy linkerhand te gebruik. ‘n Deel van sy skedel is nog oop vir geval
Die Voëlvleidam se watervlak het die laaste week tot Maandag met 2.6% gedaal: 26.1% vergeleke met verlede week se 28.7%.
HEATWAVE PRICES!
Fair Cape open fabriek
PORK PACK BULK (Chops and stew)
van swelling en sal eers later toegemaak word. Sy ma sê dit was ‘n groot aanpassing en hy was met tye baie mismoedig, maar dit gaan baie goed. Hyself is vol moed: “Ek is heel reg, ek sien kans vir alles. Ek vergeet net vinnig, maar ek sal weer in ritme kom.” “Hy was ‘n briljante atleet en het geleef vir die 400m. Ons het egter besluit dit is te gou om al dié seisoen te dink aan deelname.” Sy ander groot liefde, rugby, is heeltemal van die baan af. “Kontaksport is te gevaarlik vir hom.” Daarmee saam het Jody ook sy loopbaan van keuse, die weermag, verruil vir toerisme. “Hy is avontuurlustig en sy geesdrif word nooit geblus nie. Ek glo hy het ‘n blink toekoms.” Jody herhaal vanjaar graad 11, aangesien hy ‘n groot deel van verlede jaar afwesig was. Sy ma het die skool lof toegeswaai vir hulle bystand en begrip: “Die hoof het hom spesiaal verwelkom by ‘n saalbyeenkoms, wat geweldig baie vir hom beteken het. Sy maats, onderwysers, almal help en ondersteun waar hulle kan.” “Ek is in die beste skool ooit,” glimlag Jody.
Wesbank 7's is hier!
35.99
CHEESE VIENNAS (DELI)
p/kg
27.99 p/kg
MIX COMBO (Russian 1kg + Cheesy 750g + French 1.5kg + Garlic Polony 500g)
65.00
per combo
HOT DEAL!
SAVING
OF R12.95 per combo
TENDERISED STEAK
55.99
Prices valid at Brito’s stores from 27 - 30 January 2016. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmore Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
p/kg